Egpaar tydens Vrystaat-plaasaanval vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Sakkie en Ina van der Berg is Vrydagaand dood tydens ʼn plaasaanval op hul plaas in die Boshoff/Dealesville-gebied in die Vrystaat.

Een van die egpaar se voertuie is tydens die aanval gesteel.

Konst. Wendy Nkabi, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die polisie ondersoek twee sake van moord, huisbraak en die diefstal van ʼn motor. “Dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie. Die polisie se ondersoek duur voort.”

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die aanval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

54 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Lafaards !

Agie

HOU OP !!!!!!!
HOU OP OM ONS TE VERMOOR !!!!!!
HERE WEES ONS GENADIG EN RED ONS VAN DIE MOORDADIGERS
IN DIE NAAM VAN JESUS ONS VERLOSSER
AMEN

TLC

Ek kan nie meer nie
Ek wil nie die artikels lees nie maar ek moet weet
En dit maak my letterlik siek
As die regering nie eers n saak het nie
O GOD MY VADER HELP ONS WANT ONS KAN DIT NIE SELF DOEN NIE
RIV mense RIV
AMEN

CAREN

The Best Gift Parents can give the white children is to Immigrate or help them Immigrate…..

humor

Wonder ja maar dan sal daar nooit onder aan die berig staan:” Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie”