Egpaar op plaas oorval

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Egpaar is vroeg Woensdagoggend op hul plaas naby Biesiesvlei in Noordwes deur vyf gewapende mans oorval.

Sers. Kealeboga Molala, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep gewapende mans het glo omstreeks 04:00 deur ‘n venster toegang tot die plaashuis verkry. Die verdagtes het hierna die 64-jarige man en sy 58-jarige vrou wakker gemaak.

“Hulle het vuurwapens op die egpaar gerig en hulle na die nabygeleë plaaswinkel geneem waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant en vyf vuurwapens, wat aan die slagoffers behoort, geroof het.”

Volgens Molala is die man oor die kop geslaan met ʼn vuurwapen en het hy ligte beserings opgedoen. Die verdagtes het hierna in die slagoffers se Ford Ranger-bakkie gevlug. Die bakkie is later sowat 100m van die toneel gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Retha

Hoe is dit moontlik dat diefwering so oopgebreuk word sonder dat hulle enige iets hoor of nie wakker word van die commotion nie? ‘n Hasie spring oor die gras voor my kamer venster dan is ek wakker. Die beste is vir ouer mense om ‘n klein skoot brakkie aan te hou, hulle maak genoeg lawaai om die dooies te ontwaak en dan is daar genoeg tyd om gereed en paraat op te tree teen die barbare van die nag. Selfs my kat is ‘n “wagterkat” want sodra hy iets vreemds buite hoor skrik hy en sy hele lyf ruk of… Lees meer »

HEVW

Wat de joos maak jy met vyf vuurwapens, en dan nog steeds in jou brandkluis, sonder n alarmstelsel om en in jou huis. Indirek verantwoordelik vir verdere moord- en rooftogte Mens raak regtig moedeloos

pop 1

Nou is daar alwer 5 wapens in die skelms se hande. As ek so kyk na daai diefwering kry ek sommer lag. Ek wat n vrou is sal dit kan oopkry. Mense, diefwering moet BAIE dik wees. Die dunnes kan maar bly, maar sweis dik stawe aan die binnekant vas. Om deur 2 stelle diefwering te kom is te veel moeite, en gaan baie lawaai veroorsaak. En ook oor die vensters wat nie kan oopmaak nie.

Annie

Eerstens wat soek hulle 4uur in die oggend op jou perseel, maar die rowers en diewe kan maar doen wat hulle wil daar sal tog niks met hulle gebeur nie, en die mense wat hulle so kap oor sekuriteit ens hoop julle sekuriteit is alles in order – want as so iets met julle moet gebeur kan ek julle groot monde hoor.

carel smit

Toe die diefwerings in gesit is was dit daai tyd om die ou wat kwaad wil doen buite te hou ,nou is dit moordenaars wat buite loop.Nou sal die mense al die goed verander om die moordenaars uit te hou,anders sal hulle nie stop nie.Ek het eendag gelees jy moet jou dief wering met vier kantige yster maak hulle kan dit nie sommer afknip nie