Egpaar verloor albei kinders in trompop botsing

Ryno en Michelle Slabber by hul kinders, Kendre en Mia.

ʼn Egpaar van Durbanville in die Wes-Kaap het albei hul kinders verloor nadat die gesin Sondag in ʼn trompop botsing betrokke was.

Ryno en Michelle Slabber moes Maandag in hul hospitaalbeddens die skoknuus hoor dat hul kinders, Kendre (8) en Mia (6), in die ongeluk gesterf het.

Terry Render, ʼn goeie vriend van Ryno wat as woordvoerder vir die familie optree, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 16:00 buite Piketberg gebeur toe die gesin se voertuig reg van voor teen ʼn ander voertuig gebots het. Die bestuurder in die ander motor het ook in die botsing gesterf.

“Michelle se beserings is ʼn bietjie erger as Ryno sʼn. Sy het ʼn gebarste dunderm en gekneusde long opgedoen, haar borsbeen en bekken is gekraak, haar sleutelbeen is gebreek en ʼn aar in haar linkerarm moes vervang word. Sy het reeds vier operasies sedert die ongeluk ondergaan,” het Render gesê.

Michelle word tans in die waakeenheid van ʼn private hospitaal behandel, terwyl Ryno in die Tygerberg-hospitaal behandel word aangesien hy nie ʼn mediese fonds het nie.

“Ryno se regterbeen is erg beskadig. Sy been is op twee plekke gebreek en hy moes gister ʼn operasie aan die been ondergaan. Sy sleutelbeen is ook gebreek en sy long gekneus. Hy word tans in die traumasaal behandel.”

Volgens Render het Michelle Maandagmiddag van Kendre en Mia se afsterwe te wete gekom en Ryno Maandagaand. “Ek moes Ryno Maandag van sy kinders vertel. Dit was bitter moeilik. Geen ouer moet sulke nuus ontvang nie. Dit is natuurlik baie erg vir die hele familie.”

Render het gesê begrafnisreëlings sal eers getref word wanneer die Slabber-egpaar genoeg herstel het om ʼn besluit daaroor te kan neem.

Die Slabber-gesin. Foto: Facebook

Intussen het ʼn groep vriende van die egpaar ʼn geldinsameling van stapel gestuur om die egpaar te help om die reuse mediese onkoste wat vir hulle voorlê te dek. “Uiteraard sou ons graag vir Ryno na die private hospitaal wou laat oorplaas waar Michelle is sodat hulle by mekaar kan wees en saam hierdie verskriklike hartseer kan verwerk, maar ons is versigtig om nie die geld wat geskenk word te vinnig of onnodig uit te put nie,” het Render gesê.

“Wanneer hulle uiteindelik uit die hospitale ontslaan word, wag daar nog maande lange herstel, rehabilitasie en doktersbesoeke op hulle wat baie geld gaan kos. So, ons wil baie versigtig omgaan met die geld wat geskenk word, sodat ons hulle kan help waar en wanneer hulle dit die nodigste het.”

Volgens Render het die groep vriende besluit om die egpaar op dié manier te help juis omdat hulle dieselfde vir enigiemand anders sou doen. “Ryno is ten nouste betrokke by ʼn arm gemeenskap net buite Durbanville, waar hy so baie van sy tyd en energie bestee om ʼn mentor vir tieners te wees en die mense in die gemeenskap daar te help. Michelle werk by ʼn kleuterskool waar sy oor die jare soveel kinders en families se lewens verryk het. Hulle het albei werklik harte van goud.”

Vir meer inligting of om tot die Slabber-egpaar se geldinsameling by te dra, besoek die Back a Buddy-webwerf hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Helene ·

Rus sag liewe kinders. My innige innige meegevoel! Ek het nie woorde nie!

Annett ·

Dis so tragies om jou kinders aan die dood af te staan. Ek weet. Mag jul ook berusting vind en die verlange sagter word. Sterkte

Ander Annie ·

My hart as ‘n Mamma huil saam met hierdie Ouers. Opreg kan ek sê dat ek nou ‘n gebed vir julle gedoen het. Te midde van hierdie groot seer, spoedige beterskap. Innige simpatie aan julle.

Michael ·

My innige simpatie ek kan myself nie indink hoe hartseer dit moet wees nie

Skybird ·

Hartseer ! Ek gaan end September op pensioen, dan moet ek die pad terug vat na my familie, 560km van hier af. Ons is al 9 mnde geskei van mekaar weens werk probleme ! Ek is so bang om op die paaie terug te ry na my familie * Sterkte aan die familie, Jesus sal vertroosting bring.

Daleen ·

Jesus sal vertroosting bring in hierdie moeilike tyd. Bly op jul kniee mnr en mev.. Julle sal vrede by Hom alleen vind. Sterkte, ons bid saam.

Marisa ·

My hart is bitterlik seer. Ek hoop julle kry nie net emosionele nie, maar ook finansiële bystand. Ons mense kry swaar.

Helene. Smuts ·

So verskiklik ons kan net vir hul bid, kan my nie indink hoe gaan mens aan sonder jou kindertjies, Glo Jesus dra hul in die moeilike tyd. Sal graag wil weet wat die oorsaak van ongeluk was, ons het ook daar moes omdraai. Sterkte aan fam en ouers

Riaan ·

Ek dink nie daar kan iets erger met ouers gebeur wat altwee hulle kinders op een slag verloor ….ek sal dit ni oorleef nie……my innige simpatie !!…..ek is so jammer!

Andre van der bank. ·

n Snik wel in my op. Ek het pragtige kleinkinders, dieselfde ouderdom, en as iets hul moet oorkom, dan vra ek u Vader, neem my saam. Altyd n kop aan kop botsing, altyd!! Ek weet, julle weet waarom. Veel meer kan nie gese word.

Ai ·

Innige simpatie vir hulle. Weet woorde beteken nou niks maar sal vir hulle bid dat hulle vertroosting kry. Dis baie tragies.

Hendrik ·

Dis tragies, was al twee keer daardeur, sterkte aan ouers

Kari ·

Berdine Wiggins Bester is die persoon wat in die ander voertuig oorlede is.. Soveel onnodige hartseer. RIV Berdine.

maria ·

ek en my man het ook amper in n ongeluk gekom ,kop aan kop met n ander kar , die vrou het net agter n trok uit gekom en net geovertake ons moet briekke aanslaan ek het gedink , hier gaan ons , die mense kyk nie , hulle swaai net uit en overtake . so sad om te hoor van die familie rus in vrede kinders . die mense ry regtig stupid

maria ·

ons bly in vredendal en ons op pad om my seun te gaan haal vrydag in kaapstad , mense moet kyk voor hulle wil bane wissel !!

Wolfie ·

Mamma,pappa sterkte ek dink aan julle! Ek dink in gebed aan julle. Ek is so verskriklik jammer oor wat gebeur het met julle. Woorde is min….. Jul kinders is by koning Jesus. Wees verseker.

Pierre ·

Ons ry die N7 elke 2de naweek om ons seun na en van Kaapstad te vat. Ons bly in Vredendal en die mense ry erg op daaipad. Overtake op dubble lyne, ry 60 in die middle van n 120 sone maak soos hul wil ,erger as die Taxi van GP. Geen Dankie as jy pad maak en geel sterp toe gaan en dan daar waar hul 60 moet ry daar ry ons vining en daar waar dit 120 is nou daar ry ons weer as ons baie haastig is 85. Dan moet oes tyd ook nog kom en dan is dit nog erger met al die druiwe trekkers.

Chris ·

Aan die twee ouers sterkte. Ons is so geneig om sommer vinnig gevolgtrekkings te maak. Aan Andre van der Bank doen asseblief die moeite en gaan besoek Berdine Wiggins Bester se Facebook profiel – haar mense se verlies is net so groot.

Johan hattingh ·

Ek het min woorde, verskriklik ek bid vir die ouers en puma Joan, mag Julle vrede een geneesing vind by onse groot vader, my innigste simpatie

Chantel Jakins ·

Ek ken vir Ryno en Michelle al ‘n geruime tyd. Hulle was wonderlike ouers en stunning mense! Dit is verskriklik wat met hulle gebeur het. My gedates en gebede is by al twee van hulle. Liefde. Chantel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.