Egpaar op Wes-Kaapse plaas oorval

Argieffoto

’n Egpaar is Dinsdagaand op hul plaas buite die Paarl in die Wes-Kaap deur gewapende aanvallers oorval.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê die 56-jarige man en sy vrou (ouderdom onbekend) is omstreeks 22:15 deur vier gewapende verdagtes aangeval.

“Die verdagtes het met huishoudelik goedere en die egpaar se Citroën gevlug. Niemand is tydens die aanval beseer nie en niemand is al in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.”

Die polisie het die publiek gevra om op die uitkyk vir die motor te wees. Dit is ’n wit 2014 Citroën DS3 met die nommerplaat CA 901000. Enigiemand met inligting oor die voorval of wat die motor gewaar, kan Crime Stop kontak by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Einde? ·

Einde? Die aanvalle op plase deur ‘verdagtes’ kry net nie einde nie!!
Inteendeel is daar nie ‘n einde aan ernstige misdaad in hierdie eens veilige land.
Ek vertrou dat die klag ‘gewapende roof’ nie vergeet sal word.

Jeannette ·

Liewe land, is ons boere in die Wes-Kaap nou nie eens meer veilig nie? Ek was tot nou toe nog redelik gerus – die gemors het mos hoofsaaklik in Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes geopereer. Nou kom die Wes-Kaap ook aan die beurt? Seker al die inboorlinge wat die ANC so uit die Oos-Kaap invoer voor ’19 se verkiesing. Ons moet standpunt inneem – as werkgewers – en slegs mense wat kan bewys dat hulle in die Wes-Kaap gebore is, in diens neem. Die maatskappy vir wie ek werk, doen dit reeds.

vrikie ·

Ek het 3 inbrake gehad in my eerste maand in die Paarl, komende van die Karoo was dit vir my skrikwekkend.
Ek het egter tot besef gekom dat niemand gevrywaar is teen misdaad, maak nie saak waar jy gebore is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.