Egpaar van padwoede beskuldig

Skermgreep uit die video wat Thobekile Mbhele op Twitter gedeel het

ʼn Man en ʼn vrou moet binnekort weer in die Bloemfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn ná hulle van padwoede beskuldig is.

Thando Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 48 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem op aanklag van aanranding. Dit volg ná ʼn 19-jarige mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat glo Sondag glo tydens ʼn padwoedeaanval aangerand is.

Thobekile Mbhele het besonderhede van die voorval op haar Twitter-blad bekend gemaak. Sy was omstreeks 11:30 op pad om haar broer by ʼn kerk in Heuwelsig te gaan oplaai toe die voorval in Genl. Dan Pienaarrylaan in Westdene plaasgevind het.

“Ek het by ʼn rooi verkeerslig stilgehou en gewag vir die lig om te verander. Die volgende oomblik het ʼn rooi motor agter my stilgehou. ʼn Man het uitgeklim en na my venster toe gekom. My venster was afgerol, maar ek het nie iets gedoen nie, so ek het nie gedink iets is verkeerd nie. Hy het dadelik na my toe gekom en my begin wurg en my begin slaan,” het Mbhele gesê.

“Ek het nie geweet hoe om te reageer nie, maar toe hy my laat gaan en begin wegstap, het ek dit goedgedink om ʼn video te neem. Toe die vrou egter sien dat ek ʼn video neem, het sy na my toe gekom, op my geskree en probeer om my te dwing om weg te ry deur aan my motorsleutel te karring. Haar man het toe teruggekom en my weer geslaan.”

Mbhele sê ʼn ander vrou wou die egpaar keer. “Ek kon sien dat sy bang was. Hierdie mense is so groot. Hulle het op die ander vrou geskree, maar daardie vrou het nie weggegaan totdat ek veilig was nie.”

Toe die egpaar sien dat Mbhele nie gaan wegry nie, het hulle self weggery.

“Daar was nie enige ongeluk nie. Ek het nie hulle motor gestamp nie. Ek weet glad nie waarom hulle só reageer het nie.”

Mbhele het ʼn besering aan haar kakebeen opgedoen en het kneusplekke aan haar nek. Die egpaar het glo Afrikaans gepraat en sy kon dus nie verstaan hoekom hulle kwaad was nie.

Sy het ʼn saak by Parkweg-polisiestasie aanhangig gemaak.

Mbambo het gesê die egpaar is op waarskuwing vrygelaat en hulle moet op 8 Oktober 2019 weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Raai raai ·

Wit rubbish! Dis agv sulke nonsense dat alle wit mense sleg lyk. Hoop hulle word goed gestraf. Hulle vuur die haat net aan.

Gaitsigubib ·

Mens kan mos nie swartmense haat a.gv bflf se uitlatings nie (eff is n ander storie want 10% van die bevolking steun hulle)? As so insedent haat aanblaas, dan wys dit net vir my weer dat die mense wat haat is die einste mense met die probleem. Dis mos nie asof hierdie n tendens is nie soos wat bv. aanvalle op boere op plase n tendens is nie. Ek mag verkeerd wees maar as n dronk boemelaar deesdae iets verkeerd se wil almal hom blammeer vir plaasaanvalle – Die aanvallers self is onskuldig.

Sê maar net ·

Nee sy weet nie waaroor dit gaan nie, want kyk maar hoe ry almal vandag. Ken nie padreëls nie, verontagsaam meeste verkeersreëls. Dit gee nogsteeds niemand die reg om sommer net iemand anders te verwurg nie. Die ander dag ry n vrou net so reg voor my in, sy het nie eens gestop by stopstraat nie. By die verkeerslig kom staan sy agter my, ek was baie lus om vir haar te vra of sy nie stop by stopstrate nie. Maar nou ja, ek sou dan lyk soos die een wat simpel is. Ag, en nie te praat van die mense wat sigaret stompies by die ruit uitgooi. Ek wou dit al optel en terug in die motor te gooi

Magda ·

Rubbish – regtig Raai – raai. Ja boelies en hulle moet kry wat hulle verdien – maar rubbish – jy se dit sonder dat jy enige iets oor die mense weet -so WAT IS JY – raai-raai

HARTSEER ·

Ek is so hartseer dat so iets gebeur het – daar is defnitief iets groot fout met die mense wat ander aanrand sonder rede ….dwelms ….

Cherokee ·

So jy dink die plaasaanvallers gebruik almal dwelms. Dit is ‘n nuwe een.

Annie ·

Johan, regtig? Wat is jou regverdiging vir n man om by n jong vrou se venster in te klim en haar te begin aanrand? Of dink jy dis n gepaste reaksie as iemannd n fout in die verkeer maak? Wat is fout met jou?

Gaitsigubib ·

Ek dink jy is emosioneel Annie en nou oorreageer jy op Johan se kommentaar. Dink jy werklik die vrou weet van geen sout of water nie en dat sy sommer uit die bloute uit aangeval is? Sy het reeds haar die geloofwaardigheid so geskaad dat dit nou moeilik gaan wees om enige iets wat sy se te glo moet jou egter nie bekommer nie want die hof sal haar glo.

Liezel ·

Regverdig nie die feit dat ‘n man nie aan ‘n vrou moet slaan nie.

Gaitsigubib ·

Ja wel as sy werklik aangeval is kan mens dit beslis nie regverdig nie. Haar weergawe van die storie klink nog steeds uiters onwaarskeinlik.

Cherokee ·

So Johan, jy sien dus regverdiging daarvoor. Dit sê baie van jouself.

Mak Muil ·

Hierdie perde wat so vinnig uit hulle karretjies spring en wil bolle rol gaan nog eendag in die verkeerde ou vasloop!

Koos ·

Al het sy iets klein verkeerd gedoen (daar was geen ongeluk) gee dit nie die reg vir die “man” om haar aan te rand nie. Ek sal graag dat hy aan my kom wurg

Hoekom ·

Ek kan nie verstaan hoekom mense in die tye waarin ons tans in SA is, steeds so onnosel kan wees nie, hulle verdien dit om gestraf te word hiervoor. Boon-op kan ek net dink die EFF ens gaan wees gons hieroor en dit as ammunisie gebruik….

Henry ·

Julle het nog net een kant van die saak gehoor. ‘n saak het altyd 3 kante. Haar kant sy kant en die regte kant

Chris ·

Glo ook dat ‘n saak meesal oor 3 kante kan beskik. Hier sien ons ongelukkig net die 1 kant en dit oorskry die grense van die waardes van enige samelewing en ook die wette van die land. Daar was heel moontlik ‘n voorval wat aanleiding gegee het tot die optrede van die 2 persone. Maar dit regverdig geensins hul reaksie nie

Heidi ·

Sukkel nie met n pop wat Guns & Roses t shirt dra nie! Swak gedrag, sou bekommerd wees as my kind in haar skool was. Die dame het geen selfbeheer nie.

Chris ·

Sies vir Mak Muil en Penocio wat die tipe kommentaar lewer wat ons Afrikaners se naam deur die modder sleep. Distansieer myself van julle in afkeur. Wat probeer julle bereik? Julle is voorwaar presies dit wat julle ander voor probeer uitmaak.

A ·

Ek het die video op twitter en Sowetan live gaan kyk, snaaks hoe dit afgesny word nog voor die vrou vir haar sê wat sy gedoen het. Hier is meer aan die storie, as sy dan “record” het hoekom nie die 2de aanval ook post nie???

Heksie ·

Ek glo nie haar weergawe dat sy niks gedoen het nie, tipies speel sy die “victim”. ek is seker hier is meer agter hierdie storie as wat sy wil laat blyk.

Willie ·

Ek dink persoonlik almal is keelvol vir die mense se verkeers gedrag. Dis snaaks dat hulle altyd NIKS verkeerds gedoen het nie… ek praat dit nie goed nie..Maar mens raak keelvol, elke dag is dit in mens se gesig..Hulle kanie bestruur nie, nog minder wette gehoorsaam…

Swart Piet ·

Gelukkig weet ons almal ‘n saak het drie kante, die kant, daai kant en dan is daar die waarheid.

Annelize ·

Om die vrou te lyf te gegaan het was nie reg nie. MAAR, my “gut feeling”se vir my, hier is meer aan hierdie storie as wat die slagoffer te kenne gee.

Klara ·

Maak nie saak of het die student dalk self hul kar gestamp nie. Dit is ONAANVAARBAAR om iemand te wurg. Maak nie saak of daar 3 kante van die saak is nie. Ons is ‘n siek samelewing as ons begin redeneer haar verkeers gedrag het sulke aksie regverdig.

AI ·

Julle almal se daar is drie kante aan ‘n storie en ek stem saam. Maar nie meer in die nuwe SA nie en julle weet dit :)

ja ja ·

Met die hoeveelheid mense wat deesdae hulle leerling lesensies en lesensies koop weet niemand ooit wat hulle verkeerd doen nie. Want hoe gaan jy weet as jy oor n witstreep ry dat dit verkeerd is as jy geen idee het wat die doel is van die witlyn nie.

MEYER ·

Almal moet bietjie Galasiërs 5 in hul lewens begin toepas. Dan sal die land beter plek begin word. Almal is hier om te bly. So al die geruk en plukkery aan mekaar sal niks regmaak nie.

Onnodig ·

Aanranding is verkeerd en moenie gebeur nie, maar nou moet ek ook se dat n mens so sielsmoeg raak met bestuurders wat ry soos hulle wil, dat dit moontlik is dat enige mens op n dag net genoeg gehad het en dan verkeerd optree. Ek kan nie glo dat hierdie mense net die student raakgesien het en toe besluit het om haar sonder rede aan te val nie. Dalk het hulle ook net die laaste bietjie padarrogansie nodig gehad om die damwal te breek.

@Onnodig ·

Is waar. Hulle kom weg met alles en speel dan dom. Mens kan net soveel vat. Ek voorspel sy het dalk ook net hulle lewens in gevaar gestel en toe sneeubal dit net van daar af. As jy aanjaag, moet jy maar jou pyne kan vat.

lanie ·

Dit was n MAN wat n VROU aangerand het. Wat as dit sy vrou was. Verkeerd is verkeerd en reg is reg.

Tanya Kruger ·

‘n Saak het altyd 3 kante! Myne, joune en die waarheid!

Chris ·

Soos jy se, 3 kante. Die 1, weliswaar net gedeeltelik, wat ons kan sien is beslis verkeerd. Wat ookal die volle saak is en wat ookal van die 3 kante verkeerd was, bly dit wat ons kan sien, verkeerd. Punt

annatjie ·

Ek se bring die doodstraf terug dit sal dinge baie veander in ons land so ka dit nie aangaan , sulke mense hoort ni in die samelewing nie annatjie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.