Egpaar wreed aangerand, gebrand op Mpumalanga-plaas

Estelle (middel) en Alan Bullen saam met hul vriendin, Elmarie Janse van Rensburg. Foto: Facebook

Estelle (middel) en Alan Bullen saam met hul vriendin, Elmarie Janse van Rensburg. Foto: Facebook

ʼn Egpaar is Vrydag op ʼn plaas in die Badfontein-omgewing buite Lydenburg, Mpumalanga, oorval, wreed aangerand en die vrou met ʼn warm strykyster gebrand.

Kol. Leonard Hlati, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is Maandagoggend in verband met die aanval in hegtenis geneem en nog inhegtenisnemings word verwag.

Alan (57) en Estelle (58) Bullen is Vrydag omstreeks 19:00 op hul plaas Doornhoek deur sewe gewapende mans oorval. Die aanvallers het die egpaar vasgemaak en erg aangerand. Hulle het ook vir Estelle met ʼn strykyster op haar liggaam en in haar gesig gebrand.

Volgens Hlati het die aanvallers daarna op die vlug geslaan met drie jaggewere, ʼn haelgeweer en R20 000 kontant. “Die bure het die polisie na die toneel ontbied en die slagoffers is in die Mediclinic Nelspruit-hospitaal opgeneem,” het Hlati gesê.

Elmarie Janse van Rensburg, ʼn goeie vriendin van die egpaar, het aan Maroela Media gesê Alan is Sondag uit die hospitaal ontslaan. “Hy het nog baie seer en veral baie pyn in sy gesig waar hulle hom geslaan het,” het sy gesê. Estelle is steeds in die hospitaal waar sy vir haar brandwonde behandel word.

“Hulle het gister [Sondag] die wonde in die teater geskraap en spoel elke uur die wonde met soutwater af. Sy gebruik sterk pynmedikasie, maar is nie onder verdowing nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Sy het gesê die egpaar woon al ongeveer 30 jaar op die plaas en dit is die eerste keer dat so iets gebeur. “Hulle is albei baie veiligheidsbewus en hou altyd alles gesluit. Maar hulle is albei positief en fokus nou net op hul herstel. Alan het klaar weer Sondagaand by die huis geslaap en sy dogter is by hom,” het sy gesê.

Intussen het ʼn jong paartjie, onderskeidelik 27 en 24 jaar oud, byna dieselfde lot te beurt geval toe hulle Vrydagaand deur drie verdagtes op ʼn plaas, toevallig ook met die naam Doornhoek, in die Pelgrimsrus-omgewing, oorval is. Hlati het gesê die paartjie was besig om rugby te kyk toe die gewapende aanvallers deur ʼn agterdeur toegang tot die huis verkry het. Die aanvallers het glo handskoene en balaklawas gedra.

“Hulle het die man en vrou met kabelbinders en kettings vasgebind, en geld en vuurwapens geëis,” het Hlati gesê. “Volgens inligting het hulle ook probeer om die slagoffers met ʼn strykyster te brand, maar die strykyster wou nie werk nie. Die verdagtes het vuurwapens op die paartjie gerig en hulle aangerand.”

Volgens Hlati is die aanvallers daar weg met die man se VW Golf, ʼn haelgeweer, twee jaggewere, twee selfone, juweliersware en klere. “Die motor is Sondag verlate naby Hazyview gevind,” het Hlati gesê.

Hlati kon nie die slagoffers se name of die aard van hul beserings bevestig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Helizna ·

Ja, die land gaan bos oor die ninja’s ons proteas ore aansit, meanwhile 3 plaasaanvalle dieselfde naweek en niks word op TV gesê nie…

Gerhardt ·

Goeie punt. Maar dis al 7 die week! En dit is net die waarvan ons weet!

SNEL ·

Regtig erg om sulke goed te lees hoe mense so gemartel is. Baie sterkte aan Estelle en Alan.

Treurgrond ·

Dis barbare wat sulke dade doen nie mense nie. Ek het die naweek die Afrikaanse Fliek Treurgrond gekyk en met afgruise besef hoe die barbare besig is om ons voedingslyne af te sny. doen julself n guns en kyk treurgrond, dit maak mense se oe nog groter oop.

Gerhardt ·

Goeie fliek, bitter en swaar maar goed. Maar snaaks dat DStv hom nie wil uitsaai nie.

iemand ·

Ons is vrydag ook in Mapumalanga so te se gehijack deur gewapende mans.

Ons was tussen die Arabie dam en Leboagoma oppad terug toe 3 mans in n blougrys ou Toyota Cerola of iets langs ons gery het en ons probeer skied het met wat ons dink is n AK en n pistool.

Darm niks die kar of ons getref nie en ons kon daarin slaag om weg tejaag. Maar dit was erg traumaties om vas te kyk in die loop van n mashien geweer.

ek wil uit die land en weg van die geweld kom, dit maak my koud om te dink dat ek so gemartel kan word voor ek dood gaan.

jjbritz ·

Wanneer gaan die moontlikheid van georganiseerde misdaad ondersoek word aangaande plaasaanvalle, dit blyk al hoe meer dat dit n misdaads organisasie is wat agter al die tereur sit.

Net Bid ·

Helizna, ek het self gewonder oor dieselfde ……. dis net bedrog bedrog bedrog in die parlement… ongelukke…. maar niks oor die plaas moored nie ………..ek wil deesdae oppak ….. Ek dink ons moet almal saamstaan vir gebed en die Here vra vir beskerming elke liewe dag.. Ek doen dit al jare….. ek vra Hom om my en my familie en my kinders te beskerm dis deel van my gebed elke aand ….. Dankie Heer Baie dankie vir U beskerming teenoor my en my familie ek dra hierdie land ook op in my gebed..Laat ons almal saam bid. Sterkte aan die slagoffers

Etienne ·

Ek lees ook elke dag hierdie dinge. Ek bly nie meer in SA nie maar wil vir julle almal se dat as mense van Syria af in Europa kan inkom oor omstandighede dan kan julle almal ook mos daarnatoe gaan? Hulle kan nie vir julle nee se nie. Dit is teen mense regte

Geert uit Nederland ·

Met ontzetting lees ik deze berichten over jullie Zuid Afrika…een land waar ik dacht misschien oud te willen worden…maar deze droom is aan het sterven…langzaam maar zeker….jullie gevoel van machteloosheid en het gevoel van in een gevangenis te leven betreur ik zeer. Jullie zijn heel erg welkom in Nederland , als jullie misschien voor een tijd weg willen. Je wilt toch iets maken van jullie leven…Ik heb het idee dat jullie mogelijk beter in Nederland dan in Belgie je moeten orienteren , nadat ik met Zuid Afrikanen in Belgie heb gepraat….Nederland laat je meer in je waarde…..Veel sterkte ! Geert , Nederland

Peet J ·

Volgens voorstelle deur instansies om plaasaanvalle te voorkom bv. om sekuriteit , elektriese omheinings aan te bring wagte aan te stel honde aan te hou, nie in die donker jou huis te verlaat nie vuurwapens byderhand te hê ens. word dit baie duidelik uitgespel dat die regering geensins belang het om die misdaad situasie onder beheer te bring nie. Dit behoort nie so moeilik te wees om jag te maak op die kriminele en hulle totaal en al uit te roei nie maar dit raak net al erger.
Om jou lewe te behou moet ons landsburgers addisionele kostes aangaan om ons en ons families te beskerm teen ‘n klomp parasiete wil my voorkom ons is vasgevang in ‘n soort van ‘n oorlog.

Illa ·

Dit is verskriklik. Om te sê jul het my simpatie gaan sekerlik nie jul omstandighede verbeter nie, want simpatie heel nie wonde nie. Maar nogtans, ek is jammer dat dit met jul gebeur het. Ek besef daagliks dat elkeen van ons se beurt net nader sluip. Dis nie meer ‘n geval van dalk nie, maar wanneer.
Wat net so kommerwekkend is, is dat daar in slegs twee aanvalle 7 wapens verkry is! Verstaan my asseblief reg, ek implisseer GLAD NIE dat die slagoffers hiervoor blameer moet word of dat boere hulself nie moet bewapen nie. Ek is bekommerd dat al die wapens wat so tydens plaas- en ander aanvalle geroof word nog in ‘n burgeroorlog teen ons gebruik gaan word. Daar word moontlik net nie daaroor berig nie, maar ek het nog nie gehoor dat enige van hierdie wapens ooit gevind word nie. Waar word dit dan weggesteek? Of word dit aangegee vir nog booswigte in opleiding?

andre de kegel ·

als julle die barbare vat julle moet een ding doen die doodstraf terug invoer

Rudi ·

Suid-Africa sal nooit verander binne-kort nie mense en ek sien geen hoop vir ons tot wanneer dit so erg gaan raak dat dit nie anders kan as om die buite-landse media te bereik nie. Wanneer die Internasionale gemeenskap eendag gn besef dat ons wit mense en veral boere besig is om deur te loop onder massa moorde, gn dit te laat wees vir baie van ons! Dit is niks anders as rasse-haat as jy sien hoe gru-saam hierdie aanvalle is nie! Hoe kan ek nou ooit van die plaas af weg gn sonder om oor my pa en ma te worry nie! Hierdie land, die regering en meeste van sy inwoners maak my siek!!!!

adrikaner ·

Lyk my hulle is besig om ons te ontwapen en wapens by mekaar te maak

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.