Egpaar op plaas oorval

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Egpaar is vroeg Woensdagoggend op hul plaas naby Biesiesvlei in Noordwes deur vyf gewapende mans oorval.

Sers. Kealeboga Molala, woordvoerder van die polisie, het gesê die groep gewapende mans het glo omstreeks 04:00 deur ‘n venster toegang tot die plaashuis verkry. Die verdagtes het hierna die 64-jarige man en sy 58-jarige vrou wakker gemaak.

“Hulle het vuurwapens op die egpaar gerig en hulle na die nabygeleë plaaswinkel geneem waar hulle ʼn onbekende bedrag kontant en vyf vuurwapens, wat aan die slagoffers behoort, geroof het.”

Volgens Molala is die man oor die kop geslaan met ʼn vuurwapen en het hy ligte beserings opgedoen. Die verdagtes het hierna in die slagoffers se Ford Ranger-bakkie gevlug. Die bakkie is later sowat 100m van die toneel gevind.

Niemand is nog in hegtenis geneem en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Retha ·

Hoe is dit moontlik dat diefwering so oopgebreuk word sonder dat hulle enige iets hoor of nie wakker word van die commotion nie? ‘n Hasie spring oor die gras voor my kamer venster dan is ek wakker. Die beste is vir ouer mense om ‘n klein skoot brakkie aan te hou, hulle maak genoeg lawaai om die dooies te ontwaak en dan is daar genoeg tyd om gereed en paraat op te tree teen die barbare van die nag. Selfs my kat is ‘n “wagterkat” want sodra hy iets vreemds buite hoor skrik hy en sy hele lyf ruk of hy spring van die bed af en dan is ek reeds op om te kyk wat aangaan. Mense moet wakker wees tensy jy in Orania bly.

HEVW ·

Wat de joos maak jy met vyf vuurwapens, en dan nog steeds in jou brandkluis, sonder n alarmstelsel om en in jou huis. Indirek verantwoordelik vir verdere moord- en rooftogte Mens raak regtig moedeloos

pop 1 ·

Nou is daar alwer 5 wapens in die skelms se hande. As ek so kyk na daai diefwering kry ek sommer lag. Ek wat n vrou is sal dit kan oopkry. Mense, diefwering moet BAIE dik wees. Die dunnes kan maar bly, maar sweis dik stawe aan die binnekant vas. Om deur 2 stelle diefwering te kom is te veel moeite, en gaan baie lawaai veroorsaak. En ook oor die vensters wat nie kan oopmaak nie.

Coena ·

Pop en Retha, diefwering hou net eerlike mense uit, daai diefwering is afgesaag en Retha, wees net dankbaar daai hasie het nog nie in jou huis gespring nie.

Annie ·

Eerstens wat soek hulle 4uur in die oggend op jou perseel, maar die rowers en diewe kan maar doen wat hulle wil daar sal tog niks met hulle gebeur nie, en die mense wat hulle so kap oor sekuriteit ens hoop julle sekuriteit is alles in order – want as so iets met julle moet gebeur kan ek julle groot monde hoor.

carel smit ·

Toe die diefwerings in gesit is was dit daai tyd om die ou wat kwaad wil doen buite te hou ,nou is dit moordenaars wat buite loop.Nou sal die mense al die goed verander om die moordenaars uit te hou,anders sal hulle nie stop nie.Ek het eendag gelees jy moet jou dief wering met vier kantige yster maak hulle kan dit nie sommer afknip nie

Manie ·

Jou Diefwering moet juis nie van vierkantige staal gemaak word nie.Dan kan jy dit sommer met ‘n shifting spanner oopbuig. Ronde yster het nie vatplek nie Gebruik 10 mm ronde yster.

Winston ·

Wat het geword van die tye wat die staat ons teen misdaad beskerm het? Nou is ons gevangenes in ons huise van 06h00 tot 19h00 dan kan die sel weer oop. Slaap met jou yster onder jou kop en maak seker hy lê reg. Hond in huis voor jou bed en sel tralies amper ondeurdringbaar swaar. Staaldeure verberg met hout en so is daar nog n laaaaang lys in plaas van hang n moordenaar.

Boervrou ·

Wens mense wil die MRK begindagvaar. Maar niemand het die guts daarvoor. Dubbel diefwering help nie. Op die dorp het hulle teels van n dak afgehaal en so toegang verkry. By n anderplaas is n gat in die sinkdak gesny. So daar is niks wat hulle keer

Miko ·

Ek dink nie dis die diefwering se skuld nie. Of jy nou ronde of plat diefwering het, dis jou huis en niemand mag inbreek en jou goed vat nie.

Jackie ·

In SA kry die arme ou mense so patetiese Ouderdoms pensioen. Dink regtig nie hulle kan dit bekostig om te “upgrade” na nuwe state of the art diefwering toe nie.

Renier ·

Ek het sekuriteit ogies opgesit buite wat gekoppel is aan n ou haardroeer in my kamer wat my dadelik wakker maak en kan ek gou op kameras sien of daar iets is buite, die kameras en ogies het my so R5000 gekos, en glo my dit werk soos n bom, ek het al 2 voorvalle gehad en danksy dit wat ek opgesit het vir ons veiligheid het ek skade/lewens beskerm

Deloris ·

ag dit help nie ek spoel verder mond uit nie, want NIEMAND doen iets hieraand nie.
Ek stel voor elke dorp moet adverteer om hulle eie veiligheids diens aan te stel, en almal berokke kry …. opleiding kan verseker gegee word deur die opgeleide mense, ons is al so desperaat almal van ons sal verseker betrokke raak, en gratis opleiding verskaf… hierdie nasie van ons moet begin optree !!! want ons staan alleen !!!

Elmariw ·

Mense moet ophou oordeel. Hoekom moet ons enigsins diewering ophê? Hoekom mag ons nie kontant of vuurwapens hê op ons eiendom nie? Die dekselse skelms is nie veronderstel om daar te wees nie. En ook nie die goed te vat nie.

Ek is dankbaar vir die familie vir hulle tweede kans. Wees lief vir mekaar en waardeer mekaar.

Fanus ·

Baie danki Elmari. Dis ni n oproep wat enige kind wil hoor dat hul jou pa en ma aangeval het. Jou pa by di huis vasgebind is besig omte versmoor van kouse in sy mond. Sy hande en voete so vas gebind dat daar geen bloed deur vloei nie en hul jou ma weg vat met haar bakkie vol wapens en nie 1 van hul weet of hul mekaar weer gaan sien ni.

anne coetzer ·

Niks geen lemmetjiesdraad of diefwering of ogies of alarmstelsel is rower”proof”nie. glo my hulle ken al die tricks in die boek. Mens maak dit moeilik vir hulle, maar hulle bly ons een voor. Jy kan alles vandag leer op google. Self hoe om by jou voertuig in te kom indien jy die sleutel binne in toegeluit het, Kyk maar gerus op you tube. So wat ookal ons installeer leer hulle hoe om dit te diskonnekteer of te oorbrug.

Kallie du Plessis ·

Mense wat alleen woon of op plase bly : “Upgrade” na goeie waghonde en die honde moet saans binne slaap, bedags is enige een van ons weerloos maar die meeste slegte goed kom saans om kwaad te doen. Kinders moet kyk na hulle ouers. Ons moet wakker word, almal van ons, ons bly in ‘n staat waar jy jouself moet beskerm teen alles en almal! En die wat snags opstaan as hulle iets hoor,moenie onnosel wees nie, hulle wag vir jou! Maak alarm!!

jaco du plessis ·

dis nes jy se n mens moet wakker wees en nie braaf traai wees nie n mens moet soos n krimeneel begin dink en optree da sal jy weet jy gaan hul eie midesyne vir hul gee my vraag is net aan almal hoekom wil almal spring as da eers iets gebeur het dan is almal vuur en vlam net vir n week dan raak hul een vir een weg as n mens vroer optree dan bly hul weg uit omgewing

Louise ·

My woorde raak min – ek raak stom !! Wie sê nou nog dat die moorde op ons plaas mense nie rassisties is nie ? Moord , moord !!, en ons geagte meneer die giggelende president , is totaal afgesny vd lewe daarbuite en probeer met sy sielike sin vir humor “dopamien” in sy brein te kry – dalk met die hoop een van sy verlore torre kom terug. Stop om ons mense uit te moor !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.