Egpaar, sakeman maak reuseskenking vir behoeftiges

Van die kos wat geskenk is (Foto: Verskaf)

’n Sakeman, sy vrou en hul jarelange vriend van Hillcrest in Durban het hul harte oopgemaak en verlede week ’n vier ton vragmotor vol kos aan Helpende Hand se Margate-tak in KwaZulu-Natal geskenk. Dié kos sal deur Helpende Hand aan behoeftige families aan die KwaZulu-Natalse kus, van Ifafa tot Port Edward, versprei word.

Die egpaar, Mike en Diane Lohrentz, het deur ander mense van Helpende Hand se projek om behoeftige gesinne ten tyde van die afsondering by te staan te hore gekom. Hulle het die Helpende Hand se Margate-tak verlede week gekontak en gesê hulle wil graag ’n bydra tot die verspreiding van kos aan families in nood maak.

Die egpaar en hul vriend Wayne Johnston, ook ’n sakeman van Durban, het toe verlede Donderdag die vier ton kos vir dié Helpende Hand-tak geneem. Dié skenking vorm deel van Helpende Hand se Josef silo’s-projek aan die Suidkus.

Angelique Janse van Rensburg, hulpmaatskaplike werker van Helpende Hand se KwaZuou-Natal se suidstreek, sê volgens Diane het God dit sedert die instel van die afsonderingtydperk swaar op haar hart gedruk om iemand in nood in dié tyd te help.

“Elke keer as ek vir hulle dankie sê vir die reuseskenking, dan sê Diane dit kom nie van hulle af nie, maar van God,” vertel Janse van Rensburg.

Janse van Rensburg sê hulle het teen Maandag 12:00 reeds 38 gesinne met dié kosskenking gevoed.

Die drie weldoeners gaan vandeesweek nog vragte vol klere vir dié Helpende Hand-tak, wat op hul beurt sal sorg dat dit by Ons Winkel in die Suidkus afgelewer word, skenk. Hulle beoog ook om nóg kos teen volgende week vir hulle af te laai. Hulle beoog om soortgelyke skenkings as deel van ’n langtermyn projek aan Helplende Hand te maak.

“Diane, Mike en Wayne het ’n netwerk van mense regoor die KwaZulu-Natalse kus bymekaar gekry, wat kos links en regs vir ons gaan insamel,” vertel Janse van Rensburg.

Van die kos wat geskenk is (Foto: Verskaf)

“Die Here werk op wonderbaarlike maniere. Ná elke skenking het ons op ons knieë gegaan en die Here gevra om ons met ’n volgende skenking te help. Diane het weer op haar knieë gegaan en die Here gevra om haar te wys hoe sy in die gemeenskap kan terugploeg. En só is ons albei se gebede verhoor en ons het bymekaar uitgekom,” vertel Janse van Rensburg.

Die Helpende Hand-tak in Margate is met die instel van die afsonderingstydperk heropen en kon tot dusver sowat 190 gesinne van kospakkies voorsien. Janse van Rensburg sê tussen 20 en 30 mense vra daagliks vir kospakkies.

AfriForum se Margate-tak asook Round Table, ʼn nie-winsgewende organisasie in Margate, werk ook hand aan hand met Helpende Hand om kospakkies aan behoeftige families te skenk en te versprei. Die VF plus dra ook finansieel by tot dié projek.

Helpende Hand het sedert die instel van die landwye afsondering landwyd nagenoeg 6 510 gesinne en 420 instansies soos ouetehuise en kinderhuise wat in nood verkeer, van kos voorsien. Skenkings kom van die publiek en die private sektor regoor die land.

Helpende Hand het Vrydag die jongste skenking van R5 miljoen se kosvoorraad van die Douw Steyn-familietrust, Steyn City Properties en Telesure Investment Holdings (TIH) ontvang. Dit volg skaars ’n week nadat dié trust en maatskappye R2 miljoen se kos aan Helpende Hand geskenk het om landwyd te versprei.

Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand, sê die bykomende skenking is ’n getuigskrif dat hul strukture werk en effektief en betroubaar is. “Baie meer gesinne en instansies kan nou gehelp word en daarom sal ons enige dreigende nasionalisering en staatsbeheer van kosskenkings aan ons teenstaan,” sê Noëth.

“Ons ontvang nou ook aansoeke van gesinne wat nie gewoond is daaraan om vir kos te vra nie. Dit is middelklas gesinne wat eers kos gehad het om te oorleef, maar weens die pandemie is hulle laaste kos klaar en daar is nie ’n inkomste om nog aan te koop nie. Bejaardes in selfsorgeenhede sukkel ook omdat hul ondersteuningsnetwerke nie meer daar is nie,” sê Mariana Kriel, Helpende Hand se streekskoördineerder van Gauteng-Noord.

Van die kos wat deur dié drie weldoeners geskenk is (Foto: Verskaf)

Met die instel van die afsonderingstydperk het die Solidariteit Beweging sy noodfonds van stapel gestuur om onder meer kinders en bejaardes met noodvoeding te help. Ná die jongste skenking het dié fonds nou al sowat R14,5 miljoen ingesamel.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die nood in die gemeenskap is en bly groot.

“In hierdie krisis moet hulp nie gesentraliseer word nie, maar moet gemeenskappe juis in staat gestel word om mekaar te help. Hierdie reuseskenking van die Steyn-familietrust stel die gemeenskap in staat om dit te doen,” sê Hermann.

Helpende Hand wil verwarring opklaar deur die publiek in kennis te stel dat die Solidariteit Beweging se noodfonds nie met die regering se Solidarity Fund verwar moet word nie.

Besoek www.krisisfonds.co.za om die Solidariteit Beweging te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Pompies55 ·

Pasop vir organisasies al is hulle wit.Hulle help net vriende en familie

Fedup ·

It’s good to see people helping those in need. But, my mom taught me. Never ever let one’s good deeds been known. It is yours alone. Not the worlds.

Annelie ·

Die Bybel leer ons dat die een hand nie mag weet wat die ander hand doen nie

Harold ·

Prys die Here.Vertrou Hom vir die mense wat dit nodig het!!

ElizeK ·

Julle moet hoop Lefusi kry nie die berig onder oë nie, want dan is die hel weer los.

Raadslid ·

Daar is ‘n klomp liberaliste in Natal wat erger As Lefusi is….

Jaco ·

Bly daar dan arm wit mense aan die natalse suidkus? Laas toe ek daar was het alles baie luuks gelyk.

JohanR ·

Ek dink Helpende Hand gee aan enige iemand waar daar honger en behoeftyd is maak nie saak van velkleur. Die verskil is dat dit met Helpende Hand, en enige iemand anders as die ANC, by behoeftiges uitkom en nie opeindig by ‘n ANC Minister of raadslid se huis, wat die weer verkoop vir wins. Viva Rotten ANC Viva!!

Raadslid ·

Kom ons hoop dit val nie in die hand van die liberales nie, anders kry die regte mense dit nie.

Duck ·

Oppas julle,
Hier in Seepunt het die ou ook uitgehelp met kos uit deel toe steek hul sy kar aan die brand
Hou op die goed in die media bespreek en doen dit meer profesioneel (sonder die sensasie) dat jou naam en blyplek in die media adverteer word!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.