Egpaar sien glo hoe man 5 honde doodry

Argieffoto: https://pixabay.com

ʼn 32-jarige man sal Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn nadat hy die afgelope naweek na bewering vyf honde ten aanskoue van hul eienaars doodgery het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het Sondag omstreeks 07:30 in Seaview-weg in Colleen Glen gebeur.

Volgens Janse van Rensburg het ʼn egpaar met hul honde gaan stap toe ʼn motor onverwags van die pad af op die gras langs die pad gery en al vyf honde raakgery het.

“Volgens die polisie se inligting is al vyf honde dood,” het Janse van Rensburg gesê.

Sy het gesê sake van roekelose en nalatige bestuur en opsetlike saakbeskadiging is by die polisie aanhangig gemaak en die man het hom Dinsdag by die Kabega Park-polisiestasie oorgegee.

Hy is in hegtenis geneem, maar later op waarskuwing vrygelaat en aangesê om vandag in die hof te verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Chevy ·

Moord op diere word saakbeskadiging genoem, ek verstaan nie mooi nie of lees ek verkeerd.

Griki ·

Dis nie saakbeskadiging nie, dis dieremoord. Dis nie roekelose en nalatige bestuur nie, dis opsetlike dieremoord. Hy moet ‘n groot boete kry, die mense vergoed vir hulle hartseer en trauma en vir ten minste twee jaar hondehokke skoonmaak by PE se DBV of ‘n ander dierebeskermingsorganisasie. Of vir altyd uit die gemeenskap verwyder word. As jy diere seermaak sal jy kinders ook seermaak.

Eps ·

Ek het al baie gesien hoe bakkies gou buite beheet raak om draaie en slag gate. Wag tot ons die hele storie kry wanneer die hoofsaak plaas vind. Ek is oortuig dat mens nie sommer honde dood ry vir sports of die lekker daarvan nie. Dit het waarskynlik per ongeluk plaas gevind het. Wag maar geduldig vir die saak. Dit is net eronies dat die dood van die honde groter opspraak op plaaslike radio maak as moord op mense. Diere het seker ‘n groter states as mense afhangend van die velkeur van die beskuldige.

Johannes van Staden ·

Ons park is vol boemelaars en bedelaars en is uiters onveilig so ons stap maar in die straat met die honde en kinders …die park is net te onveilig oorgroei en baie vuil !

SONJA COETZEE ·

ARME DIERE EN EIENAARS!!!KAN DIE DBV NIE IETS DOEN OMTRENT DIE BESKULDIGE NIE???TIEN TEEN EEN KRY HY NET N WAARSKUWING WAT SO ONREGVERDIG TEENOOR DIE ONSKULDIGE DIERE!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.