Eienaar kom haal spogmotor eers dag ná ongeluk

Foto: @edwarddp/Twitter

Foto: @edwarddp/Twitter

Die polisie in die Wes-Kaap stel ondersoek in nadat ʼn peperduur wit Maserati verlate en op sy sy langs ’n gebou op die Hiddingh-kampus van die Universiteit van Kaapstad (UK) gevind is.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig hulle stel ondersoek in nadat die motor vermoedelik in ʼn ongeluk betrokke was op ʼn draai in Oranjestraat. Traut het egter geen verdere besonderhede verskaf nie.

Kylie Hatton, woordvoerder van die universiteit, het gesê die motor het Sondag omstreeks 02:15 deur ʼn heining van die kampus gebars en op sy sy teen ʼn muur beland. Volgens Hatton het die bestuurder van die motor beheer verloor.

Foto: @edwarddp/Twitter

Foto: @edwarddp/Twitter

Hatton het bevestig die eienaar van die motor was Maandag op kampus om die motor te laat wegsleep. “Niemand is beseer nie. Die universiteit se instandhoudingsdepartement bepaal tans die omvang van die skade aan die heining waarna dit herstel sal word.”

Volgens berigte het die persoon wat die motor bestuur het ná die ongeluk van die toneel weggehardloop. Daar kon egter nie bevestig word of die eienaar die motor bestuur het ten tyde van die ongeluk nie. Dit is ook nie duidelik hoekom die motor eers Maandag verwyder is nie.

Die motor blyk ’n Maserati GranTurismo MC Stradale, die topmodel in die reeks, te wees en kos sowat R2,7 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bruno Stef ·

Die ou wat die motor so verwoes het moes stormdronk gewees het daarom het hy weggehardloop om inhegtenisname te verhoed.Dit is n duur motor en ek kan met amper redelike sekerheid se die bestuurder sit naby aan die belasting betaler kospotte of is n indirekte bevoordeelde.Die Tony Yengeni het ook mos so n duur motor onder die invloed bestuur toe hy opgetel is.

Hannelie ·

Jip @Bruno Stef! ‘n Mens hoef nie eers ‘n sterk verbeelding te hê om “bestuur onder die invloed van alkohol” in hierdie optrede te sien nie! Die ou het eers gaan nugter word voordat hy die situasie gaan “face” het!!!

scalla ·

Die bestuurder was onder die prop gewees en was bang hul sluit hom toe vir lekker dryf, seker sy roes eers gaan afslaap voor hy n poging aangewend het om die voertuig te verwyder.

Anre ·

Hahaha… dink net iemand het die kar “geleen” vir ‘n pretrit (soos die ou se seun of vriende of so iets) en die kar verongeluk, weggehardloop en die eienaar het dalk nie eers geweet daarvan totdat die universiteit hom gebel het nie! As dit die geval is, hoe vra jy omverskoning omdat jy “per ongeluk” ‘n R2.7Miljoen kar afgeskryf het?! :D

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.