Egpaar wéér op plaas aangeval

plaas-polisie-veld

Argieffoto

Dave (86) en Colleen (84) Elphick is Saterdagaand vir die tweede keer in minder as ʼn maand op hul plaas in die Kaapmuiden-omgewing in Mpumalanga aangeval.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 20:45 plaasgevind toe drie gewapende verdagtes geforseerde toegang tot die huis verkry het deur ʼn deur.

“Die egpaar is gedwing om op die vloer te lê en hul hond is in die proses doodgeskiet,” het Sedibe gesê.

Volgens Sedibe is die man in die arm gesteek toe hy die paniekknoppie gedruk en ʼn alarm afgegaan het. “Die aanvallers het gevlug toe die alarm afgaan.” Volgens hom is niks tydens die voorval gesteel nie.

Hy kon nie onmiddellik bevestig dat die wapens waarmee die egpaar aangeval is hul eie wapens is wat tydens die vorige aanval in Januarie gesteel is nie.

Maroela Media het vroeër berig die Elphick-egpaar moes in Januarie ure lank spook om hulself te bevry nadat aanvallers hulle oorval, vasgebind en aangerand het.

Die voorval het gebeur toe hulle by die huis aangekom en die hek oopgemaak het.

“Drie mans in klapmusse, gewapen met pangas en vuurwapens, het hulle genader en hulle in die huis in gedwing,” het Sedibe destyds gesê.

Die egpaar is gedwing om die kluis oop te maak. “Hulle is in die proses vasgebind met kabelbinders. Die vrou is met vuiste aangerand en die man is met ʼn panga geslaan,” het Sedibe gesê.

Die verdagtes het van die plaas gevlug met drie vuurwapens en ʼn onbevestigde bedrag kontant. Die egpaar kon omstreeks 14:00 daarin slaag om hulself los te wikkel en het hulp ontbied. Volgens Sedibe het hulle ook beserings opgedoen waar die kabelbinders hulle geskaaf het.

Niemand is nog in verband met enige van die voorvalle in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan sers. Sifiso Hlatjwayo by 0824489253 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Lou ·

Ek is doodseker dis dieselfde aanvallers wat weer teruggekom het.

lizl ·

Selfde aanvallers. En die polisie sal hulle nie kan vang nie… want die polisie kan nie lees of skryf nie. Dit is pateties.

Maggie ·

Baie jammer dat julle dit vir n 2de keer moes deurmaak in so kort tydjie.Baie sterkte,julle is in ons gebede

Wilmarie ·

Ek weet hoe hulle voel. Dit is verskriklik! Die arme diere ontgeld dit ook.

Andrea ·

Ag mense, julle gaan my kruisig oor my kommentaar, maar…
Kon niemand, nie kinders, nie vriende, nie bure, nie die buurtwag hierdie twee weerlose mense gehelp het om hul huis BEHOORLIK te beveilig na die eerste aanval nie? Dank die Here hul kon die panieknoppie druk, maar die gemene gemors moes nie toegang tot hul huis kon kry nie. Dis verskriklik dat hul weereens deur soveel trauma moes gaan. En die aanvallers gaan terugkom, tot hul die twee vermoor het.

Tanz ·

Andrea, jy het seker nog nie agtergekom dat jy in SA bly nie. Hier waar die diewe seevier. Indien hy wil inkom, sal hy ‘n manier vind om in te kom, ongeag watter sekuriteitsmaatreels jy inplek het.

Priscilla ·

n Paar slagysters op strategiese plekke om die huis kan dalk werk…..

Antoinette ·

Ek vra net is dit nodig dat twee sulke oumense op hul eie woon. Dit is mos soek vir moeilikheid. Soft target

Justice ·

Dit klink asof hulle ongewapen was met aanvallers wat die deur afbreek – moet absoluut `n skrikwekkende ervaring wees.

Hans ·

Ek voel dieselfde as wat julle almal voel oor die polisie. tog moet ek myself keer op keer herhinder dat dit tog nie almal van hulle is nie. Daar is baaie van hul wat wel goed is en meer tale as ons kan praat. Ek kyk net by die instansie wat ek werk, het dit al genoem en sal weer Steve Biko Academic Hospital. Almal het hul monde uit te spoel wat daaraan gaan, tog is dit die plek waar die meeste mense toe wil kom en ons oorval met die getalle. Ja dit gaan nou wel nie so wonderlik as wat n mens dit wil he nie, weet net dat almal van ons nie onosel en onbehulpsaam is soos wat daar buite voorgegee word nie. Dit is dieselfde met alle staats instellings. Dit breek n mens se spoed en wil om goed te doen wyl jy net uitgemaak word as sleg en onosel en onbehulpsaam. Ek mag natuurlik nou in die moeilikheid wees by die werk oor dit wat ek skryf maar ek moet opkom vir die staats amptenare wat nog die publiek bedien met n smile al word jy gevloek en geskel.

leon ·

Hans,ek kan saamstem julle ouens by steve biko,dan goed met wat julle het, jammer die goeie dokters wat deur hospitaal gaan gaan verlore omdat hulle nie die eed kan eerbiedig want hulle kry nie nodige hulpbronne nie, my familielid is n uitstekende onkoloog en hospitale het vuis geslaan oor hom. opkol het hy nie toegang gehad tot chemo vir 2 maande wat prosesse onklaar gemaak hetven pasiente het verswak of gesterf,

Anoniem ·

Wat ‘n mens se spoed en wil breek is wanneer jy met kanker gediagnoseer word, vir 6 maande intensiewe chemoterapie moet ontvang, nie R140 000 kontant het om dit privaat te bekostig nie en by spesifiek Steve Biko instap en elke persoon is onbeskof, onbehulpsaam, onsimpatiek is en jou met absolute minagting behandel asof jy hulle tyd en nie hulle jóú tyd mors nie. Elke vloer, elke muur, elke hyser, elke saal waar ‘n mens verby loop is vuil en onhigiënies, dit is nie net skokkend nie, dit is kommerwekkend dat ‘n hospitaal waar dit juis uiters higiënies moet wees, so lyk en elke pasiënt daaraan blootgestel word. Kanker en chemoterapie is traumaties genoeg sonder sulke behandeling van personeel wat deur die belastingbetalers vergoed word, is dit nodig dat personeel so optree en mense verder traumatiseer en ontstel? Die kritiek wat mense spesifiek hierdie instansie toedien is wel verdiend alhoewel almal soos u sê, nie onnosel of onbehulpsaam is nie, juis vir daardie rede is dit jammer dat vriendelike behulpsame mense soos u êrens versteek word instede van wees waar u juis die beste diens kan lewer en vertroue in die sisteem en hospitaal kan wek.

Hennie ·

Al wat ek kan se dit klink soos die selfde groep wat terug gekom het. Maar wat ek baie aan dink en dit is in baie gevalle is dit n gewese werker wat in die pad gesteek is of n werker se vriende. Dis n jammerte oor die ou mense en dis nie nice om so aan geval te word nie!!

leon ·

Hans,ek kan saamstem julle ouens by steve biko,dan goed met wat julle het, jammer die goeie dokters wat deur hospitaal gaan gaan verlore omdat hulle nie die eed kan eerbiedig want hulle kry nie nodige hulpbronne nie, my familielid is n uitstekende onkoloog en hospitale het vuis geslaan oor hom. opkol het hy nie toegang gehad tot chemo vir 2 maande wat prosesse onklaar gemaak hetven pasiente het verswak of gesterf,

PJC ·

Andrea ek voel ook soos jy dat hulle huis nie behoorlik beveilig is nie maar dit is mos maar soos ons koppe werk. Hulle kon hulle self nie indink dat hierdie aanvallers so mak sou wees om sommer weer so gou terug te kom nie.

m.d.r ·

Met alle respek—hierdie was ‘n PLAASAANVAL op twee bejaarde mense:
hoe op aarde kom ons by die doen en late van Hospitale uit…..?
Interessantheidshalwe–dit is die vyfde aanval op bejaardes waaroor Maroela berig sedert gister.
Daar is net te veel aanvalle op bejaardes om dit net as gewone misdaad af te maak.
Die aanvallers , veral op plase kom van een bevolkingsgroep af. Daaroor kan daar geen twyfel wees nie.
Kyk ons na ‘n deel van die bevolking wat inherent lafhartig en misdadig is, —dis lafhartig om ou mense so wreed aan te val—of is hier ‘n verskuilde politieke motief….?
Jammer, die aanvalle is net te veel om te ignoreer.

Oop oge ·

Jou antwoord lê in Jeremia 5 : 5 – 19
Die engelse Amplified Bible bring die werklike gedagte meer na vore ….

George ·

Die tweede aanval het iets nuuts opgelewer: die man het die paniekknoppie gedruk en hulle het gevlug. Niemand kan die pyn van ‘n hoë frekwensie alarm deurstaan nie, as dit binne en buite weergalm en boonop flitsende ligte op die dak bevat nie. Daarbenewens kan ‘n paar Roboguards die inwoners betyds waarsku.
Deur Afriforum kan ons ‘n projek befonds om bejaardes van gesubsidieerde elektroniese hulpmiddels te voorsien om hulle oorlewenskanse te verhoog. As hulle betyds die noodknoppies druk…
En ek is seker dis moontlik om in elke plattelandse dorpie ‘n leë dorpshuis in te rig om elke plaashuis se buitedeure en vensters op ‘n sentrale plek deur die nag te monitor op ‘n reeks TV skerms. As ons wil, kan ons.

PATTY ·

My moeder is 83 jaar oud en woonagtig in ‘n tehuis vir bejaardes maar ek vrees elke dag vir haar lewe omdat sy op haar eie winkel/dokter/banke toe moet ry. Hierdie mensies is die teikens van die booswigte daar buite. “n Ligte stampie gooi hul van balans af en al hul besittings word geplunder en beroof van hul voertuie. Groot traumatiese ondervinding vir hulle. Wat nog te sê van hiedie mense wat op buite die dorpsbebied bly. Ek sal my elke dag doodbekommer oor my ouers as dit hulle is. Niemand is meer veilig op plase nie wat nog te sê van die ouergardes. Baie jammer vir hierdie trauma waardeur hulle moet gaan my hart gaan uit na hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.