Egpaar se skietdood ondersoek

(Argieffoto: Nico Strydom)

Speurders van Beaufort-Wes in die Wes-Kaap ondersoek die omstandighede rakende ’n skietvoorval waartydens ’n egpaar in Hospital Heights dood is.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes is Saterdag omstreeks 16:50 na ’n egpaar se huis ontbied waar hulle by hul aankoms ’n 60-jarige man en sy 59-jarige vrou se liggame op die vloer in hul huis aangetref het.

Albei het skietwonde aan die kop gehad en is op die toneel dood verklaar. ’n Rewolwer is langs die man se liggaam gevind.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Casper

Die rewolwer langs die man se liggaam kan ook ‘n aanduiding wees van ‘n gesinsmoord is is daar ander inligting wat ‘n moordondersoek regverdig.