Eie groep binne NG Kerk gestig

Argieffoto bloot ter illustrasie.

Die Kairos Netwerk (KN) beplan om ’n nuwe groepering binne die NG Kerk te stig “om te ywer vir die radikale reformasie van die kerk terug na die Woord”. Daar word ook gekyk na alternatiewe vorme van teologiese opleiding.

Die Netwerk meen die Algemene Sinode (AS), die Algemene Sinodale Moderamen (ASM) asook bepaalde teologiedosente en predikante het hulle aan ’n “oordrewe menseregte-kultuur” uitverkoop en dat die mens, nie meer God nie, nou sentraal in die kerk staan.

Die nie-formele groepering, genaamd Familie van Reformerende NG Kerke, sal na verwagting teen Julie vanjaar geskep wees. Dit is nog nie duidelik hoe hierdie groepering binne die kerk sal funksioneer nie.

“Dit het ten doel om alle bestaande Skrif-behoudende en Skrif-waarderende lidmate, gemeentes, ringe en sinodes van die NG Kerk saam te groepeer om te ywer vir die radikale reformasie van die kerk terug na die Woord. Indien hierdie reformasie nie realiseer nie, is dit effektiewelik die huidige leierskap van die kerk wat die kerk finaal gaan skeur,” het die KN in ’n verklaring gesê.

Die Netwerk sê hy verbind hom opnuut daartoe om op te staan vir die waarheid van die Evangelie en vir die eer van God.

“Die KN ywer nie vir ’n skeuring in die kerk nie, maar vir omvattende en radikale reformasie terug na die Woord en die belydenis as ons hoogste prioriteite. Dit behels innerlike reformasie van die gelowige om na God terug te keer, sowel as uiterlike reformasie van die kerk om alle aspekte van kerkwees wat verwaarloos geraak het, aan te spreek.”

Die KN het ʼn ernstige probleem daarmee dat die ASM glo nie erns maak met wat hy beskryf as die “glybaan-krisis” in die kerk nie, en verskeie vertraging- en ontwykingstegnieke in dié verband toepas.

Die ASM is glo ook ongewillig om met die KN in gesprek te tree.

Die KN is ook bekommerd oor die opleiding van toekomstige dominees.

“Die KN verklaar eenparig dat teologiese opleiding in die kerk, waar skrifontwyking en belydenis-ontrou al meer na vore kom, ’n ernstige probleem is.

“Daar is dus visionêr besluit om met aanbevelings te kom oor verskillende alternatiewe teologiese opleidings asook alternatiewe mentorprogramme. Gespreksgenote in hierdie ondersoeke is onder andere die Teologiese Fakulteit van die NWU, die Afrikaanse Protestantse Akademie asook Veritas en Mukhanyo.”

Die KN sê voorts daar moet ook sterk aandag gegee word aan dissipelmaking en kerkplanting.

“Alle gemeentes en lidmate wat hulself kan identifiseer met die terugkeer na die Woord van God as die sentrale dryfveer, word genooi om hierdie suiweringspoging entoesiasties te ondersteun en betrokke te raak by dissipelmaking en kerkplanting ter wille van die Koninkryk van God, met ’n gesuiwerde NG Kerk as die voertuig.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Ai tog. Ons Afrikaner nasie. As een enkele een op ‘n afgesonderde onbewoonde eiland uitspoel is daar binne sewe sekondes 14 kerke en 29 politieke partye gestig.

Vrijburger ·

Net mense wat nog nie in die buiteland gebly, gewerk, geleef het nie dink hierdie is suiwer ‘n Afrikaner eienskap.
En niemand kom nog vir my verduidelik het waarom dit vanselfsprekend en onder alle omstandighede so onaanvaarbaar is nie?

Dries ·

Dit is n ou argument daai wat nie water dra nie. Die NG kerk het lankal n humanistiese kerk geword waar die mens belangriker as God geword het. Hierdie is omtrent tyd

Kokkie ·

Gaan bring jou liewer op hoogte van die erns van hierdie onderwerp eerder as om sulke afgesaagde ‘stellings’ te maak, Jannie

MakersMark ·

Snert. Niks met enige nasie uit te waai nie. Die is goed. Die kerk is besig om van binne te verrot agv aanhang van sekulêre leeringe wat duidelik in die Woord as sondig beklemtoon word. Neem as voorbeeld die sinodale goedkeuring van selfde geslag huwelike en verhoudings en dat kerklike ampsdraers ook die lewens styl kan aanhang. Die nuwe initiatief kom ook van binne die kerk – keer terug na die Woord of skeur in twee.

Nici ·

Wonderlike nuus. Ek dink skeuring is onvermybaar op die lange duur.

Frank ·

Ja, dis moeilik om uit te druk. Dis hartseer, maar tergelykertyd wonderlike nuus

JohanR ·

En soe gaan dit maar aan. Dan hou ‘n paar in die kerk nie van wat of hoe dit gese word nie, dan word land of ‘n gebou gesoek om hulle eie kerk te stig. Soe drie of weer jaar dan kom dit weer rond, dan soek daar weer land vir ‘n kerk of ‘n gebou om eie kerk te stig.

Staal ·

Duidelik weet jy nie waaroor dit hier gaan nie. Hulle beywer hulle vir Sola Scriptura….

Witbaard ·

NG kerk is al jare lank besig om kerk te hou in stede van die Evangelie te verkondig. Predikante lewer pragtige uitgewerkte “lesings” en bybelstories soos geleer in die universiteit. Hulle preek wat die mense wil hoor om sodoende die kollektebordjies vol te hou.

anniekiewiet ·

Nou is daar mense wat wil terugkeer na die Woord en Evangelie, maar mense soos julle hier, skiet dit af. Weet julle ooit waaroor dit gaan?

gatgogga ·

En besluit sommer ook weer vir ons: was apartheid sonde of nie.

anniekiewiet ·

As jy apartheid kan definieer, sal jy dalk n antwoord kan kry.

Wakkerslaper ·

gatgogga, s.g. “apartheid” is ‘n woord wat die links liberales en kommuniste uitgedink het om volke se reg op onafhanklike ontwikkeling en selfbestaan onder ‘n eie regering binne ‘n eie grondgebied “verkeerd” of “onregverdig” of “sonde” te noem. Snaaks hoe die wêreld se oë skielik begin oopgaan en hulle nou anders begin dink…

Haan ·

Eerste keer in my lewe wat ek met “radikale transformasie” saamstem!

Wielspore ·

Die groep wil reformasie (terug keer), nie transformasie (aan beweeg)

anniekiewiet ·

Terugkeer na die Bybel se Woord en Evangelie ja, nie na wat al jare dalk verkeerd was nie.

Philip ·

Gelukkig het ek al met die stigting van die APK. uit die NG kerk padgegee jare terug al en kon met vrede in my gemoed rustig wees tussen ons eenders denkende mense.

Paul ·

Baie NG gemeentes is in elkgeval besig om geestelik te transformeer. Dit hang baie van die leeraar self af.
Wat my meer bekommer is die verengelsing onder die vaandel van geestelig/gelowige insluiting.
Ons word ge”bless” en nie geseën nie. Ons sing engelse liedere wat wel afrikaanse vertalings het. Engelse aanhalings word voorgelees. En die ergste: “Hoor hoe mooi word dit in die engelse vertaling gesê.” Dan word die dieselfde afrikaanse teks in engels ook gelees. Jeugbewegings word nou “youth movements” wat “praise and worship.”

Dit is als deel van pogings om meer populêr te wees.

Theunis ·

Baie waar woorde. Dit moet mos ‘n lekker kerk word om jong mense te akomodeer .

Anoniem ·

Terwyl ek glo wat ek glo en ‘n Bybel het, het ek nie ‘n gebou nodig waar die een of ander skepsel vir my wil preek oor wat om te doen nie.

Dries ·

Kerk en politiek – baie dieselfde. Ek wonder wat dink God van die gedoente.

VaalDonkie ·

Ja ne. Die kerk wat my ma “onder sensuur” geplaas het oor sy en my pa nie getroud was nie. Die kerk wat vir ons vertel het dis oukei om swartes te haat want hulle was kwansuis onrein “kanaaniete” en “samaritane”. Mens wonder wat die NGK se amptelike interpretasie van die Here Jesus se gelykenis van die Barmhartige Samaritaan is.

Wakkerslaper ·

Ek was 35 jaar ‘n NG lidmaat. Saambly sonder om te trou is sonde in God se oë en Sy kerk het ‘n plig om lidmate wat hulle daaraan skuldig maak te vermaan en uiteindelik onder sensuur te plaas as hulle nie bekeer nie. Maar ek was nog NOOIT in ‘n NG diens waar ek vertel is ek moet swartes haat nie.

Delia ·

Die trou seremonie is n mens gemaakte instelling om n papier te Kan inhandig by die Dept.
As 2 mense trou aan mekaar beloof vir lewenslank is hulle Dan nie ook getroud nie.
Wat is ander se opinie hieroor.

Delia ·

Sensuur? Sjoe as almal wat sondig onder sensor geplaas word, Dan Sal ons almal heeltyd onder sensuur wees.
Waar in die Bybel word daar van sensuur geplaas. Ek Sal graag Wil weet.
En net sekere sondes word uitgesonder vir sensuur bv saambly egskeiding buite egtelike kinders. Wat van al die Ander sondes….

VaalDonkie ·

Ja kyk, hulle het nie eens saamgebly nie. Dit was bloot omdat ek bestaan het, maar my ma het nie ‘n ring gedra nie. Ek en my ma moes maar die kyke van die ouderlinge verduur. Ek meen, ek is ‘n volbloed Christen en ek sal die Kerk teen die wereld beskerm so ver ek kan, maar ek gaan nie toelaat dat mense met my ma lelik is nie. Ons is nie Jode wat onder die Leviete lewe nie. Ons is Christene wat onder slegs twee reels leef: Wees lief vir God met jou hele wese, en wees lief vir jou naaste soos jy jouself liefhet. En jy kan maar jou skaap uit die sloot haal op die Sabbat. Jy kan selfs bacon eet as jy wil. Moet dit net nie vir afgode offer nie.

Theunis ·

Ek is van stigting af oor na die AP Kerk. Die liberale, broederbonders en vrymesselary het die NG kerk gekaap op vele vlakke. Humanisme en al die kettery waarmee hulle besig was het hulle by die punt gebring. GOD se woord het nooit verander nie maar hulle moet altyd sê tye verander en die kerk moet aanpas. Vertalings van die woord het ook skade gemaak vernaam na 1953 waar daar elle lange lyste is van wat uit die Bybel weg gelaat is.

Henrico ·

Die leiers in die NG Kerk dink hoe hoër hulle taalgebruik (kanseltaal) hoe beter die onderrig (in kerke, op konferensies, in artikels, in berigte). Intussen gaan die Evangelie verlore met teoretiese besprekings van hoe elkeen die Woord van God verstaan. Geen wonder dat die 3 susterskerke leegloop en die meer charismatiese kerke tot oorlopens toe vol is nie. Nie een van die dissipels of apostels was geleerde mense nie, en tog het hulle ‘n kragtige bediening gehad wat die wereld vol versprei het. Die verskil was die Heilige Gees wat hulle gelei het. So my voorstel aan die NG manne wat altyd verskil oor wat die Woord eintlik sê. Word lewendig, en laat die Heilige Gees julle eerder lei as ‘n klomp teoretiese professors/leiers wat betaal word om te dink ipv om te doen. Word doeners van die Woord en laat julle geloof voete kry! Die wereld vergaan langs julle en julle kom dit nie eers agter nie.

VaalDonkie ·

Hei, Lukas was ‘n geleerde man! Maar ek hoor wat jy se.

Kokkie ·

Kom ons wees ook maar baie eerlik. Daar is talle leraars wat leerstellinge (dwaalleringe) verkondig wat strydig is met die Woord van die Here, en nie deur die Kerkleiding bestraf word nie, bv. 1. Die satan bestaan net as jy in hom wil glo en sondeval, erfsonde hoef nie deel van jou bestaan te wees nie. 2. Die maagdelike geboorte van Jesus: omdat dit nie wetenskaplik moontlik is of bewys kan word nie, hoef jy dit nie te glo as jy nie wil nie. Elkeen kan self besluit of dit vir jou sin maak. 3. Dat Jesus nie uit die dood opgestaan het nie. 4. Die Bybel is mense se woorde oor God en is dus nie nodig om te glo nie.
Dit is nou net enkele voorbeelde van dwaalleringe wat verkondig word. En daar is talle meer. Die NG Kerk laat dit toe. Vanaf 16 tot 18 Maart vanjaar bied die ‘Gender Unit’ van die Fakulteit van Teologie van die Universiteit van Stellenbosch ‘n konferensie aan oor ‘Queering the prophet conference.’ https://m.youtube.com/watch?v=-E4QxTsoec0. Gaan luister asseblief daarna.

MakersMark ·

Jy is reg. Sekulere en sondige praktyke word as reg voorgeskryf. En selfde geslag verhouding en ampsbediening is nou goedgekeur. Tyd vir vernuwing en weer God en Sy woord die middelpunt van die kerk te maak ipv die mens en menseregte.

MakersMark ·

Waarom het ‘n fakulteit van teologie ‘n “gender unit” nodig ? Om die 64 geslags orientasies te akkomodeer ? Lees net Genesis dis redelik duidelik daar.

Lood ·

Die Kairos Netwerk is in wese ‘n klein groepie mense wat fundamentalisties dink. Hulle hou vas aan Skrifbeskouings van so drie na vier eeue terug en hou glad nie tred met die tyd nie. As daar kerkskeuring kom sal dit die gevolg van hulle onkunde en swak Skrifbeskouing wees.

Kerneels ·

Lood, dis nie die Skrif wat verander het nie, dis die mens wat verander het. Matt 15:8-9 stel dit baie duidelik. Gaan lees asb.

MakersMark ·

So God se Woord moet volgens jou verander met tyd ? As die Woord gelees word sien mens dit is ‘n valsheid. Die was, is en sal vir altyd dieselfde wees.

Kokkie ·

Absoluut waar, MM. Die Woord en belydenis moet aangepas word by die tydsgees en om die mens te pas en om nie aanstoot te gee of ‘op tone te trap nie.’

Lood ·

Kom ek gee julle ‘n paar voorbeelde: Die Bybel leer duidelik dat die aarde plat is en op pilare staan. Ek is bly julle glo dit so. Verder is die man die baas van die vrou – deel van sy besittings wat jy volgens die 10 gebooie nie mag begeer nie – glo julle dit ook? Die hele skepping is gemaak in ses dae. Hoe presies weet ons nie want dit wat dae bepaal is eers op die 4de dag gemaak. Maar ons glo dit so nê. Die mense het drie eeue terug die Bybel verstaan vanuit hulle raamwerk ten opsigte van die mediese en natuur wetenskap. Dit het ontwikkel in die afgelope drie eeue en daarom verstaan ons vandag dat alle siekte of gebreke nie die gevolg is van sonde nie, maar van virusse ens. Ek kan nog talle voorbeelde noem. En ja, die Bybel het dieselfde gebly en is oorvertaal volgens ouer manuskripte wat ons ontdek het, en ons verstaan dinge beter vandag in 2022

Jason ·

Seker al die ou KP ooms en tannies wat nou weer uit hulle gate kruip LOL

MakersMark ·

Nee mense wat wil terugkeer na God se Woord en die sekulêre en sondige verkondigings in te kerk te stop. Selfde geslag huwelike en ampsbediening ingesluit.

Kokkie ·

Jason, dis nie ‘n grap nie. God laat Hom nie bespot nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.