Egpaar wat tweeling ‘koop’ kry borgtog  

hof-hamer

(Argieffoto)

ʼn Egpaar wat van mensehandel aangekla word, is borgtog in die landdroshof in Uitenhage in die Oos-Kaap toegestaan.

Die egpaar, 28 en 32 jaar oud, is op waarskuwing vrygelaat aangesien hul nie borgtog kon bekostig nie, het Anelisa Ngcakani, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Die egpaar word daarvan beskuldig dat hulle ʼn tweeling by ʼn 35-jarige ma wou koop. Die ma is borgtog geweier omdat sy nie ʼn vaste woonadres aan die hof kon verskaf nie.

Daar word beweer dat die ma tydens haar swangerskap ʼn ooreenkoms met die egpaar aangegaan het om haar baba aan hulle te verkoop vir R50 per dag, ʼn gedeelte van die kindertoelaag en ander items soos kos. Die ma was onbewus dat sy ʼn tweeling verwag het.

Volgens Ngcakani is die tweeling op 27 Mei gebore en het die ma glo nadat sy uit die hospitaal ontslaan is, die tweeling aan die egpaar oorhandig.

Die drie is op 2 Junie in hegtenis geneem. ʼn Mediese ondersoek het glo aan die lig gebring dat die babas ondervoed en ondergewig was.

Die saak is tot 26 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Geen borg is betaal nie en dit vir mensehandel? O nee Vader ek verstaan nie hoe die mense werk nie. Wat gaan ‘n waarskuwing help?

Marietjie ·

Ons land word net nog meer ‘n plek waar niemand veilig is……

Tiptol ·

Dis vreeslik dat sulke goed gebeur. Ek wil eintlik nie glo wat ek lees nie.

annie ·

… en nou kan die glo tienling se ma dalk net aanvoer dar haar honderdtoontjies deur boselinge ontvoer is en vir miljoene verkoop is en sy en haar man-vriend-kèrel-verloofde-kennis in sak en as sit… Alle ma’s met 10-linge en meer, wees op jul hoede!

Nico ·

Het die howe nou gek geword om so ‘n misdaad ongestraf te laat, en dit nogal op ‘n waarskuwing. Wat het van die regstelsel geword, het dit te doen met humanisme. Dit gebeur wanneer daar verkeerde mense aangestel word.

Sarel ·

Borg…hoekom. Bewys weer die Regering se
En Regstelsel se nalatigheid in beskerming van kinders

Persheks Adri ·

Borg wat nie eers betaal is nie oor hulle dit nie kan bekostig nie net waarskuwing hel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.