Egpaar vas vir miljoene se vervalste goedere

Die sanitêre doekies waarop beslag gelê is (Foto: Verskaf)

Die Valke het beslag gelê op vervalste goedere ter waarde van meer as R5 miljoen tydens ʼn klopjag in die Johannesburgse middestad.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê verskeie wetstoepassingsagentskappe, waaronder die Valke, grenspolisiëring City Deep en Johannesburg-Sentraal sigbare polisiëring, het Donderdag tydens ʼn klopjag ’n egpaar wat in besit was van pakkies sanitêre doekies waarvan die handelsmerk vervals is, in hegtenis geneem.

Mulamu sê die egpaar het na bewering Stayfree sanitêre doekies as die duurder handelsmerk Always in ʼn fabriek in die Crown Mines-omgewing in die middestad verpak en versprei.

Die egpaar is Donderdagoggend uit hul woning in Northcliff na die fabriek begelei en beslag is gelê op meer as 60 000 pakkies Always sanitêre doekies en twee Rizla-vervaardigingsmasjiene met ’n geskatte waarde van altesaam R5 miljoen.

Die polisie het verlede jaar inligting oor die onwettige handel ontvang en is sedert Julie op die spoor van die egpaar.

ʼn Lasbrief en beslagleggingsbevel is reeds in Januarie vanjaar verkry.

Die egpaar sal vermoedelik Vrydag in die gespesialiseerde handelshof in Palm Ridge in Johannesburg verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Michael ·

Ek sien nie die probleem hier nie,niemand is leed aangedoen nie hulle was miskien oneerlik maar dit is nie asof hulle dwelms vervaardig het of wapens verkoop het nie.

Benita ·

Ek hoop hulle gee al daardie sanitere ware vir behoeftiges eerder as om dit te verbrand!

Cherokee ·

Deur goedkoper produkte onder ‘n duurder handelsmerk te verkoop, Janette. Ek verstaan egter jou vraag. Die sinitêre dovekies is nie vervals nie, maar die handelsmerk wel.

Vriendelike Frikkie ·

Daar was ‘n video in omloop so ‘n jaar of wat gelede wat gewys het hoe hulle 1 doekie uit elke pak uithaal en dan weer herverpak. Elke 9 pakke het jy nog ‘n pak met 9 in. Hulle koop 9 aan en verkoop 10 teen volprys.

Mieke ·

Jy gebruik ‘n duurder vervaardiger se naam en sit goedkoop doekies in….

Jakes ·

Die doekies kan liewer gebruik word om water te suiwer as om dit te verbrand. Glo my, dit werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.