Egpaar op Pta-kleinhoewe aangeval, man doodgeskiet

Eva en Henry Kirstein. Foto: Via Facebook

Eva en Henry Kirstein. Foto: Via Facebook

Minstens sewe aanvallers het Donderdagaand ʼn egpaar op ʼn kleinhoewe buite Pretoria oorval. Die man, Henry Kirstein, is in die aanval doodgeskiet.

Kapt. Marissa van der Merwe, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die voorval het op ʼn kleinhoewe in die Mooiplaats-omgewing naby Boschkop, oos van Pretoria, plaasgevind.

“Twee veiligheidswagte was besig om langs die heining te patrolleer toe vyf verdagtes hulle oorweldig het. Twee verdagtes was met pistole gewapen. Die verdagtes het die vuurwapens op die wagte gerig en hulle oor die kop geslaan,” het Van der Merwe gesê.

Een wag is by die veiligheidshek vasgebind waarna die verdagtes op die huis toegeslaan het.

“By die huis het hulle die huiseienaar, Henry Kirstein, in die sitkamer in sy linkerbolyf geskiet. Hulle het die ander veiligheidswag vasgebind en die slagoffer se vrou, Eva Kirstein, aangehou en aangedring om te weet waar die kluis is. Hulle wou ook weet waar die egpaar se tienerseun was. Die seun was egter tydens die voorval uit gewees.”

Die aanvallers het ʼn vuurwapen, ʼn groot bedrag geld asook Amerikaanse dollars, drie selfone en ʼn flitslig gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.

“Twee verdagtes het deurlopend buite die huis wag gehou. Toe hulle klaar is, het hulle nog iemand gebel wat hulle met ʼn voertuig kom oplaai het.”

Kirstein is op die toneel dood verklaar. Die veiligheidswagte het behandeling ontvang vir kopwonde.

Die Boschkop-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur.

Van der Merwe het in haar hoedanigheid as die Boschkop-polisie se waarnemende stasiekommissaris, dank betuig aan al die gemeenskapslede, beamptes van veiligheidsmaatskappy en lede van Boschkop-landelike beveiliging wat saam met die polisie, waaronder ao. André Smit, ao. Wynand van der Merwe en ao. Kobus Ras, deur die aand gewerk het om na die verdagtes en leidrade te soek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

94 Kommentare

Jan Bender ·

Net nog n bewys dat daar niks vir wit lewens gevoel word nie……die wagte net beseer maar die manspersoon sommer net dood geskiet…gelukkig sy vroutjie niks oor gekom nie…sterkte aan die famielie.

Lizelda ·

My onmiddelike redenasie ook Jan. Baie baie sterkte aan die familie.

Jamo ·

Hoekom verskyn dit nie in die burger nie. Hoekom nie op die nuus nie. Wi maak dai besluite. Die wereld moet dit sien. Dit lyk my dit word stil gehou van die media af.

Maryn @lantic.net ·

So so jammer! Dit wil verseker voorkom asof daar binne inligting aan die moordenaars verskaf is!

Danny ·

Hoe het hulle geweet van die tiener seun hulle is ingelig deur iemand aan die binnekant dis baie hartseer weereens mense bewapen julle self gaan vir opleiding leer julle kinders met die wapens werk sodat sulke voorvalle nie sommer net gebeur nie ons dink aan die familie i die tyd van hartseer

Ralph ·

woorde het ek nie meer nie!hulle is nou besig om die blankes teen n tempo uit te moor gaan daar nog blankes oor wees by die volgende verkiesing in 2019!simpatie met die familie!

Karma ·

Maar dis mos die plan, Ralph! Moor die wittes uit, “dekolonialiseer” en beset die plase en maak ‘n groot “balls-up” daarvan – en voer ANC-stemme voor 2019 in vanaf Midde-Afrika. Nummawan het met gesê die ANC sal bly staan tot die Opstanding (of so iets … hy praat ook so baie twak!). Dit is hoekom ek sê Afriforum en Solidariteit moet die hof-toe-hardlopery oor twak (soos oor sport-kwotas nou weer) staak en eerder die geld wat daaraan gaan, in ‘n skare-finansieringsprojek stoot, om mense wat wil emigreer (maar nie die geld het nie) te help om ‘n heenkome in ‘n ander land te vind. Laat Afrika dan maar weer Donker Afrika los; kom ons gaan terug na die lande van ons voorvaders!

???? ·

Hoekom wou hule weet waar Di seun was!! Hoe weet hule vd seun

Hannelie ·

Hulle weet te veel van ons …..en ons te min van hulle. Al wat ons weet is die rassehaat teen blankes sal nooit ophou. Daar sal nooit vrede in hierdie land wees WANT die regering is blind. Hul wil niks raaksien want dis net maar nog ‘n arme blanke gesin wat die onderspit moet byt. Sterkte aan die familie. Al wat ons kan doen is om na ons God op te kyk en Hom om hulp te vra.

AL ·

Wil ek ook weet! Definitief n ‘inside job’ van werkers of moontlik die veiligheidswagte. Soms is jou vyand nader aan jou as wat jy besef!!

Reinette ·

Dit hoef nie noodwendig n inside job te wees nie want hulle hou jou heeltyd nag en dag dop!!!!! ALERT al lyk alles so rustig. My innige simpatie aan die familie en vriende!!!!

Snuffels ·

RIP
Die “sekerheidswagte” klink vir my na die swak skakel hier………!!!

Di ·

Sterkte aan die familie dis so tragies elke dag nuwe berig in media oor aanvalle op kleinhoewes en plase!! Moet inside job wees want hoe weet hulle die egpaar het ‘n tienerseun? Glo ook nie so lekker die veiligheids wagte se storie nie dalk ook aandeel hierin gehad.

Ekwilibrium ·

Ek wonder ook oor die wagte. ‘n Paar houe oor die kop ‘bewys’ hul onskuld, later deel hul dalk in die dollars… Watookal, mag al die skuldiges spoedig vasgetrek word; nóg ‘n seun sonder sy pa, nóg ‘n getraumatiseerde vrou haar man kwyt.

Ekwilibrium ·

Plaasmoord nr. 1 vir Maart (sover ek weet), laat die telling begin… Hierdie was klaarblyklik ‘n goed beplande aanval; tien teen een was ‘n ‘inside job’ ‘n groot deel hiervan.

Frik ·

Sien dit is waar die vuurwapens heengaan wat ingehandig word. Wanneer word daar statistiek vrygestel wat inligting verskaf hoeveel moorde was daar swart op wit en wit op swart net die jaar.

Leonie ·

Ai Ai!!! En ons regering is tog te bly die wittes word elke dag uitgemoor want hulle doen net mooi niks daaraan nie. Dis verskriklik. Rus in Vrede Mnr Kirstein en sterkte aan sy vrou en seun in die moeilike tyd.

Jaco ·

Mense moet soveel as moontlik bedag wees op aanvalle en voorsorg soos honde alarms en cctv kameras gebruik om nie soos die man onkant betrap word nie.

AL ·

Veiligheidswagte verseker nie jou en jou gesin se veiligheid nie. Ons raak te gemaklik wanneer ons dink als is in plek en ons kan ontspan. ‘Secure in false comfort”

Maretha Els ·

Kameras en ons land en lewens van ons geliefdes by die Here se voete neerle elke dag. Bid vir getraumatiseerde gesins lede wat agterbly, oorleef!!! Dalk moet mens jou huiswerkers “Domestic Fica” laat doen van vinger afdrukke tot die oe scan. Ons moet talle omslagtige prosesse deurwerk en sekuriteits klarings kry vir aansoeke om poste by werkgewers, hoekom nie hier ook instel vir ons huishulpe en tuin hulpe nie??

MELISSA ·

Henry was voorwaar ń wonderlike mens en sal onthou word vir die voorbeeld wat hy vir ander was.So onnodig

Chantelle Connoway ·

my vraag is hoe lank nog voor daar iets gedoen word, ons moet dalk nie ook net praat nie maar iets begin doen om te wys waarvoor ons staan, hoekom moet mense weg kom daarmee en onskuldige mense boet???

Skim ·

Verseker inside information. Hoe het hulle van die seun geweet, ook van die groot hoeveelheid geld? Die man is summier geskiet, daar is nie eers met hom onderhandel nie? Dan se julle vir my dit is net roof? Dit is voorafbepland en in opdrag gedoen. Hulle weet presies wat hulle doen. Niemand gaan iets doen nie. Hierdie man het tot veiligheidswagte gehad en DIT het nie eers gehelp nie. Nou skreeu almal, beveilig jouself, hier was veiligheidswagte en veiligheidsdeure .. ‘n man het met sy lewe geboet. Daar is nou nog mense met voertuie ook wat saamwerk om hulle te kom oplaai, dit raak al hoe meer georganiseerd! ORGANISED CRIME, glad nie meer ‘n diefstal of toevallige roof nie.

Voorlaaier ·

Stem 100% saam!!…Hierdie hele aanval is tot in di vynste detail beplan…Hulle is voorsien van inligting…Begin sommer by di Huishulp…

JP ·

Snaaks dat die wagte net oor die kop geslaan is, maar die witman word dood geskiet.

Tanya ·

Een verdagte is by die hek vasgebind? Moet dit nie veiligheidswag wees nie? Sterkte aan die familie. Mag die Here vertroosting bied in hierdie moeilike tyd.

Tanya ·

MM hier is ‘n paar foute in die berig. “By die huis het hulle het die huiseienaar”…. “Die verdagte is by die veiligheidshek vasgebind”?

Janie Monsieur ·

Dagsê Tanya,
Dankie vir jou kommentaar. Jammer vir die foutjie! Die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Pieterdp ·

My ondervindin van Hendry was nog altyd n aangename ondervinding. Dit is baie hardseer dat n persoon wat werk verskaf het aan baie nou so aan sy einde ge bring word. Hy en baie verdien dit nie. Groot is die verlies wat n groot gat in ons ekonomie laat.
Waneer gaan die Swart volk besef hul het elke bietjie kenis en skeping van die blankis nodag hè vir voorspoed in die misrabeli land SA.

Annie ·

So seker soos daglig beplan en uitgevoer…..klink vir my hulle het presies geweet wat hulle soek.
Sterkte aan die familie.
Dit raak net al erger en NIKS word gedoen omtrent die sinnelose moored nie. Hoekom hom skiet en beroof??????

Ken ·

Ek KAN NIE glo daar’s nounog nie ‘n noodsituasie aangekondig in die land nie….. Hoeveel mense sedert begin 2017 al vermoor??? In enige ander “civilized” land sou hierdie as ‘n noodsituasie bestempel word…….. Weet nie van julle, maar mens raak al moeg om heeltyd te se “sterkte vir die familie wat agterbly”… Kan een van die organisasies, Afriforum of ander, nie ‘n noodtoestand aankondig nie? Of is daar steeds nie genoeg mense vermoor in SA nie. Siek, total en al siek en onnatuurlik wat hier aangaan. satan is los.

Annette ·

Die idee dat boere wit blanke mense – mans – gesinne – op hul plasse vat vir arbeiders – mense wat sonder werk sit!!!! Selfs blanke wagte!! hoeveel van ons mense sit nie sonder werk nie! Gebruik hulle om te werk en julle plase te probeer – help beveilig boere!!! ‘n werk is beter as Geen werk nie!!
Dink aan die gesin!!!

lilla B ·

Wat vir my baie sê is dat daar geen woord van veroordeling uitgespreek word vanaf bekende swart persoonlikhede teen hierdie aanvalle en moorde nie, geen swart regerings amptenaar, kerk leier, joernalis, sport persoonlikheid of akteur is bereid om op te staan en iets te sê of te doen om die skande wat dit veronderstel is om te wees as jou volksgenote en jou ras verrot is en lewe om ‘n ander nasie aan te val, te moor en te roof nie..hoekom dit nie veroordeel en optrede te eis van as jy dit nie ook goedkeur nie. Wat sê dit van hierdie mense?

Theresa ·

Innige meegevoel aan die familie en vriende en die seun wat nou sonder sy pa moet aanstap. Mag die Vader gee dat hy en sy ma hierdie stryd oorwin. Al die kennis van hierdie sotlike moordenaars wys dat hul inligting ontvang het oor hierdie gesin. Ek hoop van harte die Boschkop polisie werk sonder op hou om hierdie mense vas te trek. Die veiligheidswagte is juis dit. VEILIGHEIDSwagte. Moet hierdie tipe inval kon keer. Swak – dank hul af.

Jeanne van den Bergh ·

Die sinnelose en wreedaardige aanvalle op die mans wat die gesin verwese agterlaat word nou net meer en meer! Sekuriteitswagte is mense wie ‘n effense opleiding kry, maar so min betaal word dat hulle baie keer deel is van die hele beplanning. Mense is gerus want daar is mos wagte! Al hierdie gebeure bewys net dat ons met rasseskrede uitgeroei gaan word.

Tali ·

Die totale aanslag teen ons intensifiseer nou teen ‘n ongekende pas. Hoe moet ‘n mens maak met hierdie gevoel van magtelose woede wat deur elke greintjie van jou wese spoel?

Sophia ·

Hoe kan julle net besluit wie is skuldig? Hierdie moordenaars en rowers hou julle en hulle slagoffers vir maande lank dop. Hulle ken elke beweiging wat jy maak. Weet presies hoeveel en wie bly waar en weet meer van jou en jou bewegings as wat jou eie mense weet. Wees te alle tye paraat en een stappie voor hulle. Hulle het grond of voet soldate wat ondersoek in stel dan word daar boontoe inligting gedeel en dan word die daders opdrag gegee.

Elsa ·

ai is faar da nie ‘n “backup” sekuriteit roete nie?….Vader ons kom vra U beskerm oor ons mense wat deurloop onder brutale moordenaars in Jesus se Naam amen

LISA ·

WORD WAKKER SUID-AFRIKA.
HULLE MAAK JUIS DIE MANS DOOD WANT HULLE IS DIE BROODWINNERS. AS DIE MAN NIE MEER DAAR IS NIE SUKKEL N HELE GESIN WIT MENSE. HULLE IS NIE DOM NIE!!!!!!!!!!!

Kaspaas ·

Hoffman Galeng, die ANC se hoofsweep in die wetgewer se kommentaar op plaasaanvalle en plaasmoorde reken ditis geregverdig, omrede volgens hom plaaswerkers sleg behandel word. Geweld op witmense was nog altyd vir die “revolutionary” regverdig. Hierdie is n’ komplot van die ANC en EFF om wittes uit te moor, en van die plase af te verjaag.

Leon Kirstein ·

Dagse Suid Afrika se goeie mense.
Ek is Hendry se boetie….jonger boetie. Hierdie sinnelose koudbloedige moord gooi soveel hartseer in ons familie se rigting. Hendry was seker die hardwetkendste man op God’s aarde. n Harde en eerlike man wat die grond en die mendom liefgehad het. Sy geloof in God en sy medemens was aansteeklik en sy liefdadigheid in die omgewing wel bekend.
Ons is bitter, verward en bid vir sterkte en insig om ons pa van 85jr by te staan wat beroof is van nog tyd saam sy oudste seun.
Dankie vir julle gebede. God se rykste seen en beskerming oor ons volk en nasie

Leone ·

Ons harte gaan uit na die hele Kirstein familie! Dis n baie hartseer skokkende dag! God Bless you Eva and Kyle in this difficult time xxxx

Theuns en Gail Botha ·

Leon,
Ek en Theuns het die vooreg gehad om jou broer Hendry te ken..’n wonderlike man.Theuns en Hendry het lekker gesels oor baie dinge wat hulle in gemeen gehad het vanaf die weermag dae.Ek is Karen se Ma en het meer te doene gehad met Henry as gevolg van Emma my kleindogter,wie net so lief was vir hom.Ons is verpletterd en geskok.Julle Familie bly in ons gedagtes en gebede.Baie sterkte en mag die Here julle vertroos met julle verlies van ‘n wonderlike man,broer en vader.

Marisa ·

Ek stem saam met jou Leon. Baie sterkte met julle groot verlies! Hendry was my buurman – n wonderlike mens wat ongelooflik baie vir ons gemeenskap gedoen het! Wat n groot verlies!!

Retha ·

En WEEREENS het hulle presies geweet wat binne die huis is en wat aangaan in die huis!!! MENSE WORD WAKKER! JULLE EMPLOY HULLE MAKKERS! Hoekom is die wagte nie geskiet nie? Want dis hulle informante!

Mossie ·

Dis die hartseer waarheid en die mense wil dit nie so sien nie.

Cynthia ·

Ons as gesin het ook nou deel geword van die misdaad statistiek. Wanneer gaan dit ophou en hoekom moes hulle Henry koelbloedig doodskiet. RIV Henry

Ai ·

My innige meegevoel met julle. Dit is so tragies. Vanoggend gehoor wat een van sy werknemers sê, dat hy so vreeslik goed was vir almal. Maak nie saak watter kleur.

Leon Kirstein ·

Dankie mense vir goeie wense en gebede. Genoeg IS GENOEG!! My broer het dit nie verdien nie. Boeta…gaan jou soo mis! Jou groot spore le diep in ons geliefde grond. Dankie vir al die lewenslesse. Jou boetie

Mossie ·

Hulle weet te veel wat in die huise en in mense se lewens aangaan, want ons laat mense in ons lewens en huise toe, om vir ons te werk. Daarmee sê ek nie die bediende of tuinwerker is skelm nie, maar wat ek wel as logies is, is dat hulle afgepers kan word en gedreig kan word om inligting te gee. Ons moet leer om ons eie werk te doen en ons self bewapen, dis die hartseer waarheid. Mag God die vroutjie en haar sien toevou in vertroosting.

Erika Groenewald ·

Sterkte aan almal wat hier betrokke is. Al wat ek wil weet is die volgende: Hoe is dit moontlik dat die Leier v d EFF en ander onder hom en selfs ander, haatspraak kan goed praat en dit self doen, en hul kom niks oor nie. Hul het genoeg geld om uit die tronk te bly. Maar as ons as gewone burgers net n woord laat glip of so kwaad word dat ons rassisties optree is dit verkeerd. Wat moet nog gebeur voordat die mense wat haatspraak verkondig met hul gaaie in die tronk sit? Wat goed is vir die een is goed vir die ander. Ek dink hul moet sulke mense verban in SA.

Charmein Smith ·

Baie hartseer vanoggend hierdie was my stief boetie wat net goed was vir almal. Dis ook vir my baie snaaks hulle het die wagte verby gekom maar wat van sy honde wat hy gehad het, enige iemand het nie somer daar ingekom. Sy moeder is stukkend, sy is ook nie ‘n kind nie, was verlede jaar November 80 dit was die laaste keer wat sy hom gesien het.

Piet Pompies ·

Volgens ‘n berig deur ‘n ander nuus agentskap is R800 000 geroof. Die feit dat die rowers geweet van die tiener seun en die bedrag wat gesteel is laat mens wonder of dit nie ‘n “inside job” is.
Sterkte aan die familie.

Johannes ·

Niks anders as volksmoord nie…
Gelukkig bly ek nie in SA nie. Dink ook maar weer oor sogenaamde veiligheidswagte… totaal onbruikbaar.

Suzette ·

Ag Johannes jy so in die kol. Veiligheidswagte se salarisse weinig meer as R7000 per maand . Natuurlik gaan hulle met 12 en 16 uur skofte na ander opsies begin kyk. Hulle ook mense betaal dieselfde aan alles nes ek en jy. Waag hulle lewens vir BELAGLIKE ure. Kortom almal veiligheidswagte en ons deesdae se “SAPD”(nie almal nie) reik almal na beter opsies om bloot net te oorleef. Baie SAD om deesdae in SA positief te probeer bly.Ons getalle blyk te min te wees om terug te kap. Ons wapens moes ons ingee destyds. Nou is dit feitlik onmoontlik om ‘n wapen te bekom. Baie sterk sekuriteit is onbekostigbaar en help ook regtig nie veel nie. As hulle wil in sal hulle ja en dit gee jou kans om te probeer en as jy slaag om hulle af te weer en DALK te dood word jy vervolg en staar n moordklag jou in die gesig. As jy durf waag om iets te word jy voor die “Menseregte kommissie” gedaag word vir rassisme. So wat nou? Sal julle ASB daar in die buiteland nie maar ons berigte voor die mense le wat kan saak maak en n verskil kan maak nie. Eintlik, net eintlik is ons hande afgekap. Almal het idees maar weet jy eintlik kan niemand NIKS doen nie want DIE BLANKE het GEEN DEMOKRATIESE REGTE IN SA MEER NIE. Mag die Here jou seen en ook ons in SA. Ons het dringend HULP NODIG ASB, BAIE DRINGEND!!!!!!!!!

Dellaq ·

“Keep your friends close and your enemies closer”. Defnitief “inside” info. Bly om te hoor die seun en ma is fisies ok, die letsels gaan egter nooit weg nie. Baie jammer dat julle ‘n pa & man verloor het. Sterkte vir jul pad vorentoe.

Jaco Grobler ·

Sterkte Leon en familie, ons is vanmôre saam met julle hartseer, jou broer het sy beloning gekry om is nou in ‘n beter plek as ons, julle gaan nog so ruk lank moet baklei..

Leon Kirstein ·

Dankie Jaco. Ons onveilbare geloof in God en ons mense, is al wat ons hierdeur gaan dra. Dit is egter steeds tyd dat ons opstaan teen die sinnelose waansin en moordlustige elemente in ons mooi land. Daar is soveel gesinne wat van ouers, broers, metgeselle en hardwerkende mense beroof is/word … amper daagliks. Hendry het soveel werk verskaf en soveel mense se lewens ryker gemaak. Genoeg…is nou genoeg!!

What a joke! ·

Die aanslag om die blanke uit Afrika te druif sal nie stop nie en soms vra dan hoekom doen die regering niks!!! Gigigi hehe is mos al antwoord wat jy kry! Go figure!

Rhyno Kirstein ·

Ons Oom Henry , Yster van n Man en rots vir soveel gesinne en swaar harte daar buite..wat nooit skroom om te help steun en mense se laste ligter te maak nie..die Man waarna die liedjie verwys word “Die hanne van Ou-Man Jannie” ons sal jou mis en die is skoene wat nooit volgestaan sal word nie as iemand om na op te kyk…

R.I.V My Oom ???

Elsabe Liversage ·

Ai ou Henry ons harte is seer!! Rus in vrede ons vriend!

Zeus ·

Ek stem 100% saam met Danny. Mense sal hulleself beter moet begin bewapen. As jy op n kleinhoewe of plaas bly beter jou handwapen nie in die kluis wees nie. Selfs die persone in die stad moet bewapen wees. Dis nie so groot storie as wat dit na klink nie. Dit is n baie eenvoudige manier om jouself lewendig te hou in n slagveld.

Tina Swart ·

Nnnnneeeee Nnnnnnnneeeeee gaan dit so aanhou ,wie is volgende ek of jy? Wat gaan van ons kinders se kinders word ?

lizel ·

Wens dit was moontlik om plaas- en huiswerkers te laat gaan en alles self te doen. Soveel “inside info” wat hierdie aanvalle veroorsaak. Waar gaan dit stop? Hoeveel aanvalle moet nog in daardie area plaasvind voordat iets daadwerkliks gedoen gaan word.

Johan van Wyk ·

Hierdie moord op Henry is ‘n harde slag vir sy Familie, werkers en die hele gemeenskap waar hy gebly het. Hy was ‘n Groot Gees wat diep spore getrap het. Hy was die kern en deel van die top bestuur van die omgewing se Buurtwag en het baie geld, tyd, toerusting, opleiding, kennis en hulp verskaf om die mense paraat en veilig te kry. Juis daarom is dit so ‘n groot skok dat so iets met hom moes gebeur. Hy was ‘n sagmoedige reus en die toonbeeld van barmhartigheid. Ek raak altyd kwaad as ek lees van nog ‘n plaasmoord omdat die mense hulleself nie bewapen nie, maar soos ek verstaan het hulle hom koelbloedig geskiet nog voor hy sy vuurwapen kon trek wat hy aan hom gedra het. Hy was paraat, gewapen, het goeie sekuriteit, alarms, beams en selfs wagte gehad en ten spyte van dit alles is hy nog steeds vermoor. Daarom is dit so demoraliserend vir almal wat hom geken het en sy gemeenskap want hy was ‘n harde teiken en as hulle hom so koelbloedig dood geskiet het, watse kans het die res van ons in SA. Aan sy vrou Eva, seun Kyle sy ouers en swaer Ge, Julian en die werknemers van Super Rock Drill’s wil ek my innige meegevoel betuig en ons dra julle in ons gebede op. Ons is saam met julle hartseer oor julle groot verlies.

Elzabe van Der Westhuizen ·

Nou is werkers van hierdie huisgesin ook werkloos. Die arme vrou en seun sal vir seker kleinhoewe verlaat. Gestel hul 3 werkers gehad -is 3 huisgesinne ook nou werkloos en sonder voedsel -en 2 families se HAAT ook nou groter !! So is dit een bose kringloop daagliks !!!! WERKGEWERS /BOERE WORD VERMOOR , SO VERHOOG WERKLOOSHEIDSYFER OOK !! Regering MOET WAKKER WAKKER SKRIK !!!!

Leanne ·

Aan my liefste ouma grootjie, Tannie Loraine en tannie Eva… My innige simpatie met julle en die res van die familie! Ek bid dat Liewe Jesus jul sal dra.. Lief vir julle

Jos ·

” Hulle wou ook weet waar die egpaar se tienerseun was. ” lees berig. Dis ‘n aanduiding dat hulle dopgehou is of dat daar informasie van binne is oor geld ens. in woning want hulle het gevra oor kluis ook. My raaiskoot is informasie van binne.

Dis so jammer om te hoor, my hart gaan uit vir die familie. Mense, julle is naïf as julle dink almal kan vertrou word. Daar is goeies maar slegtes ook en hoe weet mens wie is wie, dus wees altyd voorbereid. My huis skoonmaker weet nie ek het ‘n kluis nie want sy het nie toegang tot area waar kluis is nie en daar is nooit geld in huis te sien nie. Haar salaris word per EFT gedoen. Selfone is ander storie, dit het almal. die wat moor vir selfone is waaragtig hardop vir ‘n paar sent.

amvi ·

Raak ontslae van julle HUISWERKERS en beveilig jou omgewing met elektriese omheining, beams, ligte ens. Meeste van die wagte by sekuriteit is deel van inbrake ens. Tensy jy jou sekuriteit REG kies.
Kan nie glo dat mense steeds so naief is met die “ag hulle is nie almal dieselfde nie” ?? Dis die probleem, jy weet nie maar hulle weet alles van jou. Selfs wat jy vir ontbyt en aandete gehad het. Hou nou op kla en doen die regte ding.

AL ·

Nogal n interessante artikel gelees dat die mede-stigter van die EFF tydens n Enca onderhoud gese het dat Julius Malema n groot leuenaar is. Julius Malema het saam met ANC lede (nie Zuma nie) in Mosambiek vergader. JM wil dat die EFF saam met ANC smee in 2019. Die brokkie inligting is interessant – daar was mos Mosambiekse burgers ook betrokke by van die plaasmoorde. Definitief n politieke komplot!

toy ·

Die skurke kom soos n weermag hulself altyd vyf of sewe om n misdaad te pleeg. Dit kan regtig nie so aanhou nie!!!!

AM ·

Ai, dis soo maklik om ‘n wag te word. Vandag werkloos en oor 3 maande pas ek jou op …

Catryn ·

Ons moet werk aan ons eie oorlewing – ‘n onafhanklike gebied. ALLE partye in parlement steun dan TRUSTGEBIEDE (bv Ingonyama Trust), wat niks anders is as die aparte Tuislande nie – daar is tans 11, Khoisan het ook hul Trustgebiede gekry. Hulle leef sedert 1994 in hul eie gebiede, en selfs voor dit, FW de klerk het dit geteken. Maar hy wou nie ons selfbeskikking/staat gee nie. Ons moet almal uitgewis word – hoe reg kan dit wees? AL ons menseregte word geskend, ons het internasionale reg tot selfbeskikking.

Politieke partye sit daagliks en keur 100de projekte goed volgens die CPA wet vir elke etniese volk, nou hoe nou? slegs die zoeloe kan uit zoeloe CPA voordeel trek. Of Khoisan, geen een van die etniese groepe staan onder een dak nie, hulle het elkeen hul eie wette en finansies wat hul uit ons belastinggeld ontvang. Dit is nie demokrasie nie. Dit is om ons uit te wis, met B-BBEE en misdaad – regering kry nog 14% van alle misdaad, vervangings, mediese onkostes, ekstra kamera’s, ekstra versekerings, kapings… ens.

Ons moet uitkom uit die kommunistiese nessies.

Felicity Janse van Rensburg ·

Die kwaaddoeners hou mens dop. Hulle hou jou dop vir tussen 3 weke na 3 maande om jou roetine, wie, wat, waar en wanneer te ken. Daar is ook altyd ‘n insider wat help dat hulle inkom en wanneer die beste tyd is om aan te val. Dis erg en ek dink nie mens het regtig ‘n besef wat die slagoffers deurgaan totdat jy dit self deurgaan nie. Die seer en woede is oorweldigend en daarna om ‘n nuwe “normaal” te kry. Ek glo nie mens vergeet dit ooit nie.

Santjie ·

Woorde nie meer….maar lankal n noodtoestand in ons land en steeds word dit nie aangekondig nie
Baie baie sterkte aan hierdie familie en dat God julle net omvou en styf vashou. Baie hartseer met julle saam

Coenraad ·

Vroer daai middag het ek,oom en oom se seun lekker gelag en gegrap…..maar nou is dit stil en die tafel in die werkwinkel is leeg. oom is en was soos n pa vir my. Ek is dankbaar dat ek in oom se lewe was en oom in myne. Sterkte aan tannie Eva en ek sal mooi na haar kyk oom dis n belofte. Lief jou en mis jou!!!!!!!

H.R ·

Hier is ‘n slang in die gras. Hoe weet die rowers dat hul ‘n tiener seun het. En waarom is die wagte nie erger beseer of geskiet nie, maar net vasgebind en oor die kop getik, hoekom dan die arme man dood skiet.

Es ·

Ek kan alles beaam wat Johan v Wyk hierbo gese het. As daar n parate ou in ons kontrei was dan was dit Henry. Reg of verkeerd, maar dis van die dinge wat rassisme en rassehaat bevorder. Die organisasies teen rassisme kan gerus eerder na sulke sinnelose Dade kyk. Jy gaan ook nie met wette rassisme of misdaad hokslaan terwyl die Anc en EFF aanhou on n kultuur van entitlement the verkondig nie. Sterkte aan Eva, familie en vriende. Eendag sal ons alles verstaan.

Marisa ·

Baie sterkte aan die hele familie, wekers en gemeenskap wat baie lief was vir Hendri!!
Hendri en Eva is my direkte bure – n wonderlike man wat soo baie vir ons en die gemeenskap gedoen het!
Sy dood los n groot gat in ons gemeenskap.

Pastoor ·

Was darem self 12 jr in die weermag. Hierdie is n inside job. Die tip kom dalk van die bank. Het verseker geweet van alles in die huis. Die *wagte* net te maklik oorval. Wagte loop nie saam nie. Dan gesels hulle. Hulle moet seker 2 rigting radios dra. Begin soek by wie weet van die cash inni huis. Here hel9 asb hierdie mense. Laat die skelms gevang word

Christi ·

‘Inside job’ beslis!! Gewapende veiligheids wagte word net oor die kop geslaan. Die ongewapende slagoffer word geskiet. Wat se bedreiging kon hy wees? Sy 1ste prioriteit sou sy vrou en sy eie veiligheid wees. Hierdie is nog n rasse haat moord. Sterkte!!

Steve de Klerk ·

Ek is n vorige inwooner van die Mooiplaas gemeeskap en het nie woorde nie Henry was n besonerse persoon met n hart van goud en het baie keer sy lewe in gevaar gestel om ander mense te help in nood RIP Henry

At ·

Hartseer, so onnodig, hoeveel nog? zuma & malema se rasistiese uitsprake is ‘n regstreekse uitvloeisel na wat huidiglik in ons land aangaan. Daarom sal die regering niks omtrent hierdie blanke moorde (op plase en in stede) doen nie. Hulle kweek hierdie klimaat vir geweld, maar hulle dag sal kom, ons as Afrikanervolk moet net vashou aan ons geloof en op Hom vertrou hoe moeilik ookal, Hy is almagtig, nie zuma of malema nie.
Aan Hendry se familie, in ons harte en gebede is ons met julle, sterkte in hierdie moeilike tyd.

Maureen verster ·

Kan ons Suid Afrikaners nie oorsee klagtes indien en vra vir byvoorbeeld America of Brittania vir hulp nie. Is daar nie iets soos n werelds hof nie. Kan ons nie op Internet iets doen nie. Almal moet die minister van veiligheid dagvaar. Hy sit net. Hy moet die land veilig hou. Dis sy job. Ons burgers se veiligheid hang van hom af. Dagvaar hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.