Egpaar ure lank op plaas aangehou

Argieffoto

Die Oos-Kaapse polisie is steeds op soek na vier aanvallers wat ʼn egpaar Donderdagnag ure lank op ʼn plaas in die Joubertina-omgewing aangehou en die man aangerand het.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het verduidelik die egpaar bly in ʼn opsigtershuis op die plaas en was omstreeks 19:00 in hul slaapkamer toe hulle gesien het hoe ʼn man die slaapkamervenster breek en inklim. Terselfdertyd het nog drie aanvallers die slaapkamerdeur oopgebreek en ingestorm.

Volgens Swart het een van die aanvallers die egpaar met ʼn mes gedreig en die man gedwing om hulle na die hoofhuis op die plaas te neem. Een van die aanvallers het by die vrou agtergebly, terwyl die ander saam met die man gegaan het.

“Daar bly nie voltyds iemand in die hoofhuis nie en ten tyde van die voorval was niemand tuis nie,” het Swart verduidelik. Die aanvallers het die huis geplunder en onder meer elektroniese toestelle, kruideniersware en sonpanele gesteel. In hierdie tyd het hulle ook die 50-jarige man aangerand.

“Omstreeks 03:00 het die aanvallers met die man na die opsigtershuis teruggekeer en die egpaar vasgebind. Hulle het met die egpaar se Toyota Hilux-bakkie op die vlug geslaan. Die vrou (45) kon omstreeks 06:00 daarin slaag om haarself los te wikkel en het ʼn ver ent na die buurplaas gestap om hulp te ontbied.”

Volgens Swart is die egpaar nie ernstig beseer nie. ʼn Saak van huisroof word ondersoek.

Mense met meer inligting wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om sers. Mike Ramoshaba by 073 662 2649 of die Joubertina-polisie by 042 279 1600 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

leser ·

simpatie met die egpaar en spoedige herstel met die eggenoot
lmga – ‘n saak van huisroof word ondersoek –
wat was die doel van die mes, om die toebroodjies met botter en konfyt te smeer?
wat van ‘n saak van poging tot “moord”

jankoos ·

Die probleem gaan net vererger todat daar nie meer n wit boer oorbly nie,die probleem word nie geidentifiseer nie .Hoeveel wit aanvallers is al gearresteer vir plaas aanvalle, nul want hulle is nie skuldig nie en die media is te bang om die feite soos dit is weer te gee so julle is aandadig aan die aanvalle.

Tammy ·

Opvallend dat hierdie tipe misdaad en selfs huisroof al meer in die Kaap voorkom. Ek het gedink dis net ons in Gauteng wat so geteister word. Dis baie baie sleg. Sterkte aan die slagoffers.

Andre ·

Bewapen en verdedig jouSELF!

Niemand anders gaan dit doen nie.

Bêre altyd ‘n vol gelaaide selfoon iewers waar dit nie gevind kan word nie …. spesiaal vir ‘n NOODGEVAL.

Dra altyd pepersproei aan jou sleutelhouer met sleutels wat altyd naby jou is.

Skakel in by Buurtwag whatsapp groepe en neem deel aan gemeenskapsaksies.

IK ·

Stem saam Andre. Nogal nuttig om ‘dit’ tussen die ore te gebruik, dit maak mens ‘baie slim’.

Chris Ws ·

Andre’ jy het als reg behalwe ddat te veel mense steeds glo hulle leef in Feetjieland waar N I K S sleg gebeur nie.Hier by ons op die plaas is dit presies net so – mense steur hulle nie aan goeie raad nie.
Alida ,hoe slim is jy so terloops??

Pikkewyn ·

Alida ek hoop jy onthou jou woorde die dag as die terroriste voor jou staan en dit te laat is vir voorsorg. Andre weet verseker waarvan hy praat. Jy bly in Suid Afrika nie in lalalanf nie.

maria ·

Ek stem saam met Andre, Alida.

En jy mag skiet in jou huis as jy aangeval word.

Daan ·

Dankie Andre,mense dink nie altyd daaraan nie.Dit kan ‘n verskil maak tussen lewe en dood.Laat ook ‘n alarm installeer (R2000 tot R3000)met ‘n afstandbeheer paniekknoppie wat elkeen by hom dra met ‘n “sound bomb” en groot,harde sirene.In die aand is alles aan behalwe die slaapkamers.Hulle hou nie van enige geraas nie.Ja Alida,hy is nogal…

humor ·

Ja Alida baie slim maar hierdie keer is dit nie slim vang sy baas nie. Almal wat tot dusver aangerand is verkrag is en vermoor is het ook gedink dit sal hulle nooit oorkom nie.

Sputnik ·

Stem heelhartig saam met André – nuttig om “iets” tussen die ore te hê. Alarmstelsels met vroeë waarskuwingsensors is ‘n “móét hê” deesdae, nie net op plase nie.

Adrian ·

Waar is die diefwering, n sterk diefwering en alarm met ,, glassburst” is n moet 2 polisiemanne wat jou goed sal bewaak met eenmalige uitgawe. Verder is dit verniet

maria ·

Nog iets, gee vir die inbrekers wegkruip plek en gaan kyk daagliks vir droe dooie plat spots by die wegkruip plekke.

Hoe meer beheer jy het, hoe beter vir jou, dus sal jy nie onverwags betrap word nie.

maria ·

En onthou, jy word tussen 6 tot 4 weke vooraf dopgehou voor hul jou aanval. Jy moet ook snaakse gedrag opmerk by jou werkers, omdat hul gedreig word. Maak ook seker jou werkers los nie hul kleredrag in die tuin om jou honde nie. As jy suspect jou hond raak “te mak” of voel geintimideer deur jou werker, smeer baie goeie verdunde detol op die hond se neus, dit vee die reuk geheue uit. Onthou hierdie goed word BAIE goed beplan vooraf deur sindikate.

Nel ·

Baie goeie ‘tips’ wat hier gegee word, maar tipies mens dink ons mos dit sal nie met ons gebeur nie… Die realiteit en statistiek bewys ons erg verkeerd.

Clever ·

If you want the outside world to know these wrong doings , go on twitter and post it on fox news .

Nikita ·

Jip hulle hou jou weke lank dop. Loop 1 keer per dag om jou huis en kyk waar hulle sal kies om in te kom…maak daar veiliger. Voel gereeld of palisades vas is, kyk vir merkers. Kyk tot in die bome voor jou huis, hulle sal daar ook wegkruip, het al daarvan gehoor. Kyk as daar lee botteltjies en sigaretstompies ens voor jou huis le, of waar gras platgesit is kan ook n teken wees dat hulle daar sit en jou huis dophou. Whatsapp buurtgroepe is baie belangrik om mekaar te waarsku as vreemdelinge in buurt verdag voorkom. Luister goed na jou honde se geblaf, n hond blaf anders vir katte/muise as vir mense. As jy naby n veld bly is daar gewoonlik kiewiete en hulle sal raas as iemand in veld is. As jy n vreemde gefluit oor en weer hoor of n dagga reuk ruik, baie inbrekers gebruik dwelms kan ook n waarskuwing wees. Wens so mense veral op plase kan hulle veiligeid meer opskerp. Sterkte aan hierdie mense.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.