Egpaar val mekaar op strand aan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar het mekaar op Nuwejaarsdag op ʼn strand in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap aangeval.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man en vrou het albei steekwonde opgedoen. “Die man is ook vir ernstige kopbeserings behandel.”

Volgens Lambinon het polisiebeamptes wag gestaan terwyl paramedici van die NSRI die twee pasiënte behandel het aangesien daar ʼn “gespanne en plofbare atmosfeer” was.

Die egpaar is in ʼn stabiele toestand in die hospitaal opgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neptunus ·

Dalk was die gespanne, plofbare atmosfeer te wyte aan die kragonderbreking in J-Bay?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.