Egpaar vas vir bedrog van R2 miljoen

(Argieffoto: Bill Oxford/Unsplash)

ʼn Egpaar is Woensdag in Polokwane in Limpopo vasgetrek vir beweerde bedrog en korrupsie ten bedrae van R2 miljoen.

Sampo Maaboyi, woordvoerder van die Valke, sê die man, destyds ʼn werknemer by die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg, het glo tussen 2016 en 2017 familielede en vriende genader oor moontlike sakegeleenthede in Gauteng.

“Hy het glo maatskappye, wat aan sy vriende en familie behoort, in die provinsiale verskaffersdatabasis geregistreer. Daarna het hulle glo betalings begin ontvang hoewel daar geen dienste gelewer is nie.”

Die man het na bewering dan van Gauteng na Limpopo gereis om die geld in te samel en na verskillende bankrekeninge in sy vrou se naam oorgeplaas.

Die saak is onder die Valke se aandag gebring en die egpaar, onderskeidelik 33 en 44 jaar oud, is vasgetrek.

Die egpaar sal na verwagting Vrydag in die Sekhukhune-landdroshof in Limpopo verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Nog korrupsie! Ons soek die groot visse Valke ons soek hulle. Ja dis goed die klein vissies word gevang, maar ons wag dat julle by die parlement in stap en daar begin toe sluit ASB

netek ·

Verduidelik net vir my een ding. Hoe word faktures net betaal sonder om rekords te bekom dat dienste wel gelewer is. Jy betaal mos nie net sonder bewyse nie. Regtig `n lekker afdeling. Gee net geld uit.

Louise ·

Diegene wat saam ontvang het en wie se bankrekeninge gebruik is het seker suur geraak omdat hulle cut te klein was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.