Egpaar van Tzaneen in hof vir bedrog, diefstal

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Egpaar van Tzaneen in Limpopo het in die streekhof in Polokwane verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Johannes Petrus Meintjies (52) en Mavis Joy Meintjies (44) het Dinsdag in die hof verskyn nadat hulle vroeër die oggend deur lede van die Valke in hegtenis geneem is.

Kapt. Yolisa Mgolodela, Valke-woordvoerder, het gesê daar word beweer dat die egpaar in 2018 bedrog en diefstal gepleeg het terwyl hulle by ʼn onderneming wat geld uitleen in Polokwane gewerk het.

Johannes was glo die bestuurder van die onderneming en sy vrou het as administratiewe klerk gewerk toe hulle glo bedrog en diefstal van R105 000 gepleeg het.

Die onderneming het volgens Mgolodela eers van die beweerde bedrog en diefstal bewus geraak toe ʼn oudit gedoen is. ʼn Saak van bedrog en diefstal is aanhangig gemaak en deur die Valke ondersoek.

Die egpaar is op borgtog van R500 elk vrygelaat en moet weer op 14 April in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ES ·

Gooi hulle hul lewens weg vir R 105 000… Party mense darem…

Hennie J ·

As jou vingers in die kasregister is, moet jy rekenskap kan gee.

Renette ·

Hulle word gearresteer vir R 105 maar ek weet van iemand wat baie mense ingedoen het met oor die R7m maar niks word gedoen nie – verstaan nie die gereg nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.