Egpaar, vriendin vas oor tenderbedrog van R70 miljoen

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Kaapstadse man het Vrydag langs sy vrou en meisie in die beskuldigdebank van die Bellville kommersiële hof gestaan nadat hulle na bewering die Stad Kaapstad uit R70 miljoen geswendel het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê Paul Hatting (42), Simoney Ulanda Hatting en Esmeralda Plato is al drie op borgtog van R50 000 vrygelaat. Hulle sal op 17 Maart weer in die hof verskyn.

Paul, ʼn administrateur by die Stad Kaapstad, dien op die stad se raad wat tenders aan maatskappye toestaan, het Mulaudzi gesê. “Hy het na bewering van 2008 tot 2014 tenders aan sy eie maatskappy, sy vrou se maatskappy en ʼn maatskappy wat aan sy vriendin behoort toegestaan. Die totale waarde van die geld wat die drie ontvang het, is R70 miljoen,” het hy gesê.

Die drie maatskappye, Cosmic Gold 532, Cosmic Gold 517 en TTANIC Trading, het tenders ontvang om skoonmaakmiddels en vullissakke aan die stad te verskaf. Die tenders was almal tussen R900 000 en R45 miljoen werd.

Die Valke het in 2014 van die beweerde bedrog bewus geraak en ʼn diepgaande ondersoek van stapel gestuur, waarna die drie in hegtenis geneem is.

“Ek het reeds op my eerste dag in hierdie kantoor gesê bedrog sal nie geduld word nie,” het lt.genl. Mthandazo Ntlemeza, nasionale hoof van die Valke, gesê. “Korrupsie is ʼn siekte wat uit ons midde verwyder moet word omdat dit ons mense ontneem van dít wat hulle regmatig van die regering verwag.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Kosie ·

Yip asb rooi dit uit maar besin sommer bo by die land se “no1” asb…

Wouter ·

Dis kleingeld teenoor nr 1 s’n. En Ace s’n beloop R560 mil. Maar ja ek stem roei hulle summier uit.

DPJ ·

Korupsie, korupsie wat ‘n klat op RSA se naam. Dan vra hulle nog dat RSA nie na rommelstatus afgemerk moet woer.

jakes ·

DIT binne WONDERLIKE KAAPSTAD?? Kan nie glo, OF Anc propaganda OF DA beheerde stadsraad korrup soos res. Kapenaars dink mos hul verhewe.

jurie Blanche ·

kaapstad is wonderlik mense is aangekla, wat meer wil jy he? kan tog nie mense se koppe beheer nie. DA redeploy nie mense nie hul laat dit ondersoek en aankoop proses is verander

Griki ·

Bedrog en korrupsie is oral, ongeag wie in beheer is. Hulle is ten minste uitgevang en ry aan die pen. Dis meer as wat ons van No. 1 en sy trawante in al die ander provinsies kan sê.

Lizelle ·

Dis wonderlik dat die mense vasgetrek is wat ons geld steel. Nou wat van Zuma wat so lekker geld uitdeel vir vriende. Dis presies dieselfde. Sal hy nou vir altyd wegkom daarmee?

SNEL ·

Eerste sin in die berig sê my klaar dat hul koppe nie reg opgeskroef is nie,…hy staan langs sy vrou en meisie, en die een vrou wil die ander een nie aan die keel gryp nie, hulle is reg met die veelwywery. Nee wat, sulke persone is dan sekerlik tot alles in staat, niks sal my dan verder verbaas nie. Wonder watter een van die twee sou nou saam op die seiljag gaan of op n duur oorsee se vakansie gevat word of enige lekker ding wat daai geld kon koop.

Frans ·

As ‘n man van 2008 tot 2014 weggkom met sulke optrede, dan sê dit vir my dat beide die interne en eksterne ouditeure aan die slaap was, want gereelde betalings aan dieselfde firmas moet soos ‘n paal bo water uitstaan en die aandag trek en ‘n ondersoek aan die gang sit.

Griki ·

Nie noodwendig nie. Hang af van hulle winsmarge en verskaffers. Ons het baie tenders vir dieselfde goed gekry omdat ons winsmarge laag is en ons uitstekende verskaffers het. Maar dit help natuurlik dat hy op die stad se raad wat tenders toestaan gedien het. Was Stad Kaapstad ooit bewus daarvan dat hy ‘n vinger in hierdie spesifieke “pies” gehad het, maw dat dit sy vrou en vriendin se maatskappye is? Hulle is baie streng daarop dat hulle nie tenders toeken aan direkte familielede van staatsamptenare nie, maar enigiemand kan lieg en daarmee wegkom.

Griki ·

Nie noodwendig nie. Hang af van hulle winsmarge en verskaffers. Ons het baie tenders vir dieselfde goed gekry omdat ons winsmarge laag is en ons uitstekende verskaffers het. Maar dit help natuurlik dat hy op die stad se raad wat tenders toestaan gedien het. Was Stad Kaapstad ooit bewus daarvan dat hy ‘n vinger in hierdie spesifieke “pies” gehad het, maw dat dit sy, sy vrou en vriendin se maatskappye is? Hulle is baie streng daarop dat hulle nie tenders toeken aan direkte familielede van staatsamptenare nie, maar enigiemand kan lieg en daarmee wegkom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.