Egpaar op wildplaas aangeval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar is op hul wildplaas naby Hazyview in Mpumalanga aangeval deur vyf mans wat glo gedink het die egpaar het ʼn renosterhoring in hul besit.

Ken Robertson, ʼn raadslid van die DA, sê die aanval was op die egpaar se wildplaas, noord van Hazyview, naby die Krugerwildtuin.

Robertson sê die egpaar is Maandagaand deur minstens vyf mans aangeval. Hy sê die aanvallers het glo gedink die egpaar het ʼn renosterhoring in hul besit.

Hy sê David Powrie is 12 keer met ʼn mes gesteek en sy vrou, Loma, is twee keer gesteek. Die egpaar word in ʼn hospitaal behandel.

David is die Laeveld se verteenwoordiger van die Wildbewaardersvereniging van Afrika.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, kon nie die voorval bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Karl Burger ·

Waar en hoe gaan dit alles stop ? . Mense wat hierdie mense teiken is ongelig asook lafaards . Sterkte aan die gesin asook families .

Martie ·

Snert!!!!!!!!! Waar het jy nou in elk geval gesien dat hierdie moordenaars kan dink. Dit sal stop! as die WET “dink” dat hulle renosters is en hulle horings verwyder. Ek raak so opstandig omdat ons land wetteloos is en dat ALMAL wegkom met moord.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.