Egpaar op plaas naby Nelspruit geskiet

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Man en vrou is geskiet tydens ʼn aanval op ʼn plaas tussen Mbombela (Nelspruit) en die Krugerwildtuin in Mpumalanga.

Callum MacPherson, bedryfsbestuurder van Hi-Tech Security Lowveld, sê die egpaar het die paniekknoppie in hul huis op die plaas Primkop naby die Kruger-Mpumalanga Internasionale Lughawe Donderdag omstreeks 20:00 gedruk.

“Ons mense was sewe minute later op die toneel en die nooddienste en die polisie kort daarna,” sê hy. Hulle het die man met twee skietwonde en die vrou met een skietwond in hul huis aangetref. “Ons het nie veel meer detail nie, want hulle was nie baie spraaksaam ná die aanval nie.”

Albert Gryvenstein van die organisasie Bossies Community Justice sê die egpaar is tussen 19:00 en 20:00 in hul huis deur vier aanvallers oorval nadat dié toegang verkry het deur die diefwering voor een van die venters uit te breek.

Toe hy sy pistool probeer kry om terug te baklei, het hulle hom in sy hand geskiet.

Hy sê die man is oorval en in sy been geskiet. “Toe hy sy pistool probeer kry om terug te baklei, het hulle hom in sy hand geskiet. Sy vrou is ook geskiet,” het Gryvenstein gesê.

Blykbaar het die aanvallers net ʼn selfoon gevat, vertel Gryvenstein, maar dit lyk asof hulle op die vlug geslaan het. “Ek kan nie verstaan hoekom hulle [met net die selfoon] weg is nie. Ons weet nie of hulle gesteur is of wat hulle so gou laat vlug het nie.”

Gryvenstein sê hy wou nog met die egpaar praat om nadere besonderhede oor die aanval te kry, maar paramedici het hulle na die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit geneem voordat hy hulle verder kon uitvra.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, sê hy het berig van die aanval ontvang, maar wag nog op nadere besonderhede.

Christa is met die plat kant van ʼn panga bygedam.

Begin Oktober is die gesiene boer Tom Markram en sy dogter Christa Markram ná kerk op hul plaas in die distrik Middelburg, Mpumalanga, vasgebind, aangerand en beroof.

Hy is met ʼn panga gekap, het ʼn lelike wond aan sy kop opgedoen en sy hand is oopgekap. Christa is met die plat kant van ʼn panga bygedam nadat die aanvallers haar vasgebind het.

Twee maande vantevore is ʼn 45-jarige man op ʼn kleinhoewe naby Nelspruit met ʼn stomp voorwerp in die gesig geslaan. ʼn Gedeelte van sy gesig is heeltemal verbrysel.

Die man se vrou het glo laat die aand tuisgekom en het toe op hom afgekom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Oujongvrou ·

Ek sukkel helfde van die tyd as ek die berigte lees, om te verstaan hoe mense so oorval word. Om n diefwering uit te breek moes mos helse lawaai gemaak het. Hoekom nie toe sy wapen al gereed hou nie. Hulle kom nie hallo se as hulle diefwering afbreek nie. En nou is hulle seker weg met wapen ook.

Cherokee ·

Ek sukkel hele tyd om te verstaan waarom julle nie helfte van die tyd kan skryf nie.

Jennifer ·

Stem saam. So eienaardig dat mense so baie verras en oorval word. Dalk is die huis baie groot en heeltemal aan die anderkant ingebreek. Maar die feit dat dit so baie gebeur wys ons is heeltemal onvoorbereid en sal ons lewens styl moet verander. Moet ook byvoeg, baie mense is agterlosig en naief, braai en kuier buite na sonsak of ry rond na sonsak. As die son gesak het moet jy in jou huis wees, die deure gesluit en jou vredebewaarder by jou. Ek hoop ook nie die vuurwapen is geneem, nog ‘n wapen om teen ons te gebruik. Dit is baie sleg!!!

Gc ·

Als beplan duer ons vriendelike regering en hulle skoothondjie die eff. Die regering sal als moontlik doen om ons mense stilletjies dood te maak, hulle weet dat grootskaalse oorlog sleg gaan wees vir hulle sak, so hulle doen dit op die manier.

Pieta ·

Dit is presies 100% reg en dit is die waarheid. Dit gaan oor niks anders nie. En ons moet daardie waarheid verkondig dat almal daarvan weet!!!

Ryan ·

Daar is weer ‘n sterk opvlam van plaas aanvalle en moorde. En die wêreld kyk net…

Anton X ·

Dagse Maroela,
Is daar enige statistiek rondom aanvalle oor die feesseisoen. Of miskien net vir Desember. Dit wil voorkom of iemand gese het die aanvalle moet ‘n kerf of twee hoer.

Pieta ·

Sluit aan by die Boerelegioen sou gou as moontlik elke wit mens!!! En verkondig dit en betrek u geliefdes!

Alida ·

Ek kan nie verstaan dat blankes WEET wat die situasie op plase is en nog steeds betrap word nie. Die skurke moes al by die venster uitgehaal gewees het.

chrisjan ·

As mense (mans EN vrouens) op plase en kleinhoewes net wil leer om handwapens AAN hulle te dra=24/7.Maar praat is verniet.Mense moet maar die “skoolgeld” betaal.

Jennifer ·

Dra ook maar die vredebewaarder saam wanneer ons ons voete by die deur uitsit en slaap snags langs ons.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.