Egpaar op plaas oorval kort ná hulle intrek

Gideon en Annetjie Steenberg op hul troudag. Foto: Verskaf

Gideon en Annetjie Steenberg op hul troudag. Foto: Verskaf

Gideon Steenberg en sy vrou, Annetjie, het skaars twee maande gelede op ʼn plaas in Sundra naby Delmas, Mpumalanga, ingetrek toe hulle Saterdag in die vroeë oggendure daar oorval en beroof is.

Gideon (38) het Maandag aan Maroela Media gesê hy en Annetjie (30) het geslaap toe hy omstreeks 01:00 wakker geword het van ʼn flitslig in sy huis.

“Gelukkig was ons seun, Ronaldo (8), nie tuis nie. Hy het by sy neefs in Eloff gaan oorslaap. Annetjie het ook wakker geword en vir my gesê daar is iemand in die huis en toe ek weer sien, is drie mans in ons kamer langs ons bed en rig ʼn vuurwapen op my,” het Gideon gesê.

Gideon het gesê die verdagtes het die geëlektrifiseerde veiligheidsheining om die huis geknip en die voordeur oopgebreek om toegang tot die huis te kry.

“Die mans het my en my vrou se hande vasgemaak en ons op die bed aangehou. Hulle het gedreig om my vrou te verkrag en my met ʼn vuurwapen se kolf teen die kop geslaan, waarna hulle omtrent alles uit die huis uit gedra en op ʼn bakkie gelaai het. Hulle het net die beddens agter gelos en in die bakkie gevlug.” Die moontlikheid bestaan dat nog verdagtes buite die huis hul makkers gehelp het.

Toe dinge begin stil raak, kon Annetjie daarin slaag om haar hande los te kry. Sy het Gideon se hande los gemaak. Gideon kon daarin slaag om tydens die rooftog sy selfoon weg te steek en het dadelik hulp ontbied.

“Ons plaaslike buurtwag, Sundra Bulldogs, was spoedig op die toneel, maar die verdagtes was reeds weg.”

Derek Bester, ʼn komiteelid van Sundra Bulldogs, het aan Maroela Media gesê nagenoeg 20 buurtwaglede het onverpoos in die omgewing gesoek na die verdagtes. “Die egpaar was ongedeerd maar baie getraumatiseerd en ons het vir hulle berading gereël,” het Bester gesê. “Die gesin het omtrent alles verloor en die gemeenskap het soos een saamgestaan en skenkings gedoen om hulle te help om weer op die been te kom. Dit is wonderlik hoe die mense hier saamstaan.”

Volgens Gideon is sy vrou steeds erg getraumatiseerd. “Ons het besluit om te trek. Ons bly tans by familie en gaan eerder in ʼn veiliger huis in Sundra intrek.” Gideon is vol lof vir die buurtwaglede en het almal in die gemeenskap wat hulle met skenkings gehelp het, bedank.

Brig. Selvy Mohlahla, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

DPJ ·

Kyk nou hoe plaasaanvalle deur die polisie gepreoriseer word.
Elke dag hoor ons nou van plaasaan valle.

Piet Piper ·

Sou ek die minister van Landbou wees sou ek dat die staat dit verpligtend maak om kameras naby en rondom elke plaaswoning te installer, EN aan die boere subsidies voorsien om dit te kan doen.
Paniek knoppies in elke vertrek. Buite sirene wat kilometers ver gehoor kan word sodra paniek knoppie gedruk word. Doodstraf bepleit in Parlement vir elke plaasmoordenaar.

Johan ·

Oppas om doodstraf te bepleit in korrupte regering stelsel… As niks anders reg hanteer word nie, sal doodstraf ook nie reg hanteer word nie!

Tommie ·

Daaglikse tendense van rassistiese plaas aanvalle en huisroof!

Gesiggie ·

Nee wat… n plaas lewe nie meer n lewe… Moord … Roof.. plaas aanvalle word net meer en meer”’ Dankie tog dat jul nie dood gemaak is”’ Ek wens jul alle sterkte toe , met die herstel van die nagmerrie… trek eerder, waar dit dalk veilig vir jul sal wees?? waar dit ookal is… waar is n mens veilig vandag??

Karma ·

Jy sien, Gesiggie, jy vra ‘n vraag en dan gee jy ook sommer self die antwoord. Waar is dit deesdae veilig??? Nêrens nie. “Plaasmoorde” is nie ‘n unieke of uitsonderbare misdaad nie. Jy het seker gelees van die swartman wat doodgeslaan is en dit aanvanklik gedink is dit is nóg ‘n “plaasmoord” – toe nie waar nie; dit was ‘n bakleiery wat handuit geruk het.

Die ding is, mense is geneig om te dink dat misdaad wat op plase gebeur, teen die wit menseras gerig is. Dit is nie. Misdaad is misdaad – of daar nou op ‘n plaas gemoor, verkrag, aangerand, beroof of wat ookal gedoen word. Dieselfde misdade vind plaas, of dit nou in ‘n luukse voorstad of arm plakkerskamp is.

alida ·

Hulle knip die drade en doen allerhande goed om in die huis te kom. Paniekknoppies teen die mure help niks. Die boef gaan jou nie kans gee om die ding te druk nie. Sluit by ‘n Sekuriteitsmaatskappy aan betaal maar hulle fooi en dra die paniekknoppie om jou NEK onder jou klere. Slaap selfs met die ding om jou nek. Daardie knoppie mag nooit ooit van jou liggaam afgehaal word nie. Ek weet dit klink simpel maar die oomblik as jy iets hoor of gewaar druk die ding en gee die mense kans om by jou uit te kom. Dit is verskriklik om so te lewe maar welkom in nuwe SA. Die regering gaan niks doen nie. Watter deel verstaan julle nie.

Steven Siege ·

Die deel waar die elektriese drade geknip word en die alarm gaan nie af nie.

Trots Afrikaans ·

Dit word elke dag moeiliker om vas te hou aan redelike denke. Die daaglikse aanval teen Afrikaans en Afrikaner is besig om al hoe sterker aan my regterskouer te trek. Stadig word ek elke dag meer en meer regs gedwing. Dit voel of ek in ‘n stroom is wat my sterk regs trek terwyl die liberale my vingers een vir een los breek van die paal van hoop waaraan ek nog vas kleef. Goliat trek elke dag die lyn in die sand en daag my uit. Ek word bespot en bespoeg. Die reus is groot en al wat ek het is ‘n slingervel en vyf revier klippies….. en my God.

Soos “Coward of County” van Kenny Rogers kom ‘n mens op ‘n punt waar die ander wang nie meer ‘n keuse is nie. Ek kyk na agter en sien Oom Paul Kruger, Oom Koos de la Ray. Ek sien vir Wolraad Woltemade, Dirkie Uys en Rageltjie de Beer. Ek sien Jopie Fourie en die skoot deur die hart. Ek sien ‘n troep op die grens, ‘n verraaide toekoms. En ek voel hoe die bloed in my kook.

Ek kyk na die lyn en na Goliat, ek hoor die koggel en ek meet my verlies teen dit van ‘n nasie en ek wonder, is vandag die dag wat my greep gaan gly, of kan hoop nog ‘n dag langer verdra?

Mag God ons lei..

Liza ·

Sou dit self nie beter kon stel nie, sit en hoendervleis kry soos ek jou woorde lees. Mooi bewoord “Trots Afrikaans”

tamboti ·

Trots, ons volkie smag na ‘n Dawid, die dag wat ons die stryd opneem sal nie net bloedrivier rooi wees nie.

gert ·

Die tyd vir oorlog staan nader ons moet opstaan of ons sal in die pein val van die land ons ly alklaar ons sien nie n toekoms nie die tyd raak ryp staan op Afrikaaner staan op en ons God sal by ons staan .Die oorwinning sal vinnig wees en ons sal wen . Staan op of vergaan

Herman ·

Mense, al die antwoorde is reeds gegee. Gaan op die kniee. Kyk wat het ons vadersnaam vir ons gedoen toe ons almal neer gedaal het en gesmeek het vir reen. Hy het vir ons net genoeg gegee. Bly opi kniee. Moenie bid vir die land nie. Dis nie die land wat God interreseer nie. Dis die mens. Bid vir ons volk. God se volk. Gebaster of te nie. Bid vir ons. En God sal ons soos een man laat saam staan en ons self Verdedig. Nes hy dit al menigvuldige keer gedoen het. Die mindere het oorwin en sy volk was vry. Loop Lees die bybel. Ek raak net so boos en kry verkeerde gedagtes om mense sedelikke dinge aan te doen. Maar dit maak my nie beter nie. God se draai jou wang, maar hy se ook. Jy magi sterf sonder n geveg nie. As iemand jou geliefdes veroorsaak moet die persoon te skeine kom en gesteenig word. Men’s kan se en dink wat ons wil. Maar op die einde vani dag sal die Godelose heers. Tot en met ons, ons pad huis toe vind. En dit is op jou kniee kop gesak sonder eie weisigheid of ego nederig wees en vra om hulp.

Matmiet ·

Ek wonder wat sal geveur as daar eweskielik moorde van soortgelyke aard in plakkerkampe ontstaan?

alida ·

Matmiet, daar sal sewe soorte hel losbrand maar ons verlaag ons mos nie hulle standaarde toe nie. Spandeer maar ons hardverdiende geldjies aan veiligheidsmaatreels. Ons is gatvol vir die land.

Willie ·

Die skudiges sal nooit gevang word nie. Wie sal nou sy brother aankla . EISCH.

Mr P ·

Dankbaar die mense leef. My buurman het al die nodige veiligheid maatreels aan sy huis aangebring alarm vol diefwering en n hond toe kom die terries in die middel van die dag toe geen een van ons tuis was nie. Ons het ons eiendomme saam verlaat. Ek was 45 min weg. Met my tuiskoms het hulle deur 2 staalhekke gekom en sy voordeur in twee geskop. Plaskerm tv en juwele gesteel. Die alarm het afgegaan maar sekeruteit was te laat. Hulle het met n motor gekom en was vermoedelik 3 spoke. WEN EK KON DIT SIEN DAN WAS DIT DIE LAASTE SIEN VAN DIE BLINK KANTIEN VIR HULLE.

humor ·

Mense praat van opstand en oorlog. Se net vir ons met watter wapentuig.

viky ·

Ek wonder. Hul gaan een of ander tyd mekaar in die hare gryp. Dit het al voorheen gebeur. Daars teveel wat wil God speel.

Freud ·

Malmiet jy moet nie net een koerant lees nie. Gaan lees bietjie wyer. Daar word daagliks moorde in plakkerskampe gepleeg. Nie net daar nie. Oral in die land. Dit is nie net plaasboere wat vermoor word nie.
Gaan lees die statistieke en jy sal sien dat daar daagliks gemiddeld 47 moorde in die land gepleeg word. Ek weet dit is verskriklik, maar ons moet ook nie tonnel visie he nie.

Matmiet ·

MalFreud
Het jy my vraag gelees ou? Ek weet van die statistieke. Ek vra wat as witmense begin plakkerskampe tuiken. Ek daag nie na hulle vlak nie ek soek n oplossing.

Christa ·

Ongelukkig is plaasaanvalle nie ‘n perioteit by ons regering nie…
Maar wel plaas onteiening…
Misdadigers kom met alles weg…
En die polisie?…
Hulle doen nóg ondersoek EN geeneen is nóg gevang nie…
En die geteikende slagoffers sit met die trauma…
(Ons gaan minder boere hê wat voedsel verskaf…
én die plaaswerkers gaan nie meer werk hê nie…)
Pres. Jacob moet gou aftree…
Ons soek ‘n WARE president met ‘n hart vir AL sy mense in Suid-Afrika…

Buks Botha ·

Dit is maklik om te se alle rasse ly daaronder ,maar uit watter ras bestaan die aanvallers meesal?

hester ·

More ek is dankbaar jul is oky Mag die vader jul seen .my pa was nie so gelukkig nie hy is dood en sy moordenaars loop nog steeds en moor en nog nooit weer iets van sy saak gehoor nie .

Brett ·

In hierdie land is daar algemene toegang tot van die beste self-verdediging opleiding in die wereld.

Maar jy kan mense nie oortuig om in die aand ‘n hondjie in die kamer te laat slaap nie, wat nog van hulle ‘n harde teiken maak.

keelvol ·

Die belhamels sal tog nooit gevang word nie want hulle is almal kop in een mus!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.