Egpaar voor kind in bakkie doodgeskiet

Argieffoto

ʼn Egpaar is Woensdagaand in Kaapstad in hul 1400-Nissan bakkie doodgeskiet.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het teen 20:30 in Beacon Valley in Mitchells Plain plaasgevind.

“’n 35-jarige man en 30-jarige vrou is doodgeskiet en ʼn sewejarige meisie is in haar regter boarm gewond. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling. Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek,” het Van Wyk gesê.

Hy het bevestig ʼn dubbele moordsaak en een van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie by 08600 10111 bel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Barries ·

Was dit nou ‘n boer, was daar bladsye kommentaar. Hierdie een op die Kaapse Vlakte, geen kommentaar. Moord op Kaapse Vlakte netso handuit soos plaasmoorde. Niemand hou optogte vir slagoffers van Kaapse Vlakte nie.

Kines ·

Daar is ‘n duidelike verskil wat die rede is vir die Kaapse Vlaktes moorde en die van die moord op Boere!
Barries, waarom begin jy nie ‘n optog vir die Kaapse Vlaktes krisis soos daar gedoen was vir die sinnelose moorde op die boere op 30 Okt nie. Ons moet minder kla en eer doen!
Jy het my steun vir die Kaap optog!

Kannaland ·

Jy soek slange in gate wat daar nie is nie. Stir iewers anders toe jy.

Drieks ·

Ek stem Barries, die dag as ons””” saam as Suid Afrikaner””” betoog en toytoy gaan hierdie land eers verander. Nou veg elke groepie vir sy eie.

Erick ·

Niemand gaan die situasie op die Kaapse Vlakte werklik verstaan anders as die mense van die Kaapse Vlakte en dié mense moet die voortou neem met optogte en bewusmaking en dan kan andere mos inval en ondersteun.

Riaan ·

Hoekom reel jy nie n optog nie, wil jy he ons moet dit vir jou reel, het jy saam geloop op swart maandag

MM ·

Barries – daar is baie optoge oor alle moorde – maar as jy een wil he – reel dit en ons almal sal as ons kan dit bywoon – wat skryf van koerante en opskrifte betref – kla by die betrokke koerant daar oor asb.

Keelvol ·

Dis verskriklik en dink net aan die trauma wat die kind moet deurgaan! Kom ons bid eerder almal vir die familie en los die beskuldigings

Boerseun ·

Maak seerder as dit jou buurman is, die is nie eintlik RSG nie, verstaan jou punt en daarom soek soort sy eie

MissDemeanor ·

Barries. Ek treur saam jou oor die moorde op die Kappse vlaktes. Ek treur oor al die moorde in ons land. Dinge daar in die Kaap ruk handuit en die “numbers gangs” raak al hoe meer gewaagd en saai chaos helder oor dag.

Barries ·

Dis nou totaal en al sert. Hoewel daar baie misdaad op die vlakte is het Zuma net gister oor hierdie misdade in die parlement gepraat. Baie van die polisie se fokus is teen bende geweld en daar is gereeld klopjagte in die gebied. Barries hou aan probeer, dalk bied die ANC vir jou n pos aan, probeer tog net to om nie vals stories oor te vertel asof dit die waarheid is nie.

Dafer ·

Jammer Barries, moord is moord, orals. Jy klink jammer vir jou mense. Ek is ook. Staan saam met ander wat ook so voel en help almal om sulke dinge stop te sit! Haat teenoor mekaar gaan dinge erger maak, nie beter nie!
Sterkte!

Blom ·

Barries dis net so erg vir my.. Net soos my boere mense wat so vermoor en verniel word .. Ek bid dat daar iets gedoen kan word met daai bende geweld en dwelmprobleem waarmee julle ook te doen het.. Ons moet liewer saam staan. Ek dink die meeste mense doen inkopies en betaal rekeninge. Daarom nog so min kommentaar. Glo my ek huil in my hart as ek hoor van elke kind wat verdwyn, verkrag, vermink, verniel, mishandel en selfs geskiet word soos hierdie kind. Sterkte aan die familie, vriende en daardie kindjie.

Henry 59 ·

Stem saam Barrie, daar moet eerder optogte gehou word teen alle geweldsmisdaad landswyd, dit raak alle rasse, geslag en ouderdomme……………………

Stem Saam ·

Stem saam Barries – Dis tyd dat ons almal saam staan om hierdie land n beter plek te maak. Moord bly moord, en dit raak alle rasse in hierdie land.

DAVID ·

Nog n sinnelose MOORD dit is wat jy kry wanneer jou HELE regering en SAPD krimineele is,

Andrea ·

Barries, ek kan dink dat julle, net soos die boere, al moedeloos verby en gaar is met die hopelose situasie. Mag ons n oplossing vind vir die moorde, verkragting, geweld en ander misdaad wat ons vernietig.

Andrea ·

Ek dink die mense van ander gebiede wat ook buitensporig hoë misdaad ervaar, voel met so gemarginaliseerd soos die boere.

JC ·

Staan saam as Afrikaanses, ons en ons bruin broers en susters, en neem standpunt in dat #genoeg is genoeg!!

JC ·

Staan saam as Afrikaanses, ons en ons bruin broers en susters, en neem standpunt in dat #genoeg is genoeg!!!

JC ·

#Staan saam as Afrikaanses, ons en ons bruin broers en susters, en neem standpunt in dat #genoeg is genoeg!

PieterF ·

JC jy is 100% korrek. Diegene wat normale lewens verlang sal moet saamstaan om misdadigheid te bekamp – dit kan ongelukkig nie meer net deur een groepering vermag word nie. Wit, swart, bruin ens. ondervind daagliks presies dieselfde probleme ongeag die taal wat gepraat word. Barries die plaasmoorde is gruwelik en onmenslik en dit wat in die omgewing waarna jy verwys plaasvind, het presies dieselfde hartseer en skok tot gevolg. Een bevolkingsgroep se lewens kan immers nie minder werd wees as ‘n ander s’n nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.