Eienaar in hof ná 24 sterf in vragmotor-ongeluk

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field's Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Beeldmateriaal van die ongeluk op 5 September 2013 in Field’s Hillweg, Pinetown, KwaZulu-Natal

Gregory Govender, die eienaar van die vragmotor wat in 2013 in Field’s Hillweg, Durban, die dood van 24 mense veroorsaak het, het Woensdag vlugtig in die Verulam-landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê Govender staan tereg op drie aanklagte wat verband hou met die Wet op Nasionale Verkeer en ʼn aparte aanklag oor die indiensneming van ʼn onwettige immigrant.

ʼn Vragmotor van Govender se maatskappy, Sagekal, en deur Sanele Goodness May van Swaziland bestuur is, het op 5 September 2013 teen Field’s Hill (M13) afgery gekom en in vier taxis en twee motors ingeploeg.

Sanele May, wat onwettig die land betree het en sonder ʼn werkspermit gewerk het, is skuldig bevind op 24 aanklagte van strafbare manslag. Hy het skuld beken. Hy is in November 2014 tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Tydens May se aanvanklike aansoek om borgtog, het dit aan die lig gekom dat die vragmotor nie padwaardig was nie.

Die saak teen Govender is tot 12 Augustus uitgestel.

ʼn Video van die voorval het groot reaksie uitgelok en die video is intussen reeds meer as 1 miljoen keer op YouTube gekyk.

Lees alle vorige berigte oor die Pinetown-ongeluk op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Grap ·

Dit is reg so party mense wil net geld maak maar nie die vragmotors onderhou nie en dit is lewensgevaarlik vir ander motoriste soos in die geval en all en all.

PIET VAN ZYL ·

My gevoel is dat elke vloot eienaar gestraf(beboet) moet word vir alle foute aan sy voertuie. die eienaar kan nie net die voordele genie, rustig slaap en die bestuurder moet opdok nie. Die wet moet verander word.

plaasjapie ·

Grap..stem in mate saam met jou. Het ook simpatie met die eienaar.
Hoe moeilik het dit al geword om vir n wit mens n winsgewende besigheid in die land te bedryf…veral as die gehalte, kostes en arbeid in ons land n groot probleem is.
Ek praat nie dit reg wat hy nagelaat het nie….maar n mens kom seker op n punt dat jy maar vat wat jy kan kry en doen daarmee wat jy kan.

Tiger ·

My broer het vir verskeie firmas trokke gery oor langafstande vir jare.Hy kan ‘n boek skryf oor die kanse wat die eienaars HOM laat vat het met onpadwaardige en erg oorlaaide trokke wat hy moes ry terwille van ‘n inkomste.Tot hy genoeg gehad het eendag en net trokdryf gelos het.Die wette is daar maar die wetstoepassing feitlik nie.Dis waar die problem is.Onvoldoende wets toepassing.En ‘n onpadwaardige swaar vragmotor is ‘n massa moord wapen.

tamboti ·

Wel hier is ek met my uiters radikale kommentaar:
Govender se vervoer besigheid (ook alle ander wat dieselfde kanse vat) moet na ‘n kort verhoor – niks langer as oggend, toegemaak word en alle lisensies en permitte moet onmiddelik terug getrek word! HY persoonlik moet alle wins en bates wat hy het, as skade vergoeding aan die naasbestaandes van die oorledenes uitbetaal en self ook tronkstraf uitdien omdat hy medepligtig is aan die dood van onskuldige mense.
Die bestuurder moes niks korter as lewenslank kry nie.
DIE FOUT WAS NIE DIE REMMME WAT GEFAAL HET NIE – ALBEI HET GEDOBBEL MET MENSE LEWENS OMDAT HUL DIE WET VERONTAGSAAM HET.
Dit is reg en geregtigheid!
Dit is tyd dat vragmotor bestuurders soos oorsee behoorlik opgelei, gekeur en betaal word.
So ook Taxi bestuurders – mobiele moordenaars.
Ongelukkig is SA meer bekommerd oor tientalle mynsterftes as tienduisende wat wees padongelukke en misdaad sterf!
Ek dink ek hoort nie hier nie.

sue-ann ·

Ja Tamboti dit is “uiters radikaal”. Jy heet duidelik nie ń benul van wat in die bedryf aangaan nie. Die trokke verlaat die perseel in n perfekte toestand maar die bestuurders neuk die trokke so op langs die pad. Dit kos die eienaar elke jeer duisende rande om die trok na elke rit weer op die pad te kry. Glo my ek weet waarvan ek praat

sue-ann ·

Jammer vingerfout. Jy het nie n benul moes daar gestaan het. O ja ek wil nog byvoeg as dit nie vir trokke op die paaie was nie sou jy nie so lekker inkopies kon doen nie….. want dan was daar min wat jy kon koop. N saak het twee kante….

Piet van Zyl ·

Sue Ann dit Bly die eienaar se verantwoordelikheid. Ek ken vloot eienaars en ek ken kansvatters. Eienaars met trots besit nie wrakke en gebruik nie onwettige bestuurders nie.

snoefie ·

ai sue Ann elke from behoort na elke tog ten monster gewas en nagegaan te word. trok bestuurder moet verantwoordelikheid been vie OORTREDINGS van padreels.die from eienaar is verantwoordelikheid vir die toestand van sy trok. te alles tye. solank from bestuurders bebort word vir lisensies en SWAK toestand van die from wat hy bestuur, sal trok eienaars hullebplig versuim. dit help nie om te se die drywer moet sorg dat sy trok padwaardig is nie. hy is afhanklik van die salaris en as hy nie die trok ry soos dit is nie sal die eienaar net niemand anders kry.

Roy ·

Vroeer jare het die spietkops kode 14 lisensies gehad en alle swaar voertuie is afgetrek en getoets bestuur wat glad nie meer gebeur nie , want ek glo daar is van hierdie beamptes wat nie eers kode 8 het nie.
Alle bestuurders is verantwoordelik vir die voertuig wat hy gaan bestuur en dit is sy verantwoordelikheid om toe te sien dat sy voertuig wat hy bestuur al is dit ‘n maatskappy voertuig padwaardig is indien nie kan hy weier om te ry of ry tot by die naaste metro cop en rapporteur die voertuig indien die eienaar hom dwing om te ry

rooi piek en grien ·

duhhhhh. as vragmotor bestuurder by die eienaar of manager kla oor tegniese probleme word hulle vrrskree oor waar die geld vandaan moet kon. Roy moenie die fout by die drywer soek nie. as die drywer te veel kla oor trgniese probleme word hy en nie die trok of onder deel nie vervang.

Tiger ·

Roy so eenvoudig is nie al klink dit so.Die vervoer besigheid se eienaar se gou vir jou jammer ek het nie meer werk vir jou nie en klaar as jy hom in ‘n hoek dryf of weier om te ry.
Tamboti,die beseerdes en oorledenes se naasbestaandes in hierdie ongeluk eis ALMAL van die Pad Ongelukke Fonds.Dit vrywaar die skuldige van ENIGE verdere eise.DIS WET!Die eienaar in die geval gaan slegs ‘n geringe boete op gele word.Kyk maar.

Poot ·

Halloooooooo!!!!!
Drie jaar later en die eienaar verskyn nou eers in die hof?
En dit terwyl die bestuurder al kwalifiseer vir parool. Net in SA.

Chris Ws ·

Wel gaan beslis ten minste ‘n R2000 boete kry vir die indiensneming van ‘n onwettige immigrant(en dit uit sy agtersak betaal!) en vir die ander oortedeinge dalk nog R 2000 of so.Kleingeld vir die vragmotor eienaar.
Die bestuurder van die vragmotor nader al sy parool datum!En wat dan?Kry hy SA burgerskap?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.