Egpaar vroegoggend oorval, aanvaller sterf ná kopskoot

Chris Jacobs in die hospitaal. Foto: Facebook

Chris Jacobs in die hospitaal.

Terwyl Chris Jacobs (59) in ʼn Bloemfonteinse hospitaal behandel is nadat hy verskeie kere met ʼn mes gesteek is, is sy aanvaller twee beddens van hom af verpleeg. Jacobs het sy aanvaller met ʼn .22-vuurwapen in die kop geskiet.

Chrizette Rossouw (39), Jacobs se dogter, het Vrydag aan Maroela Media gesê haar pa en ma, Lilette (ook 59), was saam in die huis waar hulle al die afgelope 15 jaar woon, toe hulle Dinsdagoggend daar aangeval is.

“My ouers het ʼn gangdeur in hul huis wat hulle elke aand sluit om die kamers van die res van die huis te skei,” het Rossouw gesê. “Toe my pa die oggend omstreeks 07:00 die gangdeur oopmaak, was daar ʼn jongerige man besig om na die studeerkamer te stap. Ons weet nie hoe lank hy in die huis was nie. My ouers het vroeër geluide gehoor maar gedink dit is katte of honde. Ons weet nou nog nie of hy daar was om iets te steel nie, want niks word vermis nie, en of hy hulle ingewag het nie.”

Jacobs het die man gevra wat hy in die huis soek, waarna ʼn stoeiery tussen hom en die verdagte uitgebreek het. Die verdagte het homself met een van Lilette se kombuismesse bewapen en in die worsteling Jacobs 17 keer met die mes regoor sy lyf gesteek.

Lilette het intussen deur die kombuis na buite gehardloop in ʼn poging om hulp te ontbied. Die verdagte het haar agterna gesit. ʼn Erg-bebloede Jacobs het intussen na sy kamer geloop en sy .22-vuurwapen, waarmee hy gewoonlik rotte verdryf, gaan haal.

Die verdagte het Lilette buite die huis gegryp. Sy het op die grond geval en gelê terwyl hy haar terug na die kombuis gesleep het.

“My pa was van kop tot tone vol bloed en het begin duiselig word. Hy sê dit is met die Here se genade dat hy homself tot in die kombuis kon kry sonder om sy bewussyn te verloor. Hy het op ʼn kombuisstoel gaan sit en gehoor die verdagte is besig om my ma in die huis in te dwing. Toe die verdagte my ma in die kombuis ingesleep het en naby genoeg was het my pa hom in sy kop met die .22 geskiet. Hy het gesê hy is verbaas dat hy hom raakgeskiet het want hy kon skaars sien deur al die bloed in sy oë.”

Die verdagte het op die grond geval. Lilette het weer na buite gehardloop en hulp van ʼn voetganger ontbied wat in daardie stadium verby die huis geloop het.

Jacobs is eers na die Mediclinic Welkom geneem, waarna hy na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas is. “Terwyl hy daar gelê het, is die verdagte ook daarheen oorgeplaas en die twee het skaars twee beddens van mekaar af gelê,” het Rossouw gesê. Jacobs is intussen na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas waar hy behandeling in ʼn spesialissaal ontvang.

Buiten die 17 messteke het hy ook frakture in sy gesig opgedoen en moontlik geringe bloeding op die brein nadat die aanvaller hom op sy kop geslaan het. “My pa is stabiel, maar hy kry dan en wan nog ʼn terugslag.”

Rossouw-hulle is ingelig dat die verdagte Woensdag of Donderdag aan sy besering beswyk het.

Rossouw het gesê haar ma is baie getraumatiseerd en emosioneel. Buiten seer spiere en ʼn besering aan haar voet, is sy verder ongedeerd.

“Ons is nie bitter of met haat gevul nie. Ons is wel kwaad oor die omstandighede want dit alles was so onnodig,” het sy gesê. “Ons is baie dankbaar teenoor die Here. Uit al 17 wonde is net een baie ernstig en diep. Die wond is by sy keel en het sy gorrelpyp beskadig wat komplikasies veroorsaak. Dit is ook ʼn wonderwerk dat hy ná al die bloed wat hy verloor het, glad nie nodig gehad het om ʼn bloedoortapping te kry nie. As ʼn mens sien hoe baie bloed in die huis was, kan ʼn mens dit omtrent nie glo nie.”

Sy het gesê hulle word oorweldig deur mense se boodskappe van bemoediging. “Dit is vir ons en my ma wonderlik om te sien hoeveel mense omgee, besorgd is en ons in hul gebede dra.”

Die gesin vra dat almal vir Jacobs se volkome herstel sal bid. Rossouw maak ook broodnodige geld bymekaar om te help betaal vir haar pa se mediese onkostes. Mense wat met haar in verbinding wil tree kan ʼn e-pos na Maroela Media stuur by [email protected].

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Christo Visagie ·

Die goeie nuus dat die skurk dood is gaan ek na werk vier,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

anet ·

Jy was baie dapper Chris. Ek bid jou ‘n spoedige herstel toe. Sterkte aan sy vrou, dogter en familie

Net ek ·

Nee man.. Hoe moet sy “haar ma voel” as sy dit lees, ek neem aan jy maak ʼn grap maar hel woorde maak seer.

Berhalet Beukes ·

Ek hoop die egpaar sterkte toe! Chris, jy is ‘n brawe, kosbare man! Nog ‘n skurk minder en daardeur heel moontlik verdere tragedies a.g.v jou dapperheid afgeweer! Dankie!

Eish! ·

Goed, ek wonder van waar is die mense? Waar is hul huis? Plaas, dorp en distrik?

Ek is dankbaar die skurk is dood en glo my, as dit ek was, sou ek erg getraumatiseerd gewees het as ek weet die skurk le naby my in die hospital.

Ben ·

Wel gedaan Chris. Ek sal vir jou bid man! Kry asb net ‘n swaarder kaliber pistool vir volgende keer. In .38-Special kry mens ook “Rotskoot” -ammunisie te koop. God seen jou!

Griet ·

Wat het die meisiekind se naam net enige iets uit te waai ?! ?! ?! ?!
Kom asseblief net oor jou self? En doen dit gou – sulke kommentaar is regtig onnodig!!

joe ·

Dink die staat moet begin betaal vir hulle nalatigheid om mense te beskerm en hoe sorg behandeling op staats koste by privaat hospitale betaal

Pieter dP ·

Ek stem as die staat almal wat deur misdaad ge raak word moet begin vergoed Sal hulle baie gou iets aan die voorkoming van misdaad doen. Soo sal dit n gesonde SA word.

johan ·

Hul moet nie net betaal v al die skade nie maar n geweer in elke gesin in SA se huis sit…ek wil sien wie gaan dan dit waag om n huis, restaurant, winkel of enige ander plek te probeer beroof..ek dra my 9mm met trots en voor ek n geslote deur oopmaak in my huis is hy aan my sy, ons moet paraat bly, ons weet allmal die pote is nikswerd en dit bly ons verandwoordelikheid om ALMAL om ons te beskerm.

piet ·

Die verskil is dat die een .sy Dr rekening moet .bt,waar die ander een gratis behandeling ontvang het

afrikaner ·

Ek reken die staat gaan nou verseker n saak van moord oopmaak teenoor Chris.

Edwin ·

Die regering moet die koste dra vir die mediese rekening want hulle doen niks oor al die aanvalle nie.

Winston ·

Ek is baie bly hy het alles oorleef. Sterkte aan almal en nie jammer die skurk is bokveld toe nie. Ons betaal reeds vir n diens. Belasting. Maar kry dit nie. Nou moet ons maar self planne maak en soos hierdie geval uitbeeld, die doodstraf uitdeel. Knap gedaan om jouself en vrou te beskerm.

Cecil ·

Dit is ‘n dogternaam : [ syll. li-let-te, lil-e-tte ] The baby girl name Lilette is pronounced as LIHLEHT- †. Lilette’s origin is Latin. The meaning of the name is resembling a budding lily. Lilette has 11 variants. Variants of Lilette include Lilet, Lileta, Lilete, Lilett, Liletta, Lylet, Lyleta, Lylete, Lylett, Lyletta, and Lylette.

Lilette is an irregularly used baby girl name. It is not listed in the top 1000.

mariëtte ·

Dit bly vir my n hartseer saak dat ons agter tralies moet lewe en sommer helder oor dag aangeval word. Niemand het meer respek vir ander se eiendom nie

Riaan ·

Jou yster wie weet hoeveel lewens jy gered het om daai gemors van kant te maak.

Juan Olivier ·

Jy het die wereld ‘n beter plek gemaak toe jy daai gemors dood geskied het.

Marie ·

Sterkte aan die gesin. Ek is bly dat hulle die aanslag oorleef het. Mag Die Here trooster bring en hulle nuwe moed gee.

Fanie Prinsloo ·

Wel gedaan Oom Chris, skiet die goed. Spoedige herstel vir jou en Tannie Chrizette. Ek skaam my vir die wat dink dit is oulik om grappies te maak oor mense se naam terwyl daar berig word oor die noue ontkoming wat haar ouers gehad het….groete.

Pieter Schoeman ·

Ek stem heeltemal saam. As zuma en sy trawante so rojaal kan lewe kan ons slagoffers definitief aandring op gratis mediese behandeling EN EiSE vir mense skending van die staat se kant af vir die pover en nalatige beskerming van onskuldige blankes

Mariska ·

Ek bid vir oom om gou weer op die been te wees, en ek is bly hy het tannie nie enige skade aan gedoen nie. Ek het ‘n vraag, wat my nou al lank pla, wat gebeur met iemand as jy die skelms skiet of steek in jou eie huis na hy/hulle in gebreek het? Kry jy moeilikheid? Want ek is baie aande alleen met my 2 klein seuns en sulke dinge pla my altyd. Ek ken nie die wette so goed nie.

Alet ·

Niks gebeur met jou nie, dis mense wat daardie snert verkondig. mens mag jouself verdeig en daardie oom sal glad nie vervolg word nie

Gert van der Merwe ·

Aan die Jacobs gesin en verdere famielie, mag GOD julle ondersteun, HY het reeds gewys hy is met julle tydens die aanval. En oom Chris jy is n brawe man, wys jou hoe hoog hy sy taak as beskermer vir sy gesin sien. Ek baie trots op julle. Dankie dat jy daai .22 se sneller getrek het. ek is bly jy het want jy het ons land van baie verdere moorde gespaar. Dink ons moet aansoek doen by AGRIFORM om aan te beveel dat die medalje vir dapperheid van PIYEGA se bors afgehaal word en aan die dappere Chris gegee word

jacques ·

Mooi Chris jy moet n goeie skut wees,en so baie mense dink n .22 beteken niks.

Coen Burger ·

Mooi Chris, baie bly dat julle net met beserings daarvan afgekom het. Welgedaan om daai sneller te getrek het en dat die skoot raak was met nadelige gevolge vir die aanrander. Bid dat jy gou weer “mobile” sal wees en dat jy volkome sal herstel van jou wonde.

Debbie ·

Die beste van als. Die aanvaller was Januarie vry gespreek op die moord van ‘n 83 jarige tannie. Selfde straat en sy was verdrink

EMK ·

Kan almal wat dalk KAN dan help met onkostes – sien onderaan berig. Die staat gaan verseker nie help nie, hul help mos die kriminele so ons moet almal dan help as ons kan.

John West ·

Dit is skokwekkend ! Ek sal graag gereeld nuus wil ontvang om op hoogte van sake te wees! Dankie, John

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.