Egpaar vas ná miljoene by munisipaliteit voete kry

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

’n Egpaar het Vrydag in die plaaslike landdroshof verskyn nadat hulle na bewering die Umsobomvu- plaaslike munisipaliteit (Colesberg) in die Noord-Kaap uit R2,3 miljoen bedrieg het.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê die egpaar, onderskeidelik 28 en 37 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog, diefstal en geldwassery.

Dít nadat ’n voormalige hoof- finansiële klerk van die munisipaliteit na bewering R2,3 miljoen tussen 2015 en 2018 vanuit die munisipaliteit se bankrekening na sy en sy vrou se bankrekeninge oorgedra het.

Die betrokke verdagte het glo ook destyds die munisipaliteit se rekening gebruik om ’n persoonlike lening te vereffen, het Mnisi gesê.

In KwaZulu-Natal het twee verdagtes vandeesweek in die Durbanse handelshof verskyn op aanklagte van bedrog en korrupsie.

Kerissa Pillay (31) en haar medepligtige, Mervin Dennis (52), is Woensdag in hegtenis geneem nadat hulle glo bedrieglike eise by die provinsiale departement van vervoer ingedien het, het Mnisi verduidelik.

Pillay en Dennis het na bewering R1,8 miljoen van die departement geëis vir die konstruksie van ʼn  pad in 2013 in die omgewing van Umzikhulu. Dié werk is nooit gedoen nie.

Albei is sedertdien op borgtog van R5 000 vrygelaat en sal na verwagting weer op 15 Oktober in die hof verskyn.

Nog inhegtenisnemings in verband met dié saak kan nie in dié stadium uitgeskakel word nie, het Mnisi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

‘n Hoe vroue Minister in die ANC regering, is vasgetrek op heter daad nadat dit te voorskyn gekom het dat onwetige sigaret geld van biljoene met haar wete gewas is in Suid Afrika, en toe pad gevind het Dubai toe. Twee familie lede is ook vasgetrek, en ‘n hoe polisie minister. Hulle sal almal Woensdag die 3de Junie in die hof in Pietermaritsberg verskyn. Dit is ook aangekondig dat sigarette nou mag verkoop word, en die NCCC loop nou soos ‘n wel geoliede klok. En toe word ek soe nege uur wakker vanmore……

Christa ·

DIE SELFDE IN TSHWANE GEBEUR EN AS MY MAN DURF WAG OM TE PRAAT HET HUL GESE HY GAAN SY WERK VERLOOR

Cherokee ·

Dan weerhou hy (dus) inligting oor misdaad. Jy kan maar in kleinletters skryf.

Michael 1 ·

En die boekhouers wat die oudits gedoen het ,nie opgetel nie ?

JohanR ·

Wie was die boekhouers? Lyk my hulle is deesdae net soe skelm!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.