Egpaar op Vrystaat-plaas aangerand

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Egpaar is Saterdag in die vroeë oggendure deur twee aanvallers oorval en aangerand op hul plaas in die Verkykerskop-gebied in die Vrystaat.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar, onderskeidelik 68 en 63 jaar oud, het geslaap toe die geluid van ʼn venster wat breek, hulle wakker gemaak het. “Hulle het gaan ondersoek instel en twee verdagtes met balaklawas het op hulle afgestorm,” het Mophiring gesê.

Die verdagtes het die egpaar glo met ʼn onbekende voorwerp oor hul koppe en hande geslaan, voordat hulle met selfone, bankkaarte, ʼn onbekende bedrag kontant en die egpaar se dubbelkajuit-bakkie gevlug het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het die egpaar op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal in Newcastle gehaas is. Volgens Mathe het die egpaar matige beserings opgedoen.

Mophiring kon nie onmiddellik die egpaar se name bevestig nie, maar hulle is op sosiale media as Bertus en Trudie van Wyk geïdentifiseer.

Mophiring het gesê polisie is op die uitkyk vir ʼn grys Mazda Drifter-bakkie met die registrasienommer DPN 531 FS. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek en niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Enige persoon wat die bakkie opmerk kan dit by Crime Stop by 08600 10111 aanmeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Andrea ·

Ek sou graag wou hoor wat die twee vuilgoed die egpaar toegesnou het tydens die aanval… seker enige iets behalwe rassistiese opmerkings. Ek dink alle blankes wat aangeval word moet n punt daarvan maak om die haatspraak en rassisme wat met die aanval gepaard gaan ook aan die grootklok te hang. En dan sommer politici wat die voorbeeld stel met haatspraak te dagvaar vir die aanval.

Chrisjan ·

Geen een van die liberale media sal eers die moeite doen om uit te vind wat word gese nie, wat nog van dit publiseer.

Sakkie du Plooy ·

En wat van poging tot moord? Haatspraak aan die grootklok hang? Watter koerant sal bereid wees om dit te dra? Hopelik Maroela Media wel.

Gatvolverby ·

Net ‘n saak van huisbraak?? Nie aanranding met die bedoel om ernstig te beseer nie?

Joann ·

Dit is nie meer nuut nie,dit gebeur gereeld en niks word daar aan gedoen nie,te bang dan stem hul nie vir zuma se party.

Francis Linstrom ·

Ons mense moet leer, in SA gaan jy nie meer ondersoek instel na vreemde geluide as jy nie tot die tande toe gewapen en slaggereed is nie.

Frederik ·

Veral as jy op ‘n afgeleë plaas wakker word van ‘n venster wat breek.

humor ·

Meneer waar was jou vuurwapen? Jy kon SA n groot guns bewys het. As jy weer so iets hoor, vat jou vuurwapen saam of le en wag vir hom in jou bed. daarna kan jy vir jou n lekker koffie gaan maak.

Koos ·

Ek stem saam hoekom luister en leer hierdie boere nie julle is sagte teikens hulle moet bang wees om ‘n plaas aan te val 90% van die gevalle kom die boere tweede draai hierdie statistieke om.

Marinda Meyer ·

Frederick en ander, weet nie waar julle inligting vandaan gekry het nie maar moet asb nie kommentaar lewer wat daarop sinspeel dat die boer nou kwansuis nie paraat was nie. Hulle het nie wakker geword van ‘n venster wat breek nie ( dié is in elk geval netjies uitgehaal en nie gebreek nie) maar van aanvallers wat reg langs die bed staan met ystersparre gereed om die eerste houe mee toe te dien. Waar en hoe gryp jy dan jou geweer al is hy hoè naby?

Rosa ·

Hier gaan niks van kom nie. Dit was moord en dit is aanvaarbaar. As die plaasboer terug geskiet het sou daar groot probleme gewees het vir hom. Dan was daar ‘n hof saak teen hom en die saak sou baie publisiteit gekry het , areme twee moordenaars. Ek ken baie ou mense wat hulle wapens gaan terug gee aan die polisie, wonder hoekom. Ek sou dink mens moet jouself kan verdedig teen sulke moordenaars.

Idee ·

Maroela, wil julle nie dalk n gereelde skrywer soos n securities spesialiseer oud speurder kry wat artikels skryf oor hoe ons meer paraat vir aanvalle kan wees nie? Te veel mense maak foute soos gaan stel ondersoek in of is op een of stel hulself onnodiglik bloot waar hulle iets beters kon doen, maar ons moet leer van die dinge, wat om te doen en nie te doen nie. So asseblief Maroela, kennis is mag, en ons moet leer om die situasies beter te hanteer.

Johannes Meintjes ·

Die boom word aan sy vrugte geken. Duidelik het verbeterde GPF, groot en nimmereindigende Afrikaner berade en die SAPD prioritisering van plaasmoorde (praat ons van prioriteit in die pleeg, voorkoming of ondersoek nadat die skade reeds plaasgevind het?) nog geen oortuigende en voorkomende effek op die grond nie. Blanke Afrikaners en boere bly die teikens van onboetvaardige dade in SA. Maar, … die burgers self bly skynbaar ook in gebreke en/of versuim om alle moontlike, vindingryke en in-geoefende selfbeskermende optredes te implimenteer vir die persoonlike, perseel en bure se beveiliging.

John ·

Hoeveel plaasmoorde was witmense op witmense? Syfers asseblief AfriForm.

Jan maak n Plan ·

En daar word oorsee 49 mense geskiet en die hele wereld reek hiesteries, daar word boere aangeval op hulle plase en die wereld druk hulle koppe in die sand soos n volstruis. Ek dink dis hoog tyd dat ons as boere bietjie meer begin skiet. Miskien sal die volstruise hulle koppe dan uit die grond haal.

Asseblief ·

Die 2 hierbo SLAAN DIE SPYKER OP DIE KOP Kom agri !!! Begin ALLE BOERE verplig om 100℅ PARAAT te wees en help met die kostes en regsaspek. ASSEBLIEF

Tia ·

Frans, die manier hoe dit in die koerante vertel word is nie altyd 100% korrek nie. Daardie oom en tannie is ons bure… Hy het regop gekom toe die skelm met sy selfoon liggie aan in die kamer inkom. Hy is dadelik bewusteloos geslaan, en die tannie kon nie eens uit die bed kom toe val die houe al op haar kop. Sal jy mans genoeg wees om dit vir die oom en tannie te vertel wat jy so graag op die skerm tik? Mag dit enige van julle “slimmes” nie oorkom nie. Wat moes die oom maak? Moes hy sy kop onder die kombers ingedruk het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.