Eienaar ontken aparte toilette vir rasgroepe

toiletpapierDie bewering dat toilette by ʼn sakeonderneming in Louis Trichardt, Limpopo glo vir verskillende rasgroepe geskei is, is onwaar het die eienaar van die gebou gesê.

“Nee dit is nie waar nie. Daar is nie so iets nie,” het Bennie van der Merwe aan Sapa gesê. Volgens Van der Merwe gebruik huurders dieselfde toilette maar word lede van die publiek verbied om dit te gebruik.

Die Sowetan het Woensdag berig huurders by die Vleissentraal-kantoorblok in die dorp het ʼn vergadering saamgeroep omdat hulle glo aangesê is om aparte toilette te gebruik.

Van der Merwe het gesê van die huurders het sleutels vir die toilette en dat daar sleutels aan die ander huurders voorsien sal word. Rita van Schalkwyk, opsigter van die gebou, het ook die bewerings ontken maar bygevoeg dat een van die toilette vir die bestuurder se gebruik alleenlik is. “Wit en swart werkers gebruik dieselfde toilette. Dit gaan nie oor swart of wit nie.”

Volgens Van Schalkwyk het daar ʼn man by die gebou opgedaag en daarop aangedring om die vroue se toilet te gebruik. Sy het aanvanklik geweier dat die man enige van die toilette gebruik maar het later voorgestel dat hy die manstoilet gebruik. Van Schalkwyk het die man weggewys nadat hy geweier het om die manstoilet te gebruik.

Die huurders het aan die koerant gesê hulle het genoeg gehad van die afsondering en vernedering. “Daar is vier toilette in die gebou,” het ʼn sakeman, wat anoniem wou bly, aan die koerant gesê. “Een is vir swart vroue, een vir swart mans, een vir wit en bruin vroue, en die laaste een word deur een wit man gebruik. Die toilette is ook altyd gesluit en ons moet die sleutel by ʼn wit vrou aanvra as ons dit wil gebruik.”

Ander huurders, wat ook nie hul name bekend wou maak nie, het met die koerant gepraat oor die beweerde rassisme wat daar plaasvind.

Isaac Mangena, woordvoerder van die Menseregtekommissie, het Woensdag in ʼn verklaring gesê die kommissie is bewus van die beweringe en ʼn span is na die dorp gestuur om die bewerings te bevestig. “Indien dit waar is, sal ons dadelik ʼn ondersoek van stapel stuur,” het Mangena gesê.

Mangena het gesê dit is skokkend dat daar steeds 20 jaar ná apartheid gerugte is dat geriewe slegs vir die gebruik van wit mense is. “Ons wil dit graag beklemtoon dat rassisme geen plek in ʼn samelewing soos ons sʼn het nie. ʼn Samelewing wat pas uit jare van staatsondersteunde rassisme kom. Ons moet alles in ons vermoë doen om dit uit te roei,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eduard ·

Dis baie snaaks hoe Isaac Mangena se “dat geriewe slegs vir die gebruik van wit mense is” soos ek die berig verstaan is daar wel geriewe vir alle rasse hier genoem net ekleen sy eie een!

Peter Says ·

Leen ek my onderbroek uit…NEE…my toilet…Is My Toilet.

zahn ·

Ek wil nou glad nie puntenerig wees nie, mar kyk bietjie mooi na die verdeling. Nêrens word daar voorsiening gemaak vir wit mans, buiten die bestuurder nie. Dis darem erg, komende van ‘n wit man af…(As jy nie die humor hier sien nie, besoek asb jou naaste toilet..jy gaan dit nodig kry).

Paul ·

Dit is “skokkend dat daar gerugte” is?
Sjoe, maar hoe hang so onderrok dan nou lekker uit, “commissioner” Mangena!

Martie ·

Mense jul verstaan nie………
Daar is mense en mense……..as jy die toilet reg gebruik, is daar geen probleem, maar sommige mense misbruik dit……gooi dit vol koerant papier en gemors en verstop dit……..ek het by ‘n skool gewerk en wat ‘n gemors……kinders smeer sommer die mure vol#$#$#…..jul weet en verstaan nie!!!!!!mense gebruik dit nie higiënies nie…. hul spoel dit ook nie….vra my…..Ebola hier kom ons……..Ek deel defnitief nie graag ‘n toilet nie……..my kleinkinders het geweier om water by die die skool te drink, want hul wil nie toilet toe gaan nie, want dis morsig en stink!!!!!!!……wat ‘n onderwerp!!!!!! Ek stel voor die persone kan dit gebruik, maar daar moet ‘n opsigter wees, as moontlik en as iemand dit gebruik het, moet die person saam met die opsigter ingaan om te kyk of alles netso gelos is, soos wat hy of sy dit gekry het, anders gebruik jy nie weer die toilet nie!!!! KLAAR!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.