Egpaar sterf in N3-botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

Twee mense is dood en 18 beseer toe twee voertuie reg van voor op die N3 in KwaZulu-Natal gebots het.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het Vrydag naby die Cato Ridge-afrit plaasgevind. ʼn Taxi het glo deur die middelman gebars, in aankomende verkeer in. en reg van voor teen ʼn motor gebots.

Volgens Vermaak is ʼn vrou deur die voorruit van die motor geslinger en is sy vermoedelik op slag dood. Vermaak het gesê die vrou se man was in ʼn kritieke toestand agter die stuurwiel vasgekeer. Hy is met meganiese toerusting uit die wrak bevry. Hy is kort hierna op die toneel dood verklaar.

ʼn Jong man, vermoedelik die oorledenes se seun, is ook in die motor gevind en is ernstig beseer. Een van die taxi se passasiers is uit die taxi geslinger en is kritiek beseer. Die ander beseerdes is ook op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Asjas ·

Die oorsaak is duidelik die Taxi. Wat wil wie nog ondersoek?

Estelle Piek ·

Dis tyd dat ons almal veilige voertuie en paaie vereis as n Basiese Mensereg in hierdie land. Alle busse, vragmotors en taxi’ moet n jaarlikse padwaardigheidstoets deurgaan, verkieslik voor Desember vakansies, en alle bestuurders van die voertuie moet jaarliks ook getoets word. Tans is dit moordwapens.

susan ·

Die fout le nie by die voertuie nie maar by die bestuurder. Gee vir hulle ‘n splinternuwe voertuig en daar sal steeds ongelukke wees. Sodra hulle agter ‘n stuurwiel inskuif is dit net voet in die hoek. Daarom lees mens altyd van “die bestuurder het beheer verloor” of die voertuig “het net omgeslaan”. Wee die dag dat hulle lisensies gekry het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.