Egpaar vasgebind, aangerand in plaasaanval; boer in hospitaal

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn 52-jarige beesboer van Reivilo in Noordwes is Woensdag in die hospitaal opgeneem nadat hy en sy 46-jarige vrou in die vroeë oggendure deur ʼn groep van minstens sewe aanvallers oorval, aangerand en beroof is.

Lt.kol. Adéle Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo Woensdag net ná 02:00 plaasgevind.

Myburgh sê die groep, volgens haar tussen sewe en agt verdagtes, het gedwonge toegang tot die egpaar se huis verkry en hulle oorval terwyl hulle lê en slaap het. “Die verdagtes het die egpaar vasgebind en hulle toe aangerand,” sê sy. “Die verloop van die gebeure is nie in dié stadium duidelik nie, maar die polisie kan wel bevestig dat dit ʼn ernstige voorval was.”

Sy sê een van die verdagtes het die 52-jarige man, glo ʼn bekende beesteler van die omgewing, met ʼn skerp voorwerp in die bors gesteek voordat hulle die egpaar se huis geplunder het. “Die polisie het nog nie kontak met die slagoffers gehad nie. Ons kan daarom nog nie bevestig presies hoeveel keer hy in die bors gesteek is nie, maar hy is baie ernstig beseer in die voorval.”

Volgens Myburgh het die verdagtes vuurwapens, selfone en die boer se Ford Ranger-bakkie gesteel. Die groep het met die gesteelde bakkie van die toneel gevlug.

Sy sê die egpaar het met behulp van ʼn satelliettelefoon hul bure na die toneel ontbied. Volgens Myburgh het die bure die polisie ontbied en met die egpaar na die hospitaal gejaag. “Die 46-jarige vrou het skaaf- en skuurplekke van hoe die verdagtes haar rondgeruk en -gepluk het. Sy is buite gevaar. Die 52-jarige man se lewe is ook nie in gevaar nie, maar hy is baie ernstig beseer. Meer inligting is nie nou bekend nie.”

Die polisie was teen Woensdag 12:00 steeds op die egpaar se plaas op soek na leidrade. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die boer se bakkie is vroeër Woensdag langs die N14 gevind.

Die slagoffers se name word weerhou totdat al hul naasbestaandes van die voorval ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Anoniem ·

Plaad die regering iets omtrent ons mense wat so gebuk gaan onder plaasaanvalke nou wil hulle lughawens se name verander wat n onbebullig saak om oor te deabateer daar is baie ernstiger dinge soos plaasaanvalke wat onder die aandag gebring kan word en gedebateer kan word maar nou bly maar ons met heuning om die mond gesmeer dink daar sit meer as wat ons weet in vergaderings

Selfbeskikking ·

Ons moet heeltemal kopskuif maak na selfbeskikkingsonderhandelinge met ons regering en buitelandse hulp, want daars regtig geen ander uitweg as ons wil oorleef nie. Al is ons land klein kan ons dit op tegnologie bou soos Israel, ons hoef nie baie fisiese hulpbronne te he nie, net veiligheid.

Johannes ·

Die ANC is kommunistiese terroriste. Wat verwag jy gaan hulle doen?

Karen van Zyl ·

“Plaas die regering…;” wat van Plaas ONS…….

Amelia ·

Nou wonder ek in watter provinsie en naby watter dorpe is die plaas gelee?

Dalene ·

Amelia, die provinsie en dorp is heel aan die begin van die berig geplaas.

janneman ·

Dis tussen Kuruman en Vryburg, Noord Kaap. Die aanvalle op boere kring landswyd nou feller uit. Voorheen “veiliger” provinsies word nou ook geteiken, en voorkomende aksies moet nou ELKE boer se prioriteit word, inteendeel moes al lankal gewees het maar baie mense staan steeds apaties teenoor die werklikheid in ons land!

Anton Kld ·

Amelia die berig is dan Reivilo (dorp) in Noordwes (provinsie)

Conrad ·

Het enige hooggeplaaste regerings amptenaar die aanval ten sterkste afgekeur of die familie besoek.

Matt ·

Wit slagoffers word selde of nooit deur enige regerings amptenare besoek nie, slegs anderskleuriges. Die amptenare weerhou hulle van enige kommentaar tensy dit ‘n rassistiese aanval was (wit teen swart)

Rynhardt ·

Die aanvalle kan jy sien word nou verskerp teen blankes!Die feit dat die egpaar deur sewe verdagtes aangeval is,wys bendes gaan meer en meer ingespan word teen boere!Dit word agter die skerms gedryf!????Ouerige mense op plase en plotte,jy gaan kitskos word vir hierdie gewetenlose misdadigers!!Gee liewer pad,niemand gaan julle beskerm nie.

christa ·

Conrad Nee hulle sal nie soos ek noem hier gaan niks meer wees nie Dan gaan hulle BOERE SOEK ….. DAAR MOET IETS GEDOEN WORD EN SE NOG DAAR IS PERSONE WAT agter dit sit SOOS EK SE WAT GAAN HY MET PLAAS DOEN PAAR RYE MIELIE PLAN OP PARAFIN BLIK SIT EN BIER DRINK EN NOG BRIG DIE KOMANDOES TERUG DAT HULLE ONS BOERE KAN BESKERM …EN VERBIED ONWETTIGE IMMIGRANTE

A ·

Die EFF en sy trawante sit agter die plaasaanvalle. Vroer was 3 -4 aanvallers. Nou is dit ewe skielik 7-8. En hulle gaan om dood ye maak.

Oom Kalahari ·

Hierdie plaasmoorde, roof en verkragtings raak nou al ‘algemene sport en kan beskryf word as ‘n jag op plaasmense. Dat ‘n regering net nie kan insien dat dit nou al daaglikse gebeurtenisse is en dit nie wil aanspreek of prioriteits aandag gee nie. Ook luister hul nie na die geskree om hulp nie. Dit is massa moord op grootskaal. Die misdadiger spanne vergroot want hul is lafaards en weet waartoe ‘n Boer en sy gesin tot staat kan wees om hulself te verdedig. Nou gebruik hul massas om nagtelike aanvalle te loods wanneer die boer en sy gesin moeg is en rus. Asb die boere moet oorweeg om blanke werkloses kans te gun om hulp en vele sal tevrede wees met net ‘n rondaweltjie.

Piet ·

En die regering (en “Oom” Cyril) sit weer agter die EFF, of is daar n oningeligde liberale persoon wat met my wil verskil?

Mrs H ·

Genade…. Dink dit kan help om klokke of blikke aan alle handvatsels en vensters te hang wat erg geraas maak met die geringste beweging? Ek het klomp bymekaar op gehang by elke bewegende deel van my huis. In my oppinie is dit baie effektief. Selfs as n kindjie onwetend probeer uitgaan na die swembad area. Kan net myself indink hoe verskriklik dit moet wees om so wakker te word met jou hart in jou keel en omgekeerde maag van skok en vrees! Stel sommer n hele paar boobie traps met vislyn en klokke en blikke. Sensor ligte wat soos die son skyn as daar beweging is…

PJC ·

Dit wil voorkom asof die aantal aanvallers by elke insident al meer word en dus raak die gevaar ook al groter. As gevolg hiervan sal veiligheidsmaatreëls ook moet verbeter. Liewers bang Jan as dooie Jan het die oumense altyd gesê. Wees dus eerder paranoïes wat veiligheid betref as om met jou lewe te boet vir te min veiligheid.

Gert ·

En die presedent sê nie n woord hy vat koek en tee by die koniging ek wonder of hy vir haar gevra het hoeveel boere kinders en vroue hulle in die konsentrasie kampe doodgemaak het , en vir haar gesê het hoeveel boere elke fag op hulle plase aangeval word
??

Jane ·

Ja hulle het basies iets in gemeen, die MOORD op derduisende AFRIKAANSE VROUENS EN KINDERS In die konsentrasiekampe en die MOORDE Nou op AFRIKAANSE boere en hulle vrouens en kinders .. DIS hoekom hulle so lekker gesels het. En NIE EEN groep sal ooit om verskoning vra vir die moorde nie maar na 24 jaar moet die AFRIKANERS steeds om vergifnis en verskoning pleit vir APARTHEID —

Msp ·

Just look here Lindiwe Sisulu, you can learn from the Australian Government because they know more of what is going on in South Africa then you.

Rooijan ·

“vasgebind en hulle toe aangerand”
Spreek boekdele…

vissie ·

Klein tiepe hond wat in huis bly kan helse blaffery op tou sit…met groter honde buite

Karen van Zyl ·

1 tot miskien 8 boere wat elke dag vermoor word. Is dit aanvaarbaar? Doen ons iets daaromtrent? Nee ons doen absoluut niks, gou om te praat, gou om advies te gee maar help? ag asseblief.

Skokkend ·

Skokkend, ek hoop die slagoffers herstel volkome. Maar volgens die DA is die klagtes oor plaasmoorde ‘politieke prostitusie’. dit nogals van die WIT DA persone wat hulle in die buiteland gevestig het (lees WEGGEHARDLOOP HET uit die REENBOOGLAND) .. hoekom rek mense in ander lande altyd hulle monde oor SA en maak of ONS wat hier bly leuens vertel ?? HULLE IS NIE EERS HIER NIE .. maar weet kamstig die meeste van wat in SA aangaan .. As jy die land verlaat het .. LOS DIE LAND UIT .. dan het jy besluit om ‘n nuwe lewe te begin . dit is jou REG, en ons doen dit ook binnekort . maar dan moet jy jou KRITIEK vir jouself hou .. hou dit vir die LAND WAARIN JY GEKIES HET OM TE WEES!! Eintlik moet die ANC julle stemreg ook wegvat .. want ons kort nie NOG sulke mense in ons land nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.