’n Egpaar van Birchleigh sal volgende week weer in die Kempton Park-landdroshof aan die Oos-Rand verskyn vir die moord op hulle baba vroeër vandeesmaand.
Kapt. LP Molokomme, woordvoerder van die polisie, het gesê die man (28) en sy vrou (24) is verlede Woensdag in hegtenis geneem nadat die polisie vroeër dié week na ʼn huis in Jonathanstraat ontbied is.
By hul aankoms op die toneel het paramedici reeds ʼn vyf maande oue baba dood verklaar.
Volgens Molokomme het die kind se ma aanvanklik aan die polisie gesê dat die kind dié betrokke dag nie asem gehaal het toe sy by hom kom nie waarna die polisie ʼn geregtelike doodsondersoek geopen het.
Die kind se liggaam is na ʼn staatslykshuis geneem waar ʼn nadoodse ondersoek egter bevind het dat die baba beserings opgedoen het wat met ʼn stomp voorwerp toegedien is.
Die egpaar is toe in hegtenis geneem op aanklag van moord en het kort daarna in die hof verskyn.
Albei bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 22 Augustus, het Molokomme gesê.
Hulle sal na verwagting dan om borgtog aansoek doen.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Arme ou dingetjie, wat moes hy nie deurgemaak het nie. Wonder of hulle ooit gevoelens het en dit nog hul eie ou seuntjie.
Liewe hemel, die mensdom raak mal, Arme kind, Gee hom eerder vir iemand wat smag na n kindjie. Ek hoop geregtigheid geskied hier.
Regtig, Mense is besig om gek te word in die land.
Verskriklik hartseer. Ek verstaan nie waarom sulke mense kinders het nie. My dogter smag na n baba maar sukkel onglooflik Baie.
Hoekom nog nog n onskuldige kind…. Kon niemand vroeer onraad vermoed het nie..
Gooi hulle lewenslank in die tro k en laat hulle dieselfde pyne voel….
“Liewe Here….vergewe hulle, want hulle weet nie wat hul doen nie……HELP!!!” Die Here sê….My land en mense gaan tengronde, weens gebrek aan kennis…..