Egpaar vas oor dwelms in baba se broek

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Egpaar is in hegtenis geneem nadat die polisie hul huis deursoek en dwelms in hul baba se broek gevind het.

Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het ʼn wenk ontvang oor ʼn huis in Selosesha naby Thaba Nchu in die Vrystaat waar daar glo dwelms verkoop word.

Volgens Xuma is die huis deursoek. “ʼn 12-jarige meisie het met ʼn sewe maande oue babadogtertjie in haar arms gestaan en een van die konstabels het die ouer meisie versoek om vir die baba ʼn kombers te gaan haal. Die konstabel het die baba vasgehou terwyl die meisie ʼn kombers gaan haal het. Sy het iets vreemds naby die baba se broek gevoel waarna ʼn plastieksakkie met 57 mandrax-tablette in haar broek gevind is.”

Volgens Xuma is die 31-jarige ma onmiddellik in hegtenis geneem. Haar 41-jarige man is ook hierna in hegtenis geneem nadat daar glo ook dwelms in sy besit gevind is. Die egpaar se twee dogters is na hul ouma geneem.

Die egpaar sal binnekort in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Buitestander ·

Nou word tot peuters gebreuk om dwels te smokel. Watter sedelike verval sal daar nog plaasvind?

Ai tog! ·

Kan jy dit nou oorvertel? Waar gaan hulle nog wegsteekplek kry vir dwelms? Arme kind! Ek salueer die SAPD wat uitstekende werk doen deesdae. Hulle moet al hierdie “druglords” van kant maak.Die goeie SAP lede moet darem n “reward” kry vir hulle puik diens wat sommiges van hulle lewer hulle is baie dun gesaai in ons land. Wis al die dwelms en dwelmbase uit in ons land asseblief want dis waar die grootste ewil ontstaan dis deur dwelms! Bring die dood straf terug vir dwelmhandellaars en dwelmgebruikers!

Simon ·

Maroela Media,
As julle intieme (eerste handse) kennis het van hierdie saak is dit jul PLIG om dit by maatskaplike werkers aan te meld. Die MW sal dan die saak vanuit kindermishandling oogpunt ondersoek en bes moontlik die kind vir sy eie beswil van die ouers af verwyder.

Ons is tog ook nog binne in die periode van 16 dae teen mishandling van vrouens en kinders.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.