Paartjie wreed op plaas aangerand; man dood

Argieffoto: Nico Strydom

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Bejaarde man is dood en ‘n vrou ernstig beseer nadat hulle op hul plaas naby Dirkiesdorp in Mpumalanga oorval en erg aangerand is.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê Johannes van Zyl (84) se liggaam is omstreeks 16:30 in die badkamer van die huis aangetref. Hy het ernstige kopwonde gehad nadat hy vermoedelik met krukke geslaan is.

Sy vriendin, Charlotte (55), het die aanval oorleef, maar is ernstig beseer. Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas.

“’n Werknemer van die egpaar, ʼn Swazilandse burger, is in verband met die aanval in hegtenis geneem,” het Sedibe gesê. “Die motief vir die moord is nog nie bekend nie en vorm deel van die polisie se ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Hester ·

Hoeveel nog??? Wat word gedoen aan hierdie moorde op boere? Asof die droogte nie erg genoeg trauma is nie. Sterkte aan familie

Natasha Van Zyl ·

Baie dankie. Hoop hulle word gevang!! Dit is maar baie moeilik om te verwerk dat ons oupa so moes gegaan het. Weet darm hy nou in n’ baie beter plek!

Natasha Van Zyl ·

Hoop hulle word gevang!! Dit is maar baie moeilik om te verwerk dat ons oupa so moes gegaan het. Weet darm hy nou in n’ baie beter plek!

Uys ·

Kyk maar, die verskooninggaan weer wees iets oor n loongeskil.

Sus ·

Met pres Zuma se laaste paar toesprake waar hy dit baie duidelik gestel het dat die blankes die grond van die swartes gesteel het, en, dat pres Zuma die armoede van swartes toeskryf aan die feit dat hulle nie grond besit nie, is dit vie my so duidelik soos daglig dat die moorde in opdrag van ‘n hoër gesag gedoen word. Die voete wat die moorwerk doen, is so lafhartig en agterbaks dat hulle ‘sagte teikens’ kies – die ou mense. En dan word ‘n loongeskil telkens voorgehou as dis rede. Ons beter wakker word anders gaan die laaste een maar die lig agter hom moet afsit…….

Andrea van Vuren ·

Sus, my neef wie se seun nie ‘n vlieg sou seer maak nie is koelbloedig deur boewe in sy bed op hul wildsplaas doodgeskiet. Kort na die voorval is die boewe vrygelaat . Rede? “Not enough evidence!”

Johan Bruwer ·

Kyk die regerring , Polisie mag gebruik elke keer net die verskooning , dit is n buiteland se persoon wat die Moord of die beskuldige is .Intussen is dit wel een van Ons eie ,wat die Meester agter alles is. My ingesimpatie met die families wat reeds aangeval en vermoor is ma iewers moet dit STOP.

Henri ·

Duidelik gaan niks van die regering se kany kom nie. Daar is reeds berig oor selektiewe hulp aan boere met droogtehulp. Kom ons hou aan om mekaar te help. Daar is baie van ons wt mense wat bereid sal wees om vir arbeidersloon te werk. Boere of organisasies moet dalk daaraan te begin werk.

PJ ·

Ek is seker die hele Valke span al op pad om die moord te ondersoek

Trolle ·

Aai toggie nie alweer,en so sit en wag ons maar ons beurt af.
Jammer om te hoor.Wil nie meer die goed lees nie.

Flippie ·

Kan hierdie moordenaars mense wees?
Bid jou aan hulle slaan ‘n tagtigjarige met ‘seker sy eie” krukke dood.

Jansen ·

Die Anc gaan niks doen nie.Boere word wakker kyk namekaar help mekaar en bid vir uit koms .

Flippie ·

Kan iemand wat ‘n siel ‘n ou man van vier en tagtig met krukke doodslaan?

Topster ·

Ja laat die boere van die werkers ontslae raak en kry witnense om opplase te werk daar is baie wat sal werk vir n paar rand glo my

Sus ·

Riekie Erasmus van Roodepoort het begin met so ‘n inisiatief maar vreemd genoeg het sy kwalik belangstelling gekry.

Avril ·

Topster, jammer om jou bubble te bars, maar uit ondervinding het ek geleer, en baie skaam om dit van wit mense te se, maar die meeste jong seuns het net nie meer ruggraad nie, en is te slapgat om te werk. En ek daag enige iemand om my verkeerd te bewys. Kyk maar by die verkeersligte, swarte sal iets verkoop, blanke seun staan en bedel ……

Reinhardt ·

Meeste jong wit seuns is nie in n posisie om n plaaswerker te wil wees nie. Ons swot op universiteite en is besig om grade te kry. Die wat nou wel nie daardie geleenthede het nie, het geen verskoning nie. Dit is waar die problem in kom… arm wittes is nogsteeds geindoktrineer om te dink dat harde arbeid n swart man se werk is. Daai persepsie moet verander.

Liewe heksie ·

Spraakloos goeie genugtig dit word nou n daaglikse ding die waar is ons voortrekker nasie ons moet saamstaan en GOD aanroep ASB my GOD help ons Amen

Barnie Barnard ·

Ek dink topster het iets goeds beet.!
As dit kan werk elders, wasrom nie op ander plase! Meegevoel met die mense! Erens loop n trotse ellendeling as held vir die comrades!
,

lindie ·

Baie sterkte vir die beseerde tannie en die familie. Dis so hartseer dat ons mense sulke wrede dinge moet deurgaan. Mag die Here ons beskerm.

Gustav ·

Please check your facts , they did not know the attackers . And Charlotte is 60 years old . She is my wife’s ant . She is currently awake in the hospital and can give a Bette account on what happen as that resist police offers .

Elizabeth Bosman ·

Not sure what you are saying. Please repeat or otherwise make your statement in afrikaans.

Johan P ·

Waar is die Valke nou. Ek wed die aanvallers het haar vir dood agtergelaat en het nie gedink sy sal deur trek nie. Ons moet begin saam werk. eers net met area saamtrekke en dan steeks, en final nasionaal. leiers moet gekies word om ons weer te lei. Ons volk sit leierloos en dit is hoe die vyand dit beplan het met selektiewe sosialistiese doktrines.

DPJ ·

As God ons nie bewaar nie tevergeef waak die wagters op die muur. Boere soek eers julle hulp by die Here en alles sal in plek val.
Dan kan die boere saam met die Here die geveg wen dit verseker ek julle.

François ·

Hoekom is die reaksie van die media se kant & vanaf die polisie, ANC & EFF nou skielik so traag in vergelyking met die Parys geval? Is dit omdat die moordenaar ‘n lid is van die swart kroonwild spesie? Wat sal hulle antwoord wees? ‘Eish’! Dis om van siek te word! Een sokkerspeler dood & ons landjie gaan staan stil, 130 mense word in Parys, Frankryk, om die lewe gebring deur die mense waarmee ons geagte ANC & EFF & Regering hand op die blaas sit & die hele wêreld is in rou! Maar gooi die meer as 4000 boere-moorde die afgelope paar jaar voor hulle neer, dan is dit maar net nog iets wat van die ‘white minority regime’ oorgespoel het wat as rassisme veroordeel word. Maar maak maar die grense onbeheerd oop vir ons Afrika kollegas. Hulle velour is mos reg…….?!

Andrea van Vuren ·

Liewe Francois, ek wens ek kon jou antwoord maar die weersin in my gaan my “rassistiese” uitlatings laat maak. Hoop jy verstaan wat ek bedoel. Ons boere is nog te ordentlik om die polisie te laat weet wanneer hulle aanvallers gevang het!

Ek ·

ANC wil oorlog voer teen rassisme… Hoekom voer hul nie oorlog teen plaasmoorde nie???

Jaendre ·

Swaziburger se gat man….dis net ongediertes onder anc en mugabe wat weerlose ou mense so sal aanval. As boere vir hulself opstaan dan word hulle in hegtenis geneem.

Nico Coetzee ·

Dit het meer as tyd geword dat hierdie aanvalle en moorde deur swartes op blankes VOORTAAN deurgaans en eksplisiet as rasistiese aanvalle en moorde bestempel MOET word en niks minder nie !! Tot datum was die duisende aanvalle en moorde deur swartes op boere en ander blankes, deur swartes, in die eerste plek deur die bank RASISTIES .

Cilliers ·

Danksy sy opruiende toesprake en utlatings deur sy trawante, behoort Zuma as medepliigtige in sulke moordsake aangekla te word.

Theresa ·

Berigte soos dié moet in al 11 amptelike tale uitbassuin word. Daar IS tog toe plaasmoorde. Ek hoop die verpesting(s) word gevang en boet ook met sy(hul) lewens. Want moord wat bewys kan word, moenie so in doekies toegdraai word nie.

Frederik ·

Maroela, hoekom is my kommentaar van gister steeds nie geplaas by die berig nie ??

Peet J ·

Om jou mede wit Afrikaner sommer goedsmoeds as slapgat en sonder ruggraat uit te kryt is volgens my sienswyse uiters beledigend
Die vakatures vir plaaswerk wat in tydskrifte geplaas word verlang mense met ondervinding kwalifikasies ens. en behels nie net hande arbeid soos beweer word nie. Die wit seun wat by verkeersligte bedel het natuurlik niks om te verkoop nie daarom dat hy net bedel. Hierdie situasie waarin ons tans verkeer laat my dink aan Johannes Kerkorrel se liedjie wat hy vir PW gedig het:- Hilbrow GEE GEE GEE.

Danie Kok ·

Wat vir my opvallend is, is dat die kruisvaders (kommentators) teen die Vierkleurswaaiende “betogers” by die hofverrigtinge in Parys nou skitter in hul afwesigheid. Pietie, Abrie en die ander, waar is julle?? Ek weet hoekom is hulle stil – Afrikaners wat die Vierkleur swaai en “gekruide taal” gebruik is mos onvergeeflik afstootlik, maar rasgedrewe plaasmoordenaars van ons eie mense skynbaar nie. Nee wat, ons volk se grootste vyande kom vanuit ons eie geledere – sies vir julle wat skuldig is…

Jaap ·

Charlotte is vanoggend oorlede.

Ek praat direkmet ‘n persoon wat self na Charlotte toe gegaan het in die hospitaal so dit is nie hoorsê nie. Sy het die aanvaller geken, sy het dit in soveel woorde gesê. Sy wou nog vir hom brood en melk gee nadat hy gesê het hy is honger. Toe sy in die kombuis kom het hy haar aangeval nadat haar man reeds aangeval was, maar sy was nog nie bewus daarvan nie. Sy kon ten volle praat na die aanval en het presies vertel wat gebeur het.

Sy het vanoggend vroeg aan haar wonde beswyk.

Jacoba ·

Geregtigheid SAL GESKIED so seker as die son-en maanstrale op die ONSKULDIGE bloeddruppels val. GOD SLAAP NOOIT. ! AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.