Egpaar sterf in gru-aanval

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Egpaar, albei in hul laat 60’s, is dood gevind by hul huis in Ferryvale in Nigel aan die Oos-Rand.

Ao. Madeleine von Wielligh, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die egpaar se liggame is Saterdag 23:40 deur beamptes van die Nigel-polisie gevind. Volgens Von Wielligh het die polisie in Duduza inligting ontvang oor ʼn verdagte motor wat opgemerk is in die omgewing. Die polisie het dit opgevolg en vasgestel dat die motor aan die vermoorde egpaar behoort.

Volgens Von Wielligh is beamptes van die Nigel-polisie na die huis ontbied waar hulle die liggame gevind het. Die man is verskeie kere met ʼn skerp voorwerp gesteek en die vrou vermoedelik verwurg. Von Wielligh wou nie in dié stadium uitwei oor waar presies die liggame van die egpaar gevind is in die huis nie. Een van die liggame is glo wel buite die huis aangetref.

Von Wielligh het gesê die man was 69 jaar oud en die vrou 67. “Daar was geen geforseerde toegang tot die huis nie. Drie verdagtes is reeds in hegtenis geneem. Die moordenaars het behalwe vir die motor ook met huishoudelike items en juwele weggekom.”

Von Wielligh het gesê die egpaar is vermoedelik in die tydperk tussen laat Saterdagoggend en tot hul liggame gevind is vermoor. Sy kon nie bevestig of daar nog verdagtes in verband met die moord gesoek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Andre ·

Eendag is eendag, dan gaan die wiel verkeerd draai vir hierdie lafhartige skurke…..

Andrea van Vuren ·

Andre, hoe op aarde gaan die wiel draai as die speek (Zuma) dit blok? Ek het GEEN hoop meer vir ons land nie…

Malva ·

By hou van ‘ware’ statistieke van die gereelde moorde sal skok.

Heinrich hartman ·

Dis ons kommentaar vir ontelbare jare al.
Dis ” skokkend . . en ” . .so kan dit nie aangaan . . . en wat gaan in die land aan” ens. . ens.
Dit sal net vererger en ons sal dit net meer geredeliker aanvaar en dit in aan ons GOD bly opdrae. . self sal ons niks doen nie

hannelie ·

Ek wens al hierdie moordenaars net die slegste toe….ons in nou die land van gruwels

Joann ·

Die manne van die destydse SAW moet voorendag kom en die land op regte manier regruk. Net nie die wat nou diens doen nie hul is no good.

pjk ·

Ek stel voor dat ons moet Kommando’s op die been bring en onsself so begin beveilig en beskerm.

Weermag ·

My pa het 30 jaar diens in die “Ou Weermag”gehad… my lewe lank in die eenheid self grootgeword.. Wat ‘n amazing belewenis…
En ja toe het ons nie met die tipe van lewe gesit nie.. My pa sal in sy graf omdraai as hy moet weet wat hier aangaan. Stem saam.. .Ons kort die Ou Weermag…..

J ·

Hulle is in hegtenis geneem maar met verskeie items weg gekom?????? Huh verstaan nie

Nico Strydom ·

Dagsê J
Die items is gesteel tydens die aanval en die verdagtes het daarmee gevlug. Die verdagtes is eers later in hegtenis geneem.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Winston ·

Nog n statistiek by die reeds skokkende moordsyfer in Suid Afrika. Waarom is dit nog in die nuus? Wie gee werklik om? Die wêreld bly stil want sit met hulle eie probleme.Almal wag maar net hulle beurt af om die volgende slagoffer te word in n onbeheersde aanval op weerlose mense. Sterkte aan die naasbestaandes. Ek hoop ons word iewers wakker gemaak uit hierdie nagmerrie.

Louisa vd Westhuizen ·

Ons het by my suster en swaer in Nigel gekuier. Ons ken van die veiligheids mense wat op die toeneel was. Dit is vreeslik en baie hartseer. Die tuinier was betrokke en gevang. Die oom se bakkie is opgespoor dmv sy gps.

Hein ·

Meeste aanvalle is inside jobs of vd mense wat vir jou werk self of deur inligting wat hulle oor jou bewegings uitgee laat die tuin maar liewer woes of werk self n netjiese gras randjie ens is nie jou lewe werd nie

Michelle ·

Weer eens is dit iemand wat by die slagoffers gewerk het wat betrokke is. Mens kan niemand vertrou nie. Doen eerder al jou werk self. Sterke aan die familie. Dit is so hartseer en onnodig.

Zelda ·

Ja ek stem saam….. ons doen al ons werk self. Ons bly al 8 jaar in dieselfde huis waar oral rondom ons ingebreek word…… hul almal het huis- en/ of tuinhulpe….. en nog nooit is daar by ons ingebreek nie.
M

Johannes Christoffel Mu"ller ·

2 Timoteus 3″ > “Swaar tye sal kom, in die laaste dae.” Ons sal versoek word, das dan ons sterf in Christus naam, sal ons met Hom lewe, God sal nie lank talm om ons te red, want Hy het al met Jesus se koms ons lot bepaal deur dat Jesus vir ons sondes gesterf het en opgestaan het sodat ons n ewige lewe kan he saam met Hom. Al gebeur wat God vra net dit dat ons moet in Hom vertrou. > Glo en Vertrou, bly Biddend in Jesus se Liefde en in God se Genade. > Soli deo Gloria <

Johannes Meintjes ·

Daar is talle Burgerlike Beskermingsinisiatiewe beskikbaar, van bewese modelle vir Buurtwag, Plaaswag, GPF tot Kommdoes en ander oud SAW inisiatiewe, tesame met die SAPD en die Staat se Grondwetlike verantwoordelike (wat dikwels in versuim bly). Die probleem is dat die burgers, wit en swart, kla en kerm, maar nie die beginsels van effektiewe self- en buurtbeskerming of samewerking in netwerke wil toepas nie. Oplossings moet na lang waarneming skynbaar plotsling met ‘n blote klagtetjie of gebedjie uit die lug-uit val.

Andrea van Vuren ·

Die dag toe die regering die kommando’s laat sneuwel het, het ons probleme begin. Die boewe was so bang vir die kommando’s hulle het twee keer gedink voor hul begin moor en roof het. Ek lê hierdie misdaadprobleem sonder huiwering voor die regering se deur.

Blinde Sjambok ·

Andrea …hierdie ‘misdaadprobleem’ is deel van die bose agenda teen Witmense en word doelbewus bedryf vir ‘transformasie’ en om Boere die skrik op die lyf te jaag om hul plase te verlaat…

Saamstaan is die oplossing …maar kan ons?

Nita ·

Weereens! Wie is die ware rassiste? Hierdie gruwelike dade spreek van opperste haat teenoor n ander ras. Hier sal geen einde aan kom nie, vir die voorsienbare tyd.

Boer ·

Dit is nie in die regering se belange om, om te sien na die veiligheid van die blankes nie Andrea

Donovan ·

Ek het nou al my storie seker 10 keer verander maar ek wil net vir elkeen van julle sê wat dink om net te bid gaan die gemors laat stop JY moet 2x dink…. jy is tiepies die ou wat as iemand daar aan jou deur klop en kos vra, die ou vir sal bid en hom sal laat gaan sonder om jou oorvol koskas mee te deel… jy is tiepies die ou wat die straat kind in die middel van die winter met n kort hemp sal bless by die robot en aan ry terwyl een van 10 truie agter op jou sitplek lê… jy is tiepies een van daardie mense wat n familie lid n hotel of gastehuis nommer sal stuur as hulle vir n nag of twee moet oorbly… God wag vir jou om al daai blessings om jou met iemand te deel…. sê die Woord van God nie, dat Geloof sonder werke dood is nie…

tamboti ·

Donovan, ek is bly jy is geseen met oorvol koskaste en 10 los truie ens. maar ek het nie – en baie ander mense ook nie. Die motief vir hierdie gruwelike misdade is geensins honger of materiale gebrek nie, dus is jou kommentaar baie veroordelend teenoor onskuldige mense wat tog nog glo en hoop daar kom redding. Sies man!

Karma ·

Donovan, dit is die groot probleem in SA en alle arm lande – daai ding van “wil hê, maar wil nie werk daarvoor nie”. Ek het geen, GEEN, verantwoordelikheid teenoor die straatkind wat in die middel van die winter in ‘n kortbroek en kort hemp by die robot staan en bedel nie, want ek het hom nie gemaak nie. Ek het geen, GEEN verantwoordelikheid teenoor enige bedelaar wat vra vir kos, klere of geld nie: ek is nie sy/haar pa, ma/broer/suster/familielid/vriend nie.

Hierdie misdade het niks te doen met armoede of tekort nie. Dit het alles te doen met “ek-wil-hê-wat-jy-het-en-ek-wil-dit-NOU-hê”. Hulle steel nie kos of klere waar hulle inbreek nie. Hulle steel luukse items soos vermaakstelsels, skootrekenaars, selfone …. enige iets met monetêre waarde wat hulle kan gaan verkoop om geld te hê vir drank en dwelms of ‘n leefstyl waarop hulle nie geregtig is nie, WANT HULLE HET NIE DAARVOOR GEWERK NIE.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.