Egpaar op Witrivier-plaas aangeval

Argieffoto: Lorraine Claasen

Die Witrivier-polisie in Mpumalanga het ʼn soektog van stapel gestuur na twee verdagtes wat ʼn egpaar op ʼn plaas in die omgewing aangeval en beroof het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die aanval het Saterdag omstreeks 11:00 plaasgevind toe die egpaar van die dorp af teruggekeer het.

“Volgens inligting tot die polisie se beskikking het die verdagtes skielik vanuit nêrens hul verskyning gemaak, ʼn vuurwapen op die egpaar gerig en hulle vasgebind,” het Bhembe gesê.

“Die twee het toe die vrou in die huis in geneem en die man buite gelos.”

Binne die huis het hulle die kluis oopgebreek en vier .38- spesiale rewolwers, ʼn .303-jaggeweer, ʼn haelgeweer, ʼn .22-geweer en ʼn teleskoop asook verskeie ammunisie gesteel.

“Die man kon intussen daarin slaag om homself te bevry en het na die hoofpad gehardloop om hulp te ontbied, waarna hy ʼn veiligheidsmaatskappy gebel het.”

Die verdagtes het glo probeer om die egpaar se Nissan 1400-bakkie te steel, maar kon nie daarin slaag nie. Hulle het egter die egpaar se silver Mercedes-Benz gesteel en daarmee met hul buit op vlug geslaan.

ʼn .38- spesiale rewolwer is later by die hek gevind en op beslag gelê.

Die verdagtes en die egpaar se voertuig, met die registrasienommer FNG 547 MP, is steeds soek.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, of as hulle die voertuig opmerk. Skakel ao. Joubs Joubert by 082 7144 983 of Crime Stop by 08600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

Die polisie moet maar ‘n beloning aanbied vir inligting oor waar hulle is. Dit werk, soos gesien in die geval van die Alexandria boer.

Annie ·

Net ‘n gedagte wat deur my kop gaan terwyl ek hier lees. Waar is die “fop kluis”? Waarom is die vuurwapens nie weg gebere in ‘n kluis wat versteek word nie? Is ons besig om hulle te voorsien van wapens ook. Net ‘n gedagte…..

Winston ·

Goeie vraag. Wapen eienaars moet ook maar begin met “graslêers” Versteekte wapens wat nie in n kluis gebêre word nie.
Ek wonder lankal wat is die doel van n verpligte kluis, as dit so maklik is om te beroof?
Daar is honderde maniere

Cherokee ·

Fopkluis – pragtige gedagte!
En Maroela, as julle die woord ‘verdagtes’ met ‘mans’ vervang het, het julle jul steeds aan geen oortreding gepleeg nie.

alwyn burger ·

.38 spesiale rewolwer?????. Lagwekkend. As jy dit reg wil skryf : .38 “Special” rewolwer. Om alles te verafrikaans is om Afrikaans lagwekkend te maak.

Skokkend ·

En so gaan dit net aan maar die regering is in denial, inteendeel hulle staan alle optogte en petisies tee waarin die waarheid uitgebring word.

Willie ·

Hi Alwyn, dis die spelteotser op rekenaar wat die doen… as ek dis tip, verander dit na did… MM, miskien moet jul n afrikaanse speltoetser koppel aan die kommentaar…

Werner ·

Alwyn ek stem 100% saam met jou rewolwer in kluis beteken niks verkoop dit liewer as jy dit nie wil dra en gebruik nie al is hy hoe spesiaal ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.