Egpaar vas oor dwelms

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Vrystaatse egpaar is in hegtenis geneem nadat meer as 100 kg dwelms in hul besit gevind is.

Sers. Ikobeng Hlubi, woordvoerder van die polisie, het gesê die 64-jarige man en sy 48-jarige vrou is in Trompsburg in hegtenis geneem nadat daar glo 106 kg dagga ter waarde van R150 000 in hul besit gevind is.

Volgens Hlubi is die egpaar Sondag op die N1 in hegtenis geneem tydens die polisie se roetine-stop-en-deursoekveldtog. Die egpaar se motor is van die pad af getrek waarna daar glo vyf plastieksakke vol dagga gevind is.

Hlubi het gesê die egpaar sal binnekort in die Trompsburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Glad nie so erg as om rou riool, ens. in ons waterbronne te stort en sodoende miljoene mense bloot te stel aan siektes en dus die dood.

SNEL ·

Ek stem Peet, wat is n bietjie aap-twak nou as mens na al die ander goed in die land kyk. Miskien gebruik hulle dit juis om vir n oomblik te vergeet van al die goed wat in die land aan die gang is en om al die misdaad, vuil water en gereelde kragonderbrekings beter te kan hanteer. Dis die dat hulle so baie twakkies het, vir al die baie probleme.

Rina Pretorius ·

Ek stem saam, omkyktwak is nie so erg nie, kyk eerder hoe al die moord en doodslag in die land gestop kan word en dronk bestuurders wat dood veroorsaak op paaie en ja die rou riool in ons drinkwater (sies) en ander misdaad wat mense benadeel. Los die omkyktwak, dit doen nie soveel skade aan ‘n mens nie

Se maar Net ·

Jy weet hulle wil ‘n helse bohaai maak oor Pappegaaslaai. Maar intussen val alles op die grond!

tina ·

Genade mense!!! Moet nou nie gedagtes in mense se koppe sit…verkeerd is verkeerd en dit maak nie ALLES reg as daar in hierdie opsig oortree is nie…hulle se mense gaan bossies by die gebruik van hierdie dwelms – moord,verkragtings,aanrandings,diewery ensomeer..Wanneer mense oor hierdie misdaad kyk, dan word die ander misdade ook naderhand afgewater!! Die morele verval in hierdie land het altyd ‘n begin punt…Laat ons liewer bly wees as hierdie soort misdaad ( wat harde dwelms tot gevolg het ) van die strate afkom…ons land het al so verval, alreeds oor mense hulself regverdig om ‘klein oortredings’ af te maak as gering. Ek glo ons kan weer ‘n trotse afrikaner-volk word en goeie oordeels-vermoe aan die dag le.

Eish! ·

Wens ek kon dit kry. Medisinale waarde vir diabeet. Die staat laat ‘n mens eerder doodgaan omdat hul sg hospitale nie vir ons medikasie het nie. Ek kan nie wag vir die wet om dit as medisyne te wettig nie.

Se Maar Net ·

Ek stem saam Tina, en dankie. Maar het jy gedink die dagga gaan verbrand word???
Of is dit ‘n bonus …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.