Egpaar word wakker met aanvallers langs hul bed

plaas-polisie-veld

Argieffoto

ʼn Egpaar is Vrydag in die vroeë oggendure in hul huis op ʼn plaas net buite Wolmaransstad in Noordwes deur drie aanvallers oorval.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het gesê die aanval het omstreeks 01:00 plaasgevind toe ʼn venster van die huis oopgemaak is en die diefwering afgebreek is. Die egpaar se hond is volgens Müller ook vergiftig.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die egpaar met drie aanvallers in klapmusse in hul kamer wakker geword het.

“Die vrou (66) het eers wakker geword en toe die man (73). Een verdagte was gewapen. Hulle het geld geëis en die egpaar het die sleutel van hul kluis aan die aanvallers gegee,” het Funani gesê.

Die egpaar is met kabelbinders vasgebind en die verdagtes het op die vlug geslaan in die egpaar se bakkie met huishoudelike items, kontant en juwele.

Volgens Müller is die egpaar hardhandig behandel, maar nie ernstig beseer nie. Die man kon homself omstreeks 03:00 van die kabelbinders bevry en het toe hulp ontbied.

“Die bakkie is vanoggend teruggevind naby Klerksdorp met al die vermiste items steeds daarin; ons weet nie hoekom hulle dit sou los nie,” het Funani gesê.

Niemand in nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek sake van roof en motordiefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Jerry ·

As die wat het, nie drasties hulle lewenswyses aanpas nie, sal hulle “sitting ducks” bly!

Se wie ·

Ek hou die administrateur van N12 veiligheidgroep verantwoordelik vir die aanval. N man wat eie persoonlike agendas gebruik om boere wat wil help en mense beveilig van groepe afhaal. Sies man ek hoop jy slaap lekker snags.

Kellies ·

En waarom het die alarm hulle nie wakker gemaak nie? Of was daar nie een nie wat beteken hulle is nie paraat nie???

MS ·

Hoekom neem almal aan dat mense wat op plase of kleinhoewes woon die geld het om elektriese omheining en alarmstelsels te laat installeer? Het julle al gesien wat kos die goed? Hierdie “sitting ducks” is nie noodwendig in daai posisie omdat hulle WIL wees nie, maar omdat hulle nie ander keuse het nie. Wie van julle weet watter groot verliese die boere lei as gevolg van die belaglike pryse wat die regering betaal vir mielies/koring/watokal, teenoor wat die boer moes bele het?

WIEBO ·

Hoekom hou mense nie n klein honjie aan in die huis nie. Ek het n klein hondjie wat onder die duvet slaap, en sy hoor sooo goed en begin knor as sy n geluidjie hoor. Dit is na my mening n uitstekende alarm wat my ten minste kan wakker maak VOORDAT. die inbrekers IN die huis is………. Baie beter as n alarmstelsel wat baie geld kos .

Sê maar net ·

Ek stem 100% saam met jou! Ek was nog altyd pynlik netjies op my huis en nou moet ek “cope” met hondehare oral :). Maar dit skeel my min! Ek het 2 klein Jack Russel en toe ons nog net die een gehad het, het daar ook een aand ‘n ongenooide gas opgedaag wat die agterdeur oopgebreek het. Gelukkig het my “alarm” in die huis ons betyds wakker gemaak dat ons die “gas” kon verras in die gang nog voordat hy ons kon verras. Daarom het ek nou vrede met wat mense sê … my honde slaap binne!

humor ·

Daar is veiligheids maatskapye wat presies weet hoe om jou eiendom, huis te beveilig. Kamaras buite wat fotos neem terselfdertyd n alarm wat afgaan en boodskap deurstuur. As mense dit vir vrugtediewe kan inrig kan jy dit doen om jou lewe te beskerm. En dit kos nie die wereld se geld nie.

Marelize Lamprecht ·

Mense bid dat die Here alle ongewenste mense sal verwyder van jou plaas, erf ens . Voor jy gaan slaap. Kan getuig dat dit werk en dat dit al in ons huis gebeur het – lankal en somr in hierdie week toe die alarm afgegaan het en sekuriteit uitgekom het. Ek loof en prys die Here daarvoor en gee hom alle eer.

emily ·

NATUURLIK IS NIEMAND NOG VASGETREK NIE. WORD HULLE OOIT GEVANG.

iRONIES ·

Dis vir my snaaks hoe die aanval weer die slagoffer se skuld is omdat hulle nie paraat genoeg is nie….dat mens nie eers veilig is in jou eie woning nie, agter geslote deure en diefwering! Dis belaglik! As ons wette en vervolgingstelsels nie so baie regte gee vir die aanvallers en diewe nie, sal sulke gevalle afneem.

Jerry ·

iRONIES, toe slaan jy die spyker op die kop. Meeste wetsgehoorsame burgers wil nie optree teen misdadigers nie agv wetgewing. As jy optree word jy gearresteer en toegesluit. Die misdadigers het te veel regte en in plaas daarvan dat Afri-Forum dit aanspreek en meer regte deur wetgewing vir gewone burgers beding, strike hulle saam met Solidariteit!

Mariaan ·

Veiligheidshek hy kamer TEN MINSTE…ai ai…skrik mense nie…soveel wreede moorde…ek sou baie meer beveilig gewees het en die hoef jou nie so baie te kos nie…n lewe is meer werd boere. …..

anton ·

My vraag aan die mense wat sê dat alarm stelsels duur is?
Wat is jou en jou familie se lewe werd in terme van geld?
Ek het al veiligheids sisteme op skuld gekoop en af betaal net dat ek bietjie rustiger snags en bedags kan wees!!!
Alarms is nie so vrek duur as wat baie mense wil voorgee nie.
En waar n wil is, is n weg. Maak n plan as lewens en veiligheid vir jou iets werd is!!!
As jy nie iewers begin nie, sal jy ook nie iewers kom nie. Punt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.