Egpaar op spog-landgoed doodgeskiet

(Argieffoto: Nico Strydom)

’n Egpaar en hul dogter is Dinsdag vroegoggend in wat lyk soos ’n gewapende roof in hul huis op ’n landgoed in Elandsfontein, Gauteng, geskiet. Die egpaar is op die toneel dood verklaar. Hul gewonde dogter is intussen na ’n hospitaal gehaas.

Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noordstreek, het aan Maroela Media gesê die voorval het vermoedelik tussen 04:00 en 06:00 op die Fly Inn-landgoed, sowat 24 km van die OR Tambo Internasionale Lughawe, plaasgevind.

Volgens Coetzer het drie aanvallers toegang tot die huis verkry waarna die man in die kop en sy vrou in die bors geskiet is. Die egpaar se dogter, vermoedelik in haar 20’s, is in die voorval in albei haar bene geskiet.

“Dit blyk of die [man] se liggaam in die sitkamer gevind is. Die vrou is in die gang op die tweede vloer gevind.”

Luidens inligting het paramedici die vrou op die toneel behandel voordat sy aan haar beserings beswyk het. Die egpaar se dogter is vanoggend per lugambulans na ’n hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Volgens Coetzer is ’n beursie en skootrekenaar gesteel. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die owerhede is in dié stadium steeds op die toneel.

Maroela Media het ’n navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Rudolf ·

Twee lewens vir `n beursie en skootrekenaar ? Ons is dieper in die moeilikheid as wat ons besef…….

Jannie van Niekerk ·

‘n Landgoed volgens my definisie is ‘n plaas .Nou word ‘n plaasaanval alweer net ‘n rooftog genoem. Misdadigers neem die SAPD nie ernstig op nie want hulle weet die regering is seekre misdade goedgesind. Plaasaanvalle en korrupsie is maar net twee om te noem.

Misky ·

Dit raak nou daagliks erger en erger….. Iets sal daadwerklik gedoen moet word en bid alleen werk nie. Ons sal self moet opstaan en standpunt inneem

Werner ·

Wel soos die mense geskiet is lyk dit eerder of hulle daar was om hulle dood te maak lyk nie soos n roof nie

Louis ·

Dit is hul doel.om te moor.ons staatspresident se gevangenis wat losgelaat word

Monique ·

Rooftog !!! Die man is geteiken hulle het presies geweet wat hulle doen en wat sy roetine is.

Andre ·

Wat kan mens nog byvoeg as jy reeds gister en eergister se naasbestaandes sterkte toe gebid het en hoop en bid more se gevalle dalk verhoed sal word…..
EK WIL NIE MEER ‘N DEEL VAN DIE SA WEES NIE !!! maar waarheen ?

Racheltjie Debeer ·

Waar was dit landgoed se sekuriteit dan? Mense gaan bly juis op hierdie landgoedere vir veiligheid.

Karen ·

Omdat jy in so ‘n Estate bly beteken nie jy is nie deel van SA nie. Die kriminele element kan ook daar binne bly.

OW ·

Die sekuriteit weet presies wie bly waar en wie werk waar en ken al die voertuie en bewoners se bewegings.Ek weet van gevalle en ek veralgemeen nie,waar die sekuriteit die inligting uitgee het, wat aanleiding gee tot misdaad.

Annelize ·

Dis soos ek met die Brand moorde gese het, roof is ‘n bonus. Dit gaan om uitmoor en uitwis.

marius ·

Korrek . En moet vir geen oomblik dink dit word nie beplan nie .

Sobymykoolkop ·

By taxi staanplek word 3 geskiet, en dadelik word 72 uur plan geaktiveer, laat my nie meer wonder nie, ek weet….

Jannie van Niekerk ·

Onthou, die wat by die Taxis geskiet is was swart. Wanneer dit wittes is wat vermoor word, gee die rering en sommige SAPD lede wat ANC goedgesind is , glad nie om nie.

Marianna ·

Die wittes bly nog steeds te stil. Niemand hoor hulle of sien hulle nie. Ons kruip weg in ons selfgemaakte tronke terwyl ons voortbestaan daarbuite geplunder word. Witjag is deesdae soos trofee skiet.

Aai ·

Kan dit Midstream wees naby Olifantsfontein klink meer na daar.

Magda ·

– pasop what goes around comes around – o my o my that will be the best time to do it – what goes around come around – Pasop – Pasop – Pasop

Wielspore ·

Die tyd is al lank al verby dat die polisie na jou veiligheid gaan omsien, tref jou eie voorsorg, raak betrokke by jou buurtwag (verskeie ander name). Wees ingelig, sit kameras op, vooraf waarskuwings toestelle kom in radio verbinding, wees paraat.

C-Monster ·

Dit raak nou oorlog en elkeen-vir-homself, terwyl die polisie drank en skelm sigarette “polisieer” . . . .

JohanR ·

Sal graag wil weet wie die mense was en wat hulle beroep/e was? Die lyk soos ‘n “hit” en nie ‘n plaas of huis in breek aanval nie. Was hulle advokaate, of betrokke in ‘n hof saak, of sou teen iemand getuig?

Gemaskerde Sopbeen ·

Kom Mnr’e Ramaphosa en Cele, lig julle sterre en doen iets daadwerkliks.

J ·

Waarom is dié spesifieke huis tussen baie huise, geteiken?

Die moordenaars het vooraf geweet waarna hulle soek? M.a.w. hulle het vooraf inligting ontvang?

Van wie?

Nic ·

ramaposa kort n bril en n kopdokter of hy keur die moorde goed

Anoniem ·

Ek vra my nouself af waarheen is ons land op pad???? Die Staatspresident is nie meer bekommerd oor die moorde nie maar bla bla bla maar net oor korrupsie en daar word niks aan gedoen nie!!!!! Kotze

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.