Egpaar sê gewapende roof was nié rasse-aanval

Darrel Vos is in die bene geskiet, maar sy vrou, Jacqui, het ongedeerd van die rooftog by hul huis in Henly on Klip afgekom. Foto. Facebook

ʼn Egpaar van Gauteng, wat verlede week die slagoffers van ʼn gewapende rooftog by hul huis was, sê hulle is omgekrap omdat dié voorval nou gebruik word om rassehaat in die sosiale media aan te blaas.

Darrel (58) en Jacqui Vos (65) is Vrydag 5 Oktober in hul huis op Henley on Klip, naby Meyerton, beroof nadat Jacqui die voëlhok van buite af binnetoe wou bring. “Drie mans het my ma oorval en haar by die huis ingedwing,” vertel hul dogter Mandy Werner. “My ma het op my pa, wat in die hoofslaapkamer was, geskree om sy vuurwapen te kry.”

Een van die rowers, wat volgens haar almal besonder welgeklee was, het sy hand oor Jacqui se mond gesit en haar in die kamer se rigting gedwing. “Toe my pa by die kamer uitkom om sy vuurwapen te kry en te kyk wat aangaan,” vertel Werner, “het een van die rowers hom baie professioneel in die dye geskiet om hom te immobiliseer sodat hy nie op hulle kon skiet nie, nie om hom dood te maak nie.”

Die drie rowers, by wie nog twee intussen aangesluit het, het haar ma op die aantrekkamer langs hul kamer se vloer laat lê terwyl hulle, volgens Werner, haar “met respek” in Afrikaans as “Mamma” aangespreek en meermale kom vra het waar in die huis hulle waardevolle items kon kry.

“My ma is ontsettend godsdienstig en het die hele tyd hardop lê en bid sodat my pa, wat nie kon beweeg nie, kon hoor sy is oukei,” vertel Werner. “Sy was toe en is nou nog wonderbaarlik kalm. Alles wat die rowers by haar wou weet, het sy vir hulle gesê.”

Sy sê Jacqui het kwaai in die sosiale media deurgeloop omdat sy aan die dagblad  Beeld gesê het sy het hul aanvallers vergewe. “Mense was ontsteld omdat sy ongedeerd is, maar my pa seergekry het. Hulle wil weet hoe sy kan sê sy het die rowers vergewe as dit my pa is wat beseer is, nie sy nie.”

Maar Werner vertel haar ma glo die Heilige Gees het haar en haar man beskerm. “Dit kon soveel erger gewees het, maar daar is geen sprake van ʼn rasse-aanval of ʼn plaasaanval, soos party mense beweer nie.

“Hulle het ʼn paar donkies wat hulle as troeteldiere aanhou en woon beslis nie op ʼn plaas nie. Hulle is nie boere nie. My pa werk as ingenieur op Nigel en my ma het afgetree.”

Werner sê die rooftog was geensins wreed (“brutal””)nie. “Hulle het gevat wat hulle wou hê en is stil-stil daar weg. Nog nie een is aangekeer nie. Hulle het handskoene gedra, maar was nie vermom nie.”

Haar ouers distansieer hulle van enige uitlatings deur vriende, familie of sosialemediagebruikers “wat bydra tot haatspraak”, en glo vas hulle was “net misdaadslagoffers” sonder dat die rowers bybedoelings gehad het.

Darrel is sedertdien drie keer in die Milpark-hospitaal in Johannesburg geopereer. “Die bewerings in die sosiale media dat die operasies elkeen vyf uur geduur het, is onwaar. Geeneen was langer as ʼn uur en ʼn half nie,” sê Werner. “Hy het penne in sy bene gekry om die versplinterde bene te heg en ons glo vas hy sal weer loop.”

Sy vertel dis moeilik om Darrel se gemoedstoestand te bepaal omdat hy sterk middels teen die pyn kry en drie keer vir operasies verdoof is, maar haar ma is “baie positief”. Haar pa gesels wel met hulle en het ʼn eetlus.

“Die koeëls sal nie verwyder word nie; nie omdat dit te gevaarlik is [soos in die sosiale media beweer word] nie, maar omdat die chirurg nie die weefsel in sy bene wil beskadig nie.”

ʼn Lang herstelpad wag op Darrel, maar Werner glo hy sal binnekort met rehabilitasie kan begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

135 Kommentare

Spook ·

Ja nee Cheryl…. Is okay roof en skiet ons maar… Maak my net asb tog stil in Afrikaans “Mamma”

Liezl ·

Dis baie ‘weird’, hoekom sal sy dan in die eerste plek geskree het dat haar man sy vuurwapen moet uithaal as sy dink dit was nie gewelddadig nie? En toe sy hardop bid vir haar man dat hy kan hoor dat sy ‘ok’ is, maar hy lê in pyn. Sy’t nie eens gewonder of hy ok is nie?

Seeskulp ·

Ja nee vra ek ook…net die feit dat hulle niks daar verloor het en die mense aangeval, geskiet, en beroof is is gewelddadig! Ons mense se siele ly net soveel skade na so iets. Hulle motief was beslis nie om tee te kom drink nie.

Derek Le Roux ·

As hulle gewapen was en het jou geskiet met die doel om jou te imobiliseer dan was dit geweldadig, selfs al was hulle wel geklee het hulle vuurwapens gebruik om hul misdaad te pleeg, wie weet, volgende keer mag jy nie dalk so gelukkig wees nie tannie.

Hannatjie ·

Nie gewelddadig nie, en tog is die man in albei sy bene geskiet??

Geweld ·

Geskiet in die dye……3 operasies……geensins gewelddadig……. okay dan……

Hannetjie ·

Ai mens, dit is hoe die mense dit ervaar het.Dalk skrikkerig nie te veel oor die voorval te se nie…maar is virseker nie ‘n ‘welwillendheidsbesoek’
gewees nie.Net te geweldadig.

Haan ·

Moenie onder die hoenderboom staan – en as die hoenders op jou kop dinges – sê dis die Here se wil nie

Carlien ·

Nie gewelddadig nie maar in albei bene geskiet????? Nou wanneer raak dit gewelddadig vra ek julle met trane in my oe??? Ly die arme vrou aan vertraagde skok dat sy nie kan insien hoe gewelddadig dit was nie net omdat hulle mooi in Afrikaans met haar gepraat het!!! Nee jinne my brein sukkel om dit te verwerk… ek verstaan waragtig nie…

Foxi ·

Jammer wat gebeur het vroutjie. Ek was ook so met respek behandel toe ek geroof was, maar glo vir my, na 3 ure het die skok my oorval en ek het van my kop afgegaan. En ja, dit kon erger gewees het. Ek was ook kalm terwyl hulle my juwele ensv gevat het, ek was glad nie in vrees nie. Vergewe……..? Nee, bitterheid het ingetree, maar ek het vir hulle gekyk terwyl hulle weggery het, het ek wel gesê, mag die Here julle vergewe. Maar weke later is van hulle wel gevang toe hulle my kredietkaarte probeer gebruik het. Probeer maar iemand gaan sien en praat daaroor Mev, want na n tyd gaan die skok jou tref. Moenie probeer braaf wees nie,want jy bluf jouself. Sterkte!

Professionele skieter ·

Jy vergeet; Sy beroep is om mense “professioneel” in die dye te skiet . . . dis heeltemal in orde in die nuwe politieke korrekte Suid Afrika

Stef ·

Nou’t ek alles gehoor. Volgende keer skiet sommer jouself dan hoef jy nie professioneel geskiet te word nie.

Ag regtig ·

So, die heilige gees het haar beskerm, maar nie haar man nie. Wonder waarom?

Cecilia van Rooyen ·

Nou verstaan ek nie……… nie geweldadig nie, nie rassehaat, nie plaasaanval, netjies geklee, praat suiwer Afrikaans……? Iets hier rym nie vir my nie. Iemand is betaal om dit te doen of hierdie uitlatings te maak. Ek ruik ‘n groot vet rot

nee wat ·

ja en hulle stem seker vir die EFF… hulle is mos ook nie geweldadig nie, of hoe se ek.

Anné ·

God se rykste seëninge oor jou Jacqui, jy is so mooi voorbeeld van presies hoe Jesus Christus van ons verwag om op te tree. Alle voorspoed vir jou en vir Darrel op sy pad van herstel, mag God spoedig genesing bring van alle en enige trauma.

vergewe ·

Vergifnis kan gebeur wanneer daar berou, bekering en restitusie is. Wat die vrou doen is vals en onbybels. Daar bestaan nie iets soos onvoorwaardelike vergifnis nie.

Beulah ·

Aan vergewe. Jy is verkeerd. Ons moet onvoorwaardelik vergewe. Maar die moordenaar kan nie deur God vergewe word alvorens hy nie opregte berou bewys nie. Hemel se deur is oop vir die wat vergewe maar die Hel se hekke wag vir die sonder berou.

Onvoorwaardelike vergifnis ·

Aai vergewe, jy verstaan duidelik nie vergifnis nie…. Efesiërs 4:32: “Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”. DIS onvoorwaardelike vergifnis. Om nie te vergewe nie is soos om gif te drink en te hoop die ander persoon gaan dood daarvan…

Genoeg gehad ·

Gee my krag!!!!!! Want ek verstaan nie hierdie mense se uitkyk op die lewe nie.

vergewe ·

Beulah, jy is welkom om te soek na onvoorwaardelike vergifnis in die Bybel. Daar is nie so iets nie. Dis ‘n leuen uit die hel. Die Bybel is duidelik, ons moet vergewe soos God vergewe. God vergewe nie as daar nie, berou en bekering is nie.
Om te vergeef beteken jy herstel die persoon terug tot sy vorige posisie voordat hy die misstap gepleeg het, asof dit nooit gebeur het nie.

Johann ·

Met my hele hart n voorstander van die krag van vergifnis MAAR om so lukraak daarmee rond te speel en die BOOSHEID af te maak as nie BOOS nie? Dit maak die hele beginsel van vergifnis goedkoop! Daars n mag om ons los wat wil verwoes en seermaak en moor, DAAGLIKS, om sulke lafhartige barbare die heuningkwas toe te se is absurd!!!!!!

christa ·

mooi man, sy moet volgende keer hulle innooi, dalk sal niemand dan seerkry nie.

Mm ja nee ·

Miskien sal dit minder moeite vir die rower wees as sy hulle adres vra en dan sommer haar besittings daar gaan aflewer, dan hoef sy ook nie die moeite te doen om hulle te vergewe nie en so kan hulle geld op mediese kostes spaar om nog besittings bymekaar te maak en die siklus herhaal? Iets is fout hier? Ek dink sy verstaan nie “respek” nie. Respek beteken hulle sal in die eerste plek nie eers aan n roof dink nie. Vader help my ek kan nie meer verstaan nie

Ek dog ek sê maar net... ·

Tannie, jou geloof is ongetwyfeld sterk! Jy is n baie beter mens as ek. Alle sterkte voorentoe. Dis raak net hartseer dat baie mense nie meer die verskil tussen reg en verkeerd kan onderskei nie. Verkeerd mag nooit goedgepraat word nie. Alhoewel verkeerd vergewe kan word.

Willie ·

Joh die klink nie reg nie…iets skort hier? Glad nie geweldadig of rassisties nie? Hierdie is verbuisterend…

Mal samelewing ·

Die mensdom….verskoon… het mal geword. Hoe kan jy dit kwyt raak na jou geliefde of naaste geskiet is? Is ons so ingetrek en gewoond aan geweld dat dit net deel van alledaagse word?? Word wakker as almal so gaan redeneer kan ons mos maar almal in die tronke vrylaat en geen geregtigheid meer hê nie.

Marie Visser ·

In Jesaja 5 lees ons ‘Wee diegene wat sleg goed noem en goed sleg…. Lees gerus wat God aan diesulkes beloof.

Nettie ·

Liewe tannie ….. met alle respek gesê: u sê u het reeds die aanvallers vergewe. U Christenskap en medemenslikheid word raakgesien en waardeer.

Maar kom ek vertel u een ding: al het dié rowers us “respekvol” as ‘Mama’ aangespreek, was daar niks respekvol daarin om u, in u eie huis, te dwing en te beroof, asook om u man in sy “dye” te skiet nie. Die enigste rede waarom u nie dalk ook geskiet is, of verkrag is nie, is omdat u saamgewerk het en alles vir hulle gegee het wat hulle wou gehad het. As u reken dit is nie ‘n aanval gebaseer op ras nie, het u dit mis. Daar is van hul eie swart mense wat veel meer het as ons witmense, maar word eersgenoemde so baie beroof en seergemaak/vermoor soos laasgenoemde? NEE. U kan self die sommetjie maak.

U was hierdie keer baie gelukkig. Volgende keer kan u dalk nie so gelukkig wees nie – en sal u kinders dalk nie langs ‘n hospitaalbed staan nie, maar afkyk op twee kiste wat in die grond wegsak.

Leeutjie ·

Nou waarop sinspeel julle nou weer. Ruik rotte? Ai tog. Dink julle nou rerig iets anders broei?? Ek twyfel nie een oomblik dat hierdie vrou wel deur die Gees beskerm is… Ek is dankbaar julle is veilig..

C ·

Nee Dolla, jy maak my kop nou spin. Dit was volgens jou nie ‘n geweldadige aanval nie maar tog is jou Pa geskiet en moes operasies ondergaan. Ek dink dit is ‘n “af” speletjie dan. Tweedens as die koeëls nie verwyder kan word nie bloot net omdat dit te na aan die weefsels is en die moontlikheid van beskadig bestaan dan is dit mos gevaarlik om die koeëls te verwyder. En dan nog ‘n vraag ….. Hoe sou jy dink moet aanvaller en kriminele aantrek terwyl hul uit is op ‘n aanval. Hulle trek aan nes ek en jy en baie beter as die boemelaar in die parkie. Maar sterkte aan jou en jou Ouers, ek bid dat jou Pas sommer vining sal herstel.
Deurmekaar Groete!!

karen ·

Ag wonderful mama ek hoop nie dit gebeur weer met julle ….regtig ? Welgeklee vriendelik nie vermom bedagsaam next time maak vir hulle tee asb en oorreed hull e on nie wreedagtig op te tree. En mama aangesien hull e so vriendelik is hoop ek julle eis nie van versekering….skenk en Seen okay

Gehasi ·

Hou op naïef wees. Maak jou oe oop vir die werklikheid. Dit was geweldadig, die rowers was voorbereid vir geweld want hulle het gewapen daar opgedaag. Die wapenwet sien dit as lewensbedreigende geweld en keur in daardie omstandighede geweld goed vir selfverdediging. Skud jou kop dat jou ore jou kan wakker klap.

Jo ·

Stockholm Syndrome of destydse Helsinki Syndroom form eers na maande, jare, nie in 3 ure nie.

Lynne ·

Goeie genugtig!! Die slagoffers reageer asof ‘n gewapende roof in jou privaat woning, normale prosedure is!!! Nee wat!! Nog NOOIT in my lewe van sulke twak gehoor nie!!

francois ·

Gehasie nou het ek alles gehoor en gesien. Kry vir julle!!

Estie ·

Ja-nee, werklik, Tannie, ek hoop jy onthou om vir die misdadigers te laat weet hulle moet nie vergeet om vir “pappa” te kom kuier in die hospitaal nie. Word wakker!!!

Kerneels ·

Haar mag dalk nooit weet loop nie as ek reg lees. Niks sal ooit wees deselfde wees nie. Sy weet nog nie wat haar getref het nie. Praat later as man nie meer kan werk nie en sy met hom sukkel oor hy niks vir homself kan doen nie

Foxi ·

Jammer wat gebeur het vroutjie. Ek was ook so met respek behandel toe ek geroof was, maar glo vir my, na 3 ure het die skok my oorval en ek het van my kop afgegaan. En ja, dit kon erger gewees het. Ek was ook kalm terwyl hulle my juwele ensv gevat het, ek was glad nie in vrees nie. Vergewe……..? Nee, bitterheid het ingetree, maar ek het vir hulle gekyk terwyl hulle weggery het, het ek wel gesê, mag die Here julle vergewe. Maar weke later is van hulle wel gevang toe hulle my kredietkaarte probeer gebruik het. Probeer maar iemand gaan sien en praat daaroor Mev, want na n tyd gaan die skok jou tref. Moenie probeer braaf wees nie,want jy bluf jouself. Sterkte!

jakes ·

Nou het ek alles gehoor!!! Hoekom nooi die vrou nie rowers uit om haar weer te kom roof en te skiet nie want sy vergewe hulle altyd? Wat se boodskap stuur sy uit? Ek sou liewer so gou moontlik sielkundige hulp soek as ek sy was?

Allie ·

Sy is defnitief in “denial” en haar kerk het haar ge-breinspoel!

Kierie ·

“……sonder dat die rowers bybedoelings gehad het…”! Sjoe, ek weet darem nie.

Really? ·

Hom baie professioneel geskiet in die dye, net om hom te immobiliseer, nie dood te maak nie? Watter klomp snert! Die booswig skiet net pateties. Die dame leef in ‘n droom wêreld regtig

Andrea ·

Ag ja-wat, drie operasies met penne in die bene is niks vir n ouer persoon nie. Gawe rowers, regtig. Volgende keer kan Jacqui vir hul koffie en melktert aanbied. Dalk skiet hul haar pa dan net in een been.

Blompot ·

MM, ons benodig asb “like” icons, sodat mens kan saam stem met n “thumbs up”

Mooi gese Andrea!

Erick ·

Blompot, ek stem saam. Mens is nie altyd lus vir skryf nie.

Santjie ·

Hey! Julle maak nou asof gebed nie krag dra nie? Hoe kan julle verseker weet dat daar NIE ‘n hand van BO oor haar gehou is nie? Nie EEN van ons weet hoe die weë van ons Vader werk nie. Verder maak dit nie saak of hulle hom in die bene geskiet het om hom te “immobiliseer” nie – die feit bly dat hulle nog steeds ‘n misdaad gepleeg het

honourable member ·

Natuurlik is dit rasse aanval. Hierdie mense target net wittes so wat beteken dit? Dis maar die skok wat jou anderste wil laat dink.

Netso ·

Ek neem aan die Rowers het ook asb gevra by Pappa om die vuurwapen wat hy duidelik nie bevoegtheid het om te hanteer saam te neem en te bedankings te doen! Dis juis deur sulke profesionele bure dat ek nie meer in SA woon nie!

Hannelie ·

Ai ek verstaan nie, as dit nie ‘n “rasse aanval” was en hul gesigte was nie bedek nie…….wat laat hulle dink die rowers gaan nie terugkom nie? Ek sal maar baie baie versigtig wees as ek hulle was. En dit is ernstig volgens my, want om die man te skiet, maak nie saak op watter liggaamsdeel, hy is beseer! Ek is jammer maar ek stem nie saam met Jacqui Vos nie, jy kan NIEMAND meer vertrou nie. Kyk maar agter jul….hul mag dalk weer terugkom.

Jessica ·

en as hulle haar geskiet het of meer aangedoen het sou sy anders gepraat het dit belowe ek, sy sal nie goed praat as hulle haar gerape het nie, dan sou die woorde uit haar mond die waarheid gepraat het, kind van God of nie, maak niks saak hoe christelik sy is nie.

JA ·

“met respek” ag asseblief, so baie respek dat hul die oom 2 keer geskiet het? Glad nie geweldadig nie, dat hul die oom 2 keer geskiet het?? Nee wat, ek weet nie voor wie julle probeer kruip nie, maar julle oe sal ook nog oopgaan

liefie ·

Indien nie rowers nie bybedoelings gehad het nie, wat was die oorspronklike bedoeling dan? Koek en tee?

Piet Pille ·

Wonder nou as wat kan hulle geklasifiseer word, net omdat hulle goed afrikaans gepraat het en haar man maar net in sy dy geskiet het met net twee operasies daarna. Dit is nou twak(dalk nog aaptwak)

Ekskuus ·

Oh my word . nog twee wat politiek korrek probeer wees . jy weet ek is MOEG vir mense wat ander probeer help en dan word hulle uitgeskel as rasssiste . MOENIE VOLGENDE keer julle vriende en boere roep om te kom help nie .. julle lyk dit my weet hoekom julle aangeval is … dan in daardie geval kan ek NIE met julle simpatie betoon nie.

Kruipr ·

Ek is bly dit is nie WREED om iemand deur altwee sy BOBENE te skiet nie, dankie WERNER vir daardie inligting .ek sal hierdie beriggie dan maar net oorslaan as ek hom weer erens sien.

Andre Roux ·

Ons Suid Afrikaners is nou al so gewoond aan die aanvalle ons is al dankbaar as ons geskiet en beroof word. Die skelms is “”wonderlike”” liefdevolle mense as hul ons nie doodskiet of verkrag nie !!!
Siek !!!

Gerhard ·

Ek het op n vorige berig kommentaar gelewer dat absurde gedrag nou aanvaarbaar is agv daarvan dat dit beter as meer ekstremistiese optrede. Lyk my dit is nou die norm.

Stuiwer ·

Welgedaan aan Maroela Media wat bereid is om hierdie berig te plaas. Baie ander nuus agentskappe sou dit nie geplaas het nie, want dit is positief. Slegte nuus verkoop mos, want dit verskaf sensasie en mense eet dit vir soetkoek op. Ek bewonder vir Jacqui. Sy weet wat gebeur het en dit is haar volle reg om te kies hoe sy daarop wil reageer. Net omdat sy nie negatief en bitter daaroor is nie, maak nie van haar die verkeerde een nie. Waarom moet sy optree soos ander wil hê sy moet? Staan bietjie in haar skoene?

GP ·

Stem saam, dankie MM, julle dra baie by tot kennis van wat om ons aangaan. Danksy aan julle het ek al baie gedoen vir beveiliging. Julle speel ‘n groot rol.

Geweeg en te lig bevind ·

Hier’s fout met hierdie dag. Ek het nou helemal te veel twak gelees om enigsins sin te maak van die lewe. Ek kanseleer die donderdag en gaan nou eerder ‘n glas wyn drink.

Snowball ·

Cheers! ?positief is een ding, ‘delusional’ is ‘n heel ander storie.

Lynette ·

Die man kon hom doodgebloei het as die skoot net bietjie meer akkuraat was en sy are getref het! Hoeveel mense is al dood na n skoot in die bene of dye?

Wow ·

Sjoe daar is die bewys nou dat ons mense so bang is dat hulle enigeiets sal goed praat. Ek skaam my

Lollie ·

Stem saam met die baie kommentare dat ń hoër hand hulle beskerm het. Dit is egter nie wat die meeste kommentare oor stry nie!
Die res bly ń feit en daaroor kan niemand stry nie.
Ek wonder net as hulle haar verkrag het of 1 dood geskiet het of hulle dit darem ook ‘professioneel’ sou gedoen het!
Die mense lag vir julle want waarom so aanval goed praat?!

HendrikvKlfn ·

Die water word al warmer en die paddatjie dryf nog lekkerder rond in die water.

Word wakker ·

Gaan lees wat se Paulus in 2 Corinthians 13:5 Examine yourselves, to see whether you are in the faith! Test yourselves. Or do you not realize this about yourselves, that Jesus Christ lives in you? – unless indeed you fail to meet the test!

Dis skrif mense, nie ons woord nie, Jesus sin!!!! Ons het ‘n nasie geword waar die skuld altyd almal rondom ons sin is en ons geen self ondersoek meer hoef te doen nie, want ons sit mos reg voor God deur in die kerk te sit op ‘n Sondag – dis religion – wees baie versigtig!! Ons moet Jesus ken vir wie Hy is wat Hy sou doen! Hoe het hy dan saam met die sondaars om tafel gesit en eet? Almal wat sarkasties se nooi hulle binne vir ete!! Dis presies wat jou God wie jy wil he jou gebede moet beantwoord met sy enemies gedoen het!!! Hy het geeet saam met hulle en hulle van die koninkryk van God vertel en raai wat, daardie mense het verander!! Ons sit met die waarheid en ons hou dit vir onsself en ons leef dit nie en ons gaan op judgement day vir God moet kan antwoord, want ons het bloed op ons hande deur nie Sy wil te leef en woord te verkondig nie. God is nie ‘n grap nie, dis nie ‘n secluded groep of volk nie, dis vir almal!! Mag die Heilige Gees julle elkeen wat hier praat roep en wakker maak!!

Netso ·

Liewe Word Wakker! Ek verstaan waar jy vandaan kom maar vergifnis kom vir hierdie vrou te gou? Ek sal graag wou hoor wat die Pappa se gemoedstoestand is hieroor ? Ek vergewe niemand wat my raakskiet nie!

Bella ·

Netso hoe ia dit te vinnig? Jesus hey dan aan die kruis gehand to Hy al vergewe het!!!!

GP ·

Word wakker hoeveel kinder verkragters moordenaars en mense wat ander vir ure lank martel het jy al ingenooi? Jy woon in perfekte land om te doen wat jy verkondig. Wys ons hoe word dit gedoen.

humor ·

Hierdie rowers is nou hul bewonderaars. Is daar dan nou n klasseverskil onder die misdadigers. Die goedgekledes as die eerbares en die respekvolles en die laer klas in vodde geklee wat klassifiseer as barbare. Kan die sosioloe ons help as daar n verdere verdeling in ander klasse is.

DewaldS ·

In my opinie is vergifnis goed, want dit is goed vir JOU. Maar boosheid is boosheid en moet as sulks uitgewys en teengestaan word, want dit is goed vir ALMAL.

Skiewies ·

Hoe in die lewe in bly die kind so koel en kalm … ag hy is net twee keer in elke dy geskiet dis nie so erg nie …. As dit my pa was sou ek dit verloor het regtig mens sou sweer sy praat dit goed!!!! Ek wil baie baie graag iets kwytraak maar dit gaan my in groot moeilikheid laat beland…. Wonder maar net hoekom dit glad nie vir haar so erg is nie……. Of hulle is dalk bang om die rowers te bad mounth uit vrees dat hulle mag terug kom? Wat ookal die houding teenoor die misdadigers is dit is onaanvaarbaar om dit sommer netso te aanvaar en te los… Ek hoop regtig die oom herstel vinnig … wonder of hy ook so goeie vergewens gesindheid teenoor die rowers gaan he…..

Niklaas ·

Duidelik is hierdie vrou net oor haar eie welstand bekommerd. Manlief se pyn en ongerief is sy eie probleem. Sy leef is n droomwereld en sal dalks later uit haar koma ontwaak en sien dat daar nie so iets soos goeie rowers wat uitstekende indiwidue is , bestaan nie. Ek sal nie verbaas wees as die rowers binnekort terugkeer na mevrou se woonplek vir nog verdere roof togte nie. Sy gaan sekerlik die saak by die SAP terugtrek , want dis in stemming met haar vergewens gesindheid. Effe belaglik !

Aitoggie ·

Eks nou nie snaaks nie, en wil nie onheil bring nie, maar vlg keer as hulle doodgeskiet word, sal dit seker n onprofessionele daad wees. Regtig?? Ek se nie mens moet haat nie, maar hierdie is verregaande.

Skiewies ·

Klink dit nie vir julle of hier iets dalk beplan was nie? As iemand my in my bene skiet en ek het n pistool in my hand gaan ek wragtig skiet jy skiet mos nie met jou bene nie?

Margi Johnson ·

You can be a Christian but you’re living in a bubble! Face reality, these are not friendly visits.

Anné ·

@Margi .
No bubble, just in faith and in obedience because we love Jesus Christ. And He loves ALL for He died for ALL. Even murderers, we do not approve of these awful deeds and neither does He. But we Christians are called to walk as Jesus walked and do as He did, because we want the whole world to know His love. Forgiveness is but one of these acts towards our fellow humans.

VanAfrika ·

Dis nou stank vir dank, jou eie mense staan vir jou net sodat jy hul in die rug steek en by die vyand skaar. Mev, dis hoe hulle te werk gaan, gaan kyk met alle rasse aanvalle, hulle kom eerste die man by. Hoekom? Want dit kruppel ons blanke families en maak ons swak vir wat nog gaan kom. Hulle het die pilaar in jou familie laat val.. Terug kom, gaan hulle terug kom, want hulle weet jy is nou gewillig en jou krag wat by jou moet staan kan nie loop of hardloop of julle verdedig nie. Meer duideliker kan dit nie vir jou gestel word nie. My raad is, wees van nou af paraat, verskerp julle sekuriteit en hou maar die voëlhok binne die huis en moenie uit die huis gaan as dit nie nodig is nie. Hou al julle deure en vensters gesluit want soos dinge nou lyk kan jou man jou nie help as hulle weer toegang tot jou huis kry nie. Ek hoop jy sien die lig.

Regtig? ·

Lyk my die Vos gesin is regtig aandag soekers. Dis pateties. Julle is deel van misdaad statestiek maar ontken dit sterk. Volgende keer is julle nie so gelukkig nie.

Jakes ·

My knippie sout, tydens n aanval moet n vuurwapen nie gaan haal word nie. Moet altyd by der hand wees, deel van jou liggaam en onder jou volle beheer.

Karien ·

Aag word wakker. Voel jou man ook dieselfde as jy? En as jy in jou bene geskiet was? Aag nee regtig. GEEN misdaad is aanvaarbaar nie!! Punt!

GP ·

Nuwe definisie van gewillige slagoffer.

Dalk moet sy hulle sommer terug nooi en name uitgee van nog mense om te gaan roof, dalk is hulle nie so gelukkig nie, maar solank dit net profesioneel gedoen word.

Mike ·

Die kruks van die saak: alle rasse loop deur onder hierdie terroriste.
Misdaad vier hoogty in ons land en die onbekwame regering doen niks.

LVH ·

Enige persoon wat jou eiendom onwettig betree, doen dit met verkeerde intensies. Iets rym nie in die storie nie. Vir haar man le ‘n lang herstelpad voor! Sy gemoedstoestand kan nie gepeil word nie vanwee swaar verdowende medisyne om die pyn onder beheer te kry. Iets in die mevrou se kop het kortsluiting gemaak. Gelukkig vir haar, het hulle “saggies” gewerk, maar haar man gaan deur hel? Iets en iewers klop die storie nie. …….word vervolg

Marisa ·

Ek is tot due uiterste geskok in mense se kommentaar. Ek ken die vrou persoonlik en julle ongevraagde aanval op haar spreek boekdele.
Sy en haar familie is deur genoeg.
Die Heilige Gees het alby van hulle beskerm, die media plaas net n gedeelte van die storie en daarop gebasseer kruisig van julle haar.
Ek is dankbaar dat die Jesus vir wie sy so lief is by haar en Darrel is en was. Dankbaar vir n gemeente wat saam opstaan en vir hulle bid en ondersteun.
Dankbaar vir die bure, cpfs, polisie, henley watch, medics, midvaal hospitaal, milpark….en bo alles dankbaar vir Jacqie se onwrikbare geloof en kalmte. Lief jou Jax!!

GP ·

Hierdie probleem gaan baie verder as die vrou se geval. Hierdie soort kreature verkrag en martel mense amper op daaglikse basis. Dinge wat mense nie eers aan kan dink nie. As jy die goed met woorde soos profesioneel wil beskryf moenie dink ander gaan saam stem nie.

Mandy Werner ·

Thanks M for standing by my family, in this time that we needed it the most. To everyone else who has given us support thank you. In addition to the people you mentioned, the Henley community at large and the neighbours have gone way beyond the call of duty, we are eternally grateful. Much love, Mandy.

Pretorius ·

Ons was deur 3 van die bravos aangehou & die feit dat ons 2 kinders (9 & 6) moes sien hoe hul pa gedreig word met vuurwapen en hul bly se “going to shoot you tonight” en een my en kinders aanhou id kamer en ons hond wou skiet. Dit was geweldadig genoeg vir my gewees… Die vrees wat deur jou gaan dat hul kinders gaan seer maak…
Die vrees wat mens moet in leef en die feit dat ons kinders so bang is nou en steeds nie alleen kan slaap…
Ja mens moet maar aanbeweeg, maar jis regtig vergewe, ek weet nie so mooi.
My kinders se harte was gebreek na dit en nig ali pad trauma vir hul… nee wat ek kanie mense vergeef wat dit aan my kinders doen

Met RESPEK ·

…vol gate geskiet.
Met RESPEK
….beroof
Met RESPEK
vir jou mamma genoem!
Nee maar dis goed.
Mey ALLE RESPEK gesê
GEEN KRIMINEEL het RESPEK vir sy slagoffer nie!
Hê meer RESPEK vir julself!

Chrisjan ·

Ek is baie onkundig as dit met vuurwapens te doen het. Kan iemand my asseblief verduidelik wat die verskil is tussen “professioneel” geskiet en gewone skiet. Dalk verstaan ek die hele storie dan beter.

Ruiter in Swart ·

Klink soos daai vrou wat jare gelede verkrag is, en toe die verkragter verdedig het, deur te sê…..hy het LIEFDE gesoek!!! Thomas Wilson was so reg toe hy gesê het: ” Die bose/duiwel is op sy gevaarlikste, as hy jou verlei met jou eie goeie dade”

Haan ·

Google Amy Biehl sindroom. Hierdie is n teksboek voorbeeld daarvan. Ek bewonder die vrou se geloof, en dit is goed dat sy die rowers vrygespreek het, maar nou moet hulle realisties begen dink oor die stand van sake in die land, óf sommer met oop deure en n oop kluis slaap, om die volgende aanslag bietjie makliker te maak vir die liewe rowers

Mariaan ·

Met respek!!! Watse nonsens is dit? Ons eie wit mense verraai ons…die vrou se kop vat nie…dis MISDAAD…jou man is geskiet…ag…maar dit was sulke oulike rowertjies….belaglik!!

Willem Pelser ·

Genugtig! Ek het lanklaas sulke kwêt gehoor. Wanneer hierdie edel barbare julle weer kom besoek gaan die skoot verseker nie weer op dieselfde plek tref nie – die boef het maar net nie getref waar hy wou nie

Staak saam ·

Ja-nee nou het ek alles gehoor.
Kan die egpaar nie maar n sopkombuis opsit vir al die goed gemanierde rowes wat hulle slagoffers mer respek skiet nie.
As hierdie rooftog nie ras gedrewe was nie, hoekom was die swart bure in die buurt nie hulle teiken nie.
Hierdie mense behoort seker ook te weet dat as jou grond, hoewe of plaas gesoneer is vir landbou dan val die aanval of vriendelike rooftog onder plaasaanval!

Oom Kalahari ·

Wel nou het ek alles gehoor en dat iemand ‘n misdaad asook misdadigers goed kan praat gaan my te bowe. Klaar vergifnis, samewerking, professionele skietwerk, netjies geklee, geen klapmusse, mooi gepraat met “Mamma”, geen geweld net 02 skote (een in elke dy).
Mev met alle respek die land gaan gebuk onder ernstige misdaad, mense loop op eier doppe met vrese dat hul of families en kinders dalk die volgende slagoffer/s gaan of mag wees en u kom praat dit goed. Iets rym regtig nie. Dit bly steeds ‘n misdaad statistiek waar ‘n vuurwapen misbruik is en iemand is beseer sowel ‘n rooftog. Sienende dat u dit goedpraat, wil u dan nie liewer ‘n Geestelike Misdadiger heler word nie en misdadigers nooi en hul lewens asb verander. Tek alle klagtes terug en laat die geroofde goedere as ‘n vergifnis skenking laat gaan. Sterkte met u man se herstel word hom toegewens en u goeie dade aan die misdadiger gemeenskappe.

Jannie ·

Laat ons weet na julle volgende ervaring of julle nog so dink!!! Of glo julle hierdie ou insidentjie was toevallig…….en die…….laaste?

Misdaad & geweld ·

Dalk het hul vergifnis nodig gehad en toe die misdaad gepleeg hoekom het jy hulle nie geevangeliseer terwyl hul afrikaans kan praat en verstaan nie?

Stockholm Sindroom ·

is waar baie liberale mense aan ly, wil dit voorkom.

HPV ·

Om van siek te word, laat die rowers sommer by julle intrek .

My vraag is! ·

Wie is nou die grootste skurke die boewe wat die Tannie en haar man aangeval het of die klomp wat haar nou kruisig??? Skaam julle ons het almal n keuse hoe ons trauma verwerk en dit is haar keuse om te vergeef en aan te beweeg. Hoeveel keer word daar nie gese dat swartmense moet aan beweeg en van apartheid vergeet asof dit nooit gebeur het nie. My punt is misdaad gebeur ongeag jou raas as elkeen van ons met soveel haat teenoor mekaar rond loop. Waarheen is ons opad. Daar is die wat wil haat en die wat wil vergewe. Jammer Tannie dat daar mense is wat vir u keuses wil maak . Jesus se hand was oor u. Ek was ook al geskiet en gehijack maar weier om agter hoë mure en krag drade weg te kruip. Ons kan nie die geskiedenis verander nie maar wel bid dat ons na elke storm sterker anderkant uitkom.

Snowball ·

@My vraag is: Jy is reg, elke mens kan vergewe soos die Gees hom lei, maar om dit wat aan jou gedoen is te ontken en goed te praat is nie net ‘n leuen nie, dis teenstrydig met sober denke en dis ‘n klap in die gesig van elke mens in hierdie land wat sukkel om trauma van misdaad te verwerk, of wat geliefdes verloor het agv misdaad – dít is waarmee mense nie kan versoen nie, nie die feit dat sy gelowig is of vergewe nie. Geweld en misdaad bly wat dit is, om dit te erken maak nie van jou ‘n skurk of ongelowige nie.

Nakkie ·

Dink die tannie is nog in skok. Gee kans, maande van nou af as sy nie kan slaap nie want sy wag vir hulle om terug te kom gaan sy anders praat. So jammer vir hulle. Dit verander n mens om deur trauma te gaan. En hulle is duidelik nie haatdraend nie, maar dis nie so maklik om te vergeet as wat dit skynbaar is om te vergewe nie.

Wonder net ·

Uitsprake soos hierdie vrou s’n praat hierdie gruwelike misdrywe en toenemede misdaad goed in ‘n land waar ‘n lewe vir niks geneem word nie. ‘n Land waar reg en geregtigheid nie meer bestaan nie. Skande! Wonder as die koeëls haar getref het, en sy al die pyn en leiding moet deurgaan. Altyd maklik om te praat as die pyn nie aan jou eie bas is nie. Plaas bid sy vir beskerming teen die bose, maar nee nou praat sy dit goed!

Wonder net ·

Uitsprake soos hierdie vrou s’n praat hierdie gruwelike misdrywe en toenemede misdaad goed in ‘n land waar ‘n lewe vir niks geneem word nie. ‘n Land waar reg en geregtigheid nie meer bestaan nie. Skande! Wonder as die koeëls haar getref het, en sy al die pyn en leiding moes deur gaan. Altyd maklik om te praat as die pyn nie aan jou eie bas is nie. Plaas bid sy vir beskerming teen die bose, maar nee nou praat sy dit goed!

LA ·

As ek hierdie rowers was sou ek dadelik die vrou se reaksie op my CV sit. Enige sindikaat sal my wil aanstel want ek is baie respekvol en profesioneel.

AJ ·

Die rowers kan dalk terugkom!

Dis dalk waarom die vrou sê wat sy sê …. dis uit vrees dat die rowers kan terugkom!

Dis ‘n legitieme vrees!

legion ·

Maak soos Jaqui, bedink wat goed is en praat wat reg is. Meer is met ons as teen ons. Maar dan moet jy reg praat. Lewe en dood is in die mag vd tong

Barry du Plessis ·

Ek vra maar net. Vir watter rede het sy dan vir haar man geskree om die vuurwapen te kry wat was haar verwagtinge? Waarom is daar hulp ontbied. Wat het sy verwag moet die hulp kom doen. Haar man moes die prys betaal en die man wat ontbied was om te help kon homself net so wel in ‘n muur van koeëls vasgeloop het. Ongelukkig ondervind ek hierdie houding in opleiding waar mense van ander verwag om hulle te beskerm terwyl hulle niks self aan die situasie sal doen nie. Ek het’ n besluit in my lewe geneem dat ek geen hulp sal verleen en my lewe in gevaar sal stel nie vir mense met die houding nie. Hulle het mos reeds al besluit hoe dit gedoen word en sal enige aksie om fisies die aanval die hoof te bied net veroordeel. Ek sal haar nie veroordeel nie, maar my hulp sal sy nie kry nie. Dit sou goed gewees het as sy vir die beskerming van die mense wat haar moes help gebid het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.