Egpaar vermoor, kinders aangeval by gastehuis

Brian en Tillie Pope. Foto: Verskaf

Brian en Tillie Pope. Foto: Verskaf

Brian Pope (62) en sy vrou Tillie (47) is Sondagoggend koelbloedig doodgeskiet by ʼn gastehuis in Harrismith in die Vrystaat.

William du Randt, die egpaar se skoonseun, het aan Maroela Media gesê die egpaar het saam met Brian se seun, Warren, sy vrou, Marlene, en hul twee kinders op die plaas Tweevley oorgebly vir die naweek. Du Randt sê sy skoonouers is vroeg Sondagoggend deur die plaas se opsigter doodgeskiet. “Hy het my skoonpa twee keer geskiet en my skoonma drie keer.”

Du Randt sê die opsigter is na Warren en Marlene se kamer waar hy Warren met ʼn tuinvurk aangeval het. “Hy het Marlene ook met die tuinvurk in die arm gesteek.” Volgens Du Randt het die opsigter hierna vir Marlene en die twee kinders, onderskeidelik een en vier jaar oud, in ʼn motor ingedwing. “Hy het na sy huis op die plaas gery en uit die motor geklim om vermoedelik nog mense op te laai. Marlene het haar kans gesien en agter die stuurwiel ingespring en weggejaag.”

Du Randt sê ʼn boer op een van die aangrensde plase het intussen by die gastehuis opgedaag na hy die geweerskote gehoor het. Die opsigter het gevlug. “Niks is gesteel nie. Dit was net ʼn sinnelose moord. Wat dit erger maak is dat dit op my tweejarige dogtertjie se verjaarsdag gebeur het. Sy en haar ouma was baie na aan mekaar maar nou sal sy haar nooit ken nie.”

Du Randt se Warren het intussen ʼn operasie ondergaan en sterk goed aan. “Hy kan skryf maar nog nie praat nie. Marlene se arm is vergruis in die aanval en sy is ook geopereer.” Die twee kinders is nie beseer nie maar erg getraumatiseerd.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het intussen bevestig dat die opsigter, ʼn Malawiese burger, Sondagaand in hegtenis geneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ria Maritz ·

ADDER – ek het nie meer woorde nie !

Is dit ook apartheid se skuld ?

My hart en gebede gaan uit na elkeen wat deur hierdie moorde geraak word.

Justi ·

Dit is werklik skokkend. Nerens is mens meer veilig nie. Mens kan net mooi nerens gaan ontspan en veilig wees of voel nie.

Mag daardie uitlander dieselfde oorkom! Word die mense betaal om die tipe van moorde te pleeg?

Iewers en baie beslis glo ek word plaas moorde aangehits, so ook om die inwoners die wreedste dood te laat sterf.

Wanneer mens lees gaan alle rooftogte, aanvalle ens gepaard met wreedheid! Dis hoog tyd dat ons mense SAAM staan.

Sterkte en innige simpatie met die familie…..my hart gaan uit na julle.

magda ·

Die vraag is…. Wanneer gaan dit ophou? En weereens so wreed! En weer n buitelander!!!!

Peter Says ·

Hoeveel moorde al hierdie naweek ? Dit maak n mens siek, die moordpas is ook beslis besig om te versnel.

Jasper ·

As mense wil besef wat besig is om te gebeur in ons land, sal hulle besef dat die moorde beplan word en dat dit nie gaan ophou nie. Mits die siekte deeglik gedokter word.

Belinda ·

Ek se bring terug die doodstraf! As hy verkrag sny af wat pla, as hy met kookolie of water iemand brand doen dieselfde! Hulle moet weet waardeer het daardie mense gegaan maar die kriminele in die land word mos beskerm. Sulke vieslike goed mens kan hulle nie mense noem nie want mense doen nie sulke goed nie!

AmY ·

Die aanvallers het selfs nie eens respek vir ‘n Paasnaweek nie. Dis so hartseer. Is dit omdat Godsdiens oral so weggeneem word of sou hulle dit in elk geval gedoen het??? Wonder maar net.

My hart gaan uit na die familie, want al hoe hulle nou Paasnaweek (ak verskil die datum elke jaar) gaan onthou, is as ‘n hartseer tyd toe hulle ouers van hulle weggeneem is.

Ferdi ·

Die vragmotors op ons hoofpaaie het te veel geword gewone toeriste ondervind probleem om n rit in veiligheid te geniet . Dis nie die bedryf van vragmotors se skuld nie maar bestuur op ons paaie dmv wat word toegelaat en wat nie .kan daar nie beheer oor die vragmotors geplaas word nie en wat van spoor vervoer is dit gestaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.