Egpaar op plaas oorval; erg aangerand

(Argieffoto: SAPD)

’n Egpaar is Woensdagoggend omstreeks 04:00 grusaam aangerand op hul plaas in die Welbekend-omgewing digby Bapsfontein in Gauteng.

Timothy Rademeyer (51) en Dirkie Voges (61) is vroeg Woensdagoggend op hul plaas gevind nadat ’n onbekende aantal verdagtes toegang tot die plaashuis gekry en dié paartjie oorrompel het. Volgens Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die verdagtes die veiligheidshekke afgebreek en die huis deursoek. Om 04:00 het die paartjie wakker geskrik toe hulle gehoor het hoe die indringers die voordeur probeer oopbreek.

“My ma het opgevlieg en omtrent vyf indringers voor haar in die slaapkamerdeur aangetref. Toe was dit reeds te laat,” vertel die paartjie se seun, Rudi Voges.

Rudi sê die aanvallers het sy ouers oorrompel en vasgebind. Rademeyer is glo met ’n serp verwurg en sy geslagsdele is met ’n skerp voorwerp afgesny. Voges se oortrommel het tydens die aanval gebars en sy het ook harsingskudding opgedoen.

“My ma vermoed daar was so vier tot ses aanvallers betrokke,” sê Rudi. Die aanvallers is kort daarna in ’n wit Ford Bantam-bakkie fort.

Rademeyer en Voges kon daarin slaag om hulself los te kry en Voges is na die hoofplaaspad om hulp te kry. Sy het in die pad gaan lê en is later deur een van die inwoners van ʼn omliggende plaas gevind. ER24 en die plaaslike polisie is dadelik na die plaas ontbied. Gemeenskapslede het ook hulp kom bied.

Rademeyer is in ’n kritieke toestand in die huis gevind. Die serp was baie styf om sy nek gedraai en paramedici moes dit los sny. Hy is per ambulans na die Verre Oosrand-hospitaal in Springs gejaag en is steeds in ʼn kritieke toestand.

“My ma is darem nie té erg beseer nie. Sy het blou kolle oor haar lyf en is in geweldige skok,” vertel Rudi. Sy is ná die voorval na ’n hospitaal in Delmas geneem. “Sy is al ontslaan, maar nog in ʼn geweldige skoktoestand.”

Dit is nog nie bekend watter wapens gebruik is of wat die motief vir die aanval was nie. R300 kontant, ‘n selfoon en van Rademeyer se gereedskap is gesteel. Niemand is tot dusver in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Magda ·

Ons regering doen niks om dit te stop nie, en EFF het nog altyd plaas aanvalle aan gehits – so my kommentaar is nie uit my duim uit gesuig of onwaar nie.

Kobus ·

Gemors.Hulle sal nooit man alleen kom nie.Altyd ‘n groep.Lafaards.As hulle gevang word ,word hulle volgens menseregte voorwaardes hanteer maar die slagoffers het geen regte nie.Waar is ANC vroueliga nou en EFF ? En ons president vertel hier is geen aanvalle op blankes nie.

RekmyBek ·

My emosies en denke het geen perke of rigting nie….
Sterkte aan familie.

Karin ·

Ek voel geweldig seer vir jul as gesin familie. Sterkte hou jul in ons gebede. Kan ons regering nie hul oe harte oop maak en sien ons lands mense bloei nie. Kan nie meer nie hoeveel mense moet nog die pad stap.

Die Hekwag ·

Vir al die skelms en moordenaars daar buite: Die virus is oppad!

henndrik ·

Ek kan dit nie verstaan nie, hoe kan ‘mens’ so bloedorstig wees, dit maak net nie sin nie.

katerinadiekat ·

Kyk op Youtube na die kanaal South Afrca Awakening. Daar is n man, Pottie, wat baie kennis oor hierdie dinge het. Hy praat Afrikaans. Daar is 2 onlangse videos met onderhoude met hom.

Pieter ·

Tyd om ernstig ‘n Gelofte aan God te doen om ons uit hierdie gemors te bevry, God is betroubaar en al wat ons kan red. Daar is vele wat nie aan so ‘n Gelofte nou kan deelneem nie, omdat hulle self diep in die verraad sit en eers sal moet huis skoonmaak as hulle wil. Getalle maak nie saak nie.

Louis ·

Hulle kan se wat hulle wil, maar die plaaaanvalle is laaaankal nie meer roof nie. Hulle gaan uit om dood te maak en te martel. Dis hoe hulle die boere van die plase af wil kry. Daar word op INSTRUKSIE gemoor en dan as roof voorgegee. In elke liewe geval waar daar konsuis n roof gepleeg word, word daar mense doodgemaak…dit is nou al so blatant en daar sal deur die regering niks aan gedoen word nie…ek wonder hoekom????

Misky ·

Die wreedheid teenoor die mensdom gaan my verstand te bowe. In my siel huil ek vir dit wat hulle hierdie mense aangedoen het. Hoe herstel mens van so iets? Mag God julle bystaan in die moeilike tyd en tye wat voorlê.

Zetti ·

Hierdie het 1km van ons af gebeur. Ons is geweldig geskok, nou leef ons in vrees. Dit kon net sowel ons gewees het. Al wat ons kan doen is bid. Dis wreed en dit maak dat ons haat.. hoe kan mens anders daarna kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.