Egpaar skuldig aan bedrog van meer as R200 miljoen

Argieffoto

ʼn Egpaar van Mosselbaai is aan bedrog van R278 miljoen skuldig bevind nadat hulle honderde mense met ʼn piramideskema ingeloop het.

Graeme (54) en Caroline (52) Minne is in die Thembalethu-streekshof skuldig bevind. Hulle is vroeër op borgtog van R50 000 elk vrygelaat. Die egpaar se borgtog is met streng voorwaardes verleng totdat die vonnisverrigtinge op 21 September sal begin.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die egpaar het slagoffers tussen September 2002 en November 2009 bedrieg deur hulle te oortuig om geld te belê wat glo op die internasionale mark verhandel sou word. Verskillende bedrae van ʼn minimum van R100 000 is belê en die egpaar het aan die slagoffers belowe dat hulle 65% rente per jaar sou verdien.

“Ongeveer R278 786 853 is vanaf 934 kliënte in hierdie tydperk ontvang en die egpaar het ʼn baie beperkte gedeelte daarvan, minder as R5 miljoen, teen ʼn netto verlies verhandel. In die tipiese styl van ʼn piramideskema, het hulle toe aanvanklike beleggers terugbetaal deur nuwe beleggers se beleggingsgeld te gebruik,” het Ramovha gesê.

Die Valke het ondersoek ingestel na die egpaar se luukse leefstyl en hulle is in 2009 in hegtenis geneem.

Genl.maj. Nombuso Khoza, die Wes-Kaapse hoof van die Valke, het die ondersoekspan gelukgewens met die skuldigbevinding. “Die publiek word hiermee gewaarsku om nie hul hardverdiende geld by onwettige beleggingskemas te belê nie. Wanneer dit lyk asof dit te goed is om waar te wees, is dit gewoonlik die geval,” het Khoza gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Ek hoop hul kry die straf wat hul verdien. Hulle het mense na selfmoord gedryf met hul gierigheid. Eintlik moes hul nie eers borg gekry het nie. Hierdie saak sloer al vir baie jare. Hul kinders is ten minste nie meer in die skool nie en hopelik is hul selfversorgend. Ek kon nie glo toe ek lees dat hierdie saak nou nog nie afgehandel is nie.

Hanna ·

Honger vir vinnige en baie geld laat mense vreemde dinge doen.
Tronkstraf wens ek niemand toe nie, my hart is by die mense wat ook vinniger geld wou meer laat word.
Dom ding om te doen want bekende beleggings maatskappye sou mos dadelik ingekoop het..
Ons pension is net so min, maar ons vertrou en die Here sorg elke dag.
Sterkte aan almal wat hier uit gaan leer.

Scalla ·

Die opbrengs is mos te goed om waar te wees, hul gee die bedryf n slegte naam, en mense is te geldgierig. Vergelyk dit met enige ander erkende finansiele instelling se koerse en die koers is nie eers 10% van wat die mense kastig belowe nie.
Vra julself die vraag af, as hul so goed doen, hoekom wil hul jou geld he om jou ryk te maak, laat hul hul eie geld gebruik om hulself te verryk. Mense wil nie leer nie en die ergste is dat dit soms bejaardes se laaste neseier is, hoop die beleggers verloor nie te veel nie en mag die 2 boet vir hul dade.

Gouwsie ·

Hoe kan die mense se onverantwoordelike dinge aan hul mede mense doen, baie mense het al selfmoord gepleeg as gevolg daarvan. Hoeveel mense moet nou lewe van aalmoese? Het jul geen gevoelens nie nee ons lewe lekker van n ander mens se swaar verdiende geldtjies. Baie mense lewe van brood en water,terwyl jy jou lekker sit en dik eet,God sien alles raak en hy sal sy straf uitdeel. Voel jammer vir die wat so baie verloor het. God sal voorsien.

Eish ·

So val ons ou volke telkemale vir gierigheid. Promoter en belegger. Ek hoop maar vir die beleggers daar is bates wat gelikwideer kan word.

Tc ·

En daar gebeur niks ook met Johan Malherbe se Amatenda skema waar honderde ou mense hul geld verloor het!!

Abc ·

Daar is seker niks oor vir die beleggers nie want die likwidateurs het in luukse hotelle gebly wanneer ondersoeke gedoen is. En waar dink julle het die geld om daarvoor te betaal vandaan gekom? So dit wat verkoop is, is in hulle sakke in. Graeme het baie mense so gevang – tot prokureurs firmas. Dit is dus nie net Jan publiek wat in sulke slenters gevang word nie. Moenie klippe gooi as jy self in ‘n glas huis bly nie. Graeme en sy vrou sal kry wat hulle toekom.

vrikie ·

65% rente? eish, dink die beleggers moet van domgeid aangekla word

Penellope Jones ·

Hier is ‘n ernstige boodskap in hierdie verslag – moenie jou laat vang deur piramide-skemas nie! Hoevele mense is al so gevang?
Die spreekwoord “It’s to good to be true” praat nogal die waarheid.

jannie ·

Ek was ook een wat so ingeloop was met duisende rande maar nie omdat ek gulsig was nie maar deur n skelm makelaar Hy het my geld bele in PSC Guaranteed Growth wat nogal op die aandele beurs genoteer was Toe ek weer sien word die menere in die hof skuldig gevind en elkeen kry 5 jaar tronkstraf wat lankal verby is en tot vandag het ek nie n sent terug gekry nie en hulle is vry met al die miljoene rande

Carlia ·

Ek het geen simpatie met die Minnes nie, Nie in die minste nie. Enige mens sal jou geld wil belê in ‘n goeie skema. Hulle was so geloofwaardig dat hulle eintlik selfs opleiding gegee het. Hy was nog altyd ‘n baie arrogante mannetjie en wou nog altyd die “high life” lewe. Nou kan hy dit maar in die tronk gaan lewe. Hy en sy vrou Erika of aka Caroline. Sy is net so skuldig soos hy en toe hulle eers begin vat, het hul nie brieke nie. Onthou mense, dit is nie ‘n nuwe saak nie. Die saak draai al 7 jaar. Die arme mense wat daaronder moes ly, is of dood of al deur die verlies.

Rudolph van Wyk ·

Aai toggie! Die mense wat in die skemas belê is net so skelm soos die organiseerders want die wat eerste inkoop lag al die pad bank toe. Dis die latere toetreeders wat die spit afbyt. Ek voel almal moet aangekla word vir bedrog. Dit sal mense dalk twee keer laat dink

Pietie ·

My Pa is ‘n rekenmeester vir ‘n Paar groot Matskapye in Mosselbaai. Ek kan onthou hoe hy mense in die Mosselbaai Sake kamer probeer waarsku teen die Minnes. Hyt gese: “kyk hoe lewe hulle, geen belleger leef so met sy eie geld nie, daai is ander mense se geld” Maar niemand wou vir hom luister nie. My Pa se vriend het klaar 200 000 bele by die Minnes en wou nog 200 000 insit maar my Pa kon gelukkig sy arm draai om dit nie te doen nie. Ek was op skool met hulle Kinders. Die Dogter was baie still goed gemanierde slim kind wat gereeld pryse gekry het vir akademie. Die boetie het 1300cc Hayabusa’s gerace, hyt twee 1300’s gehad en alles was betaal met die Ponzi Geld. My een Vriend was al by hulle huis. Hy se moes die Dak lig om 2 masiewe tv’s wat ‘n volle mier bedek in te sak. Die Tv’s het R500 000 elk gekos. Die Lamborgini was nie die Oom sin nie. Hyt dit vir sy Dogter gekoop vir haar 18de verjaardag. Vir haar 16de het sy ‘n splinternuwe Cagiva Mito motorfiets gekry. Die duurste 125 op die mark en syt hom nie eens gery nie. Ek weet nie veel van die Ma nie maar ek weet hulle het baie Hartenbos mense vir n Ride gevat. Die voorportaal van hule Hartenbos huis was vol TV’s met Stock exchange beeld materiaal op om die bellegers te oortuig. Ek dink hulle moet lank sit.

Swannie ·

Pietie, tv`s wat `n volle “mier”bedek het ?

Dan was dit mos `n Mikro leen skema, of hoe ?….haha

C ·

Ons is ook deur hierdie een, maar op die lang termyn wie kry sulke rente ‘n maand? As jy so daarna kyk dis ons elke een se eie verantwoordelikheid om deel van hulle dade te raak, so mense dit help nie ons beskuldig hulle nie, hulle gaan hulle staf kry maar ons as publiek is net so skuldig daaraan, ons kan dankie sê ons staar ook nie ‘n vonnis in die oë nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.