Eienaar restaurant kwyt ná video

‘n Skermskoot uit die video.

’n Eienaar van ’n Ocean Basket-restaurant in Lakefield, Benoni, is sy onderneming kwyt nadat beeldmateriaal op sosiale media versprei is van hom wat oënskynlik een van sy werknemers aanrand.

Op die beeldmateriaal, wat deur ʼn veiligheidskamera vasgevang is, kan gesien word hoe die man die werknemer herhaaldelik klap terwyl die werknemer probeer om homself teen die houe te beskerm. Dit is nie duidelik wat aanleiding tot hierdie konflik gegee het nie.

Ocean Basket het nie bevestig wanneer die voorval plaasgevind het nie, maar volgens die datum op die beeldmateriaal het die voorval die oggend van 3 Julie gebeur.

Talle sosialemediagebruikers het vandeesweek die video op Ocean Basket se amptelike Facebook-blad gedeel en geëis dat die restaurant stappe doen.

‘n Skermskoot uit die video.

Grace Harding, uitvoerende hoof van Ocean Basket, het Dinsdag in antwoord op die navrae geskryf die restaurantgroep is uiters ontsteld oor die voorval en het reeds verlede week die eienaar en werknemer besoek. “Ons het die eienaar van die besigheid verwyder. Hy het geen aandeel meer in die besigheid nie en ons het geen verdere verhouding met hom nie,” het Harding gesê.

Sy het gesê die werknemer ontvang tans berading. “Enige besluit oor ʼn strafregtelike aanklag wat ingedien word berus by die werknemer. Hierdie situasie is aaklig en ons aanvaar nie die gedrag wat in die video gesien kan word nie.”

Harding het gesê sy sal persoonlik seker maak dat die werknemer en sy kollegas ʼn wonderlike nuwe eienaar kry wat aan hulle ʼn gesonde werksomgewing sal bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Ag asb ·

En die storie is nog nie eers uitgeklaar nie en die media hol alweer daarmee weg. SPUR, KFC EN NOU OCEAN BASKET. Het julle videos van die honderde Plaasmoorde???

andrea van vuren ·

Briljante antwoord. Soms wonder ek of van die werknemers nie dalk die eienaars teen die mure uitdryf met arrogante gedrag nie. Onthou, daar word nou oral teen enige witte gediskrimineer wat ‘n posisie het. Deesdae kry alle “slagoffers” berading maar wat van die arme werkgewer wie se kop uitgehaak het omdat hy getart is? Gee maar net my persoonlike mening.

Ja nee ·

Plaasmoord en erge mishandeling is niks…..doelbewuste uitlokking en arrogansie is OK. Daar gebeur niks in lg. geval. Waar kameras is, is die speelveld mos anders sodat NET die regte paar sekondes herspeel kan word.

Anderkant ·

Se eers wat het die werknemer gedoen! Eers dan mag ek vir hom jammer voel. Maar vir nou voel ek vere.

Matilla ·

Maak nie saak wat die werknemer gedoen het nie. Geen werkgewer tree so teenoor een van sy werknemers op nie. Daar is maniere om sekere situasies op te los en geweld is beslis nie een daarvan nie.

henry ·

Mag wees agv diefstal… besigheids eienaars word rot en kaal gesteel!

Adam ·

Regtig!!!. Ek sou graag wou sien hoe julle reageer het as die eienaar een van julle wit seuntjies op dieselfde manier hanteer het.

Jakes ·

Boikot Ocean basket. die swart engel het paksla gekry seker omdat hy so onskuldig is.Waar in die lewe het jy dan nou gesien ‘n arme swart engel kan iets verkeerd doen, mens word mos sommer net so onnodig kwaad vir hulle en al waaraan hulle skuldig is is om jou sakde aan te doen.

piper ·

totdat meer verduidelik word gaan ek ocean basket die spur behandeking gee. kfc geen probleem nie, was jare laas daar.

M ·

Ek wonder hoe lyk die bewoording van die franchise se terme en voorwaardes as ‘n eienaar sommer sy besigheid kwyt kan wees?

Mielie ·

Hoekom so n groot storie hiervan maak. Julius se prokureurs vriend het op sy werkers geskiet en JM het hom by die hof ondersteun.

Eish ·

Ocean Basket se kos en diens is buitendien sub-standaard. Eet nie daar as ek kan kies nie. Ek eet bitter min uit deesdae en dis meestal by nie-franchise eetplekke.

Eish ·

Jy het dieselfde naam as ek. Ons standpunte verskil soos dag en nag.

Jones ·

Ag shame nog n geval
Wat van die vrou wat 100000 skade vergoeding moet betaal
Penny sparrow ens ens
Maar as zuma se kind ons wit honde noem word dit vinnig onder die mat in gevee
Of juluis wat sing kill the boer en niks word aan hom gedoen nie
Suid afrika, wat n klug van n land

Bil ·

Somehow bring julle als trug na spur en plaasmoorde al is dit nie een verwant nie. Die ou klap sy werker genade dis ni reg. Ie hys net spyt hys gevang dis al.

Pim72 ·

Stem saam met jou. Maak nie saak hoe kwaad die werker hom gemaak het nie, hy het NIE die reg om aan hom te slaan nie.

Miskien is plaasmoorde en mense wat hulle werkers aanrand dalk verwant……

Karlien Venter ·

Pim… waarvan praat jy? Werkgwers wat werknemers aanrand? Plaasmoorde verwant… wat n klomp twak dalk moet ek jou e-pos kry en vir jou honderde gevalle stuur met fotos wat boere nie eers weet wie hul aanval of nie kan getuig want hul dood is. Wat n belaglike stelling.

JoeV ·

Waar het jy geleer skryf? Wie sorg vir jou taal en kultuur? “Somehow” lyk dit nie jy besit die vermoë nie!

Geliefd ·

Ek stem saam. Geen mens mag so behandel word nie. Die eienaar lyk soos ‘n tipiese oud Suid-Afrikaanse bullebak.
Het een keer by ‘n klein restaurantjie in Northcliff geëet, wat nogsteeds baie gewild is. Ek en my man het een Saterdag middag daar geëet en by die deur naby die restaurant gesit. Vooraf is die grys kop eienaar sharmant en vriendelik, maar as hy sy voete in die kombuis sit het hy op sy petsoneel geskree en hul gevloek….sal nooit ooit my voete daar sit nie.
Laat dit vir mense ‘n les wees. Hanteer mense wat vir jou werk….veral die wat leef v d hand na die mond….met respek en deernis….sien die mens raak…

A1terego ·

Verblydend om te sien daar is darem iemand wat bereid is om dit te sê. Baie dankie.

Matilla ·

Maak nie saak wat die werknemer gedoen het nie. Geen werkgewer tree so teenoor een van sy werknemers op nie. Daar is maniere om sekere situasies op te los en geweld is beslis nie een daarvan nie.

Pieter ·

As jy die werker gaan aankla van diefstal of saakbeskadiging, gebeur net mooi boggerol. Die polisie glo altyd die arme bloedjie se storie en die klag beland in die snippermandjie. Dank jy die man af betaal jy net weer by CCMA en word hy net weer aangestel en jou probleem eindig dan nooit. Dit is ‘n bykans onuithoubare situasie om aan hulle werk te gee.

Fiki ·

Jille is walglike mense… jy wil nie he jou kind moet geslaan word nie al het hy/sy verkeerd gedoen maar die swartmam moet slae kry… sies vir jille

Pik ·

Voel ook so partydae elke week maandag begin jy weer van voor af wat jy laasweek vir werkers geleer het teen saterdag is opleiding weer op koers sondag af maandag begin ons weer van voor af

Johan ·

Eienaar SY besigheid kwyt…..wat maak nie sin met daai stelling nie……..dis sy besigheid…..

Apie ·

Sal graag die eienaar se weergawe wil hoor. Hoekom word dit nie gerapporteer nie? Dalk n gefrabiseerde storie hierdie.

Lynne ·

Hierdie Franchises met hulle eensydige weergawes van insidente moet begin wakker skrik! Talk is cheap, but money buy’s the Whisky!

Chrisjan ·

En so moet mens die heletyd jou werkers se agterende lek om nie moeilikheid te kry nie al maak hulle wat.Pateties!Ek moes dit doen vir 27 jaar tot ek eendag net besluit het ek het genoeg van die “licking game” gehad en 24 uur kennis gegee en vroeg afgetree.Was nog nie een dag spyt nie!

Eish ·

Afskuwelike gedrag, prima facie bewys van aanranding. Tensy dit toneelspel is, hoegenaamd geen verweer kan sulke laakbare gedrag regverdig nie.

Wynand Kruger ·

het jy al in moeilike omstandighede skade deur n’ werknemer gely? Kom on wag vir sy storie dan oordeel ons.

Cherokee ·

Wel, indien enigiemand die gewese eienaar kan opspoor, vra hom om sy saak hier te stel en dit dalk net gebeur met Ocean Basket om geSpur te word. Natuurlik mag dit ook wees dat hy onredelik was maar dit sal tog interessant wees om sy storie te hoor.

Pikkie ·

Ek persoonlik geniet daai eetplekkie waar die sogenaamde insident gebeur het. Al wat ek kan se is dat die eienaar moes beslis uitgetart gewees het. Dis al oor en oor bewys kies jou woorde reg anders word jy uitgemaak as n rasis en maak nie saak wat jou rede jy bly verkeerd. Dus veiliger om eerder maar in jou huis te bly en te vermy wat deesdae in ons land aangaan. Hoe se hulle n stil bek is n heel bek. Gaan hoor wat hier gebeur het voor die eienaar gestenig word.

Vryheid ·

Die media sweep mense op met gedeeltelike stories en half waarhede. Hoe anders hou hulle mense op hul sosiale platforms.

anton ·

Amper orals in die wereld word die boere/ wittes gehaat al het niemand eers vir iemand geklap nie.
Moenie sommer ons die skuld vir alles gee nie asb.!!!

Frederick Potgieter ·

Jy klap nie n werknemer of enige ander mens nie. Hy is verkeerd. Mense wat hom verdedig is net so skuldig en dit is ons ou boervolkie se probleem. Ons ondersteun verkeerde optrede en nie menslikheid nie. Kleur speel altyd n rol. As dit n wit ou was wat die klap gekry het van n swart man was die kommentaar anders. Skaam julle.

Blondie ·

Waar staan dit dat die eienaar ‘n Boer/Afrikaner is??!! Dit kan net sowel iemand van ‘n ander Nasionaliteit wees! Bv. ‘n Italianer met ‘n vurige humeur en nou kry ons Afrikaners WEER die SKULD!!!

Kiepie ·

Blondie, Frederick sê nie dat die man in die video ‘n Boer/Afrikaner is nie. Hy sê dat dit die Afrikaner se aard is om verkeerde optrede te steun eerder as menslikheid. En ek stem 100% saam met hom. Almal hierbo is op hulle perdjie elke keer wanneer die rasse-kaart deur swartes gespeel word, maar wanneer iets soos hierdie video aan die lig kom dan wil hulle eers weet wat die omstandighede daaragter was. Bog man, jy behandel nie ‘n mens so nie en klaar.

Leahim ·

Nou toe nou ….. was daar plaasmoorde voor 1994 ? nee daar was disiplinne en baie minder misdaad as vandag hoekom dink jy was dit so gewees?

Nie reg nie ·

Dis tipiese boelie gedrag. Geen mens het die reg om iemand so aan te rand nie. Sulke gedrag is onanvaarbaar en werklik daar is stappe wat in plek is in enige werk as jou werkers iets verkeerd doen. Daai houding van ” ek-is-baas en jy is klaas” tipe gedrag is hoekom ons onskuldiges deur metropolisie en ander lede so gehanteer word en dis hoekom daar plaas aanvalle is.

WORD WAKKER jou onredelike boelie. Hierdie optrede is die oorsaak dat ander onskuldige blanke mense vandag in RSA sonder rede aangeval word. Mense julle moet STOP, DINK en REG optree asseblief.

Jaco Grobler ·

Hoekom eers die ander kant hoor voor jy ‘oordeel’ Verbrands mense, dis verkeerd, krimineel! NIKS kan so aksie regverdig nie.

Michael ·

Ek stem Jaco dit is verkeerd en die wet moet sy gang gaan vir hierdie ou asook die adjunk minister van hoër onderwys

Ronnie ·

Maklik om te praat ek voel partykeer om liewer my besigheid toe te maak agv subtiele sabotasie.

Pieter ·

Ronnie,
Jy is op die oog af een van baie min mense op die forum wat die probleem ken, dit dwing mens om iets anders te doen vir ‘n lewe.

Yvonne ·

Leahim, ek het nuus vir jou. Gaan kyk in die argiewe daar was plaasmoorde voor 1994. Dit het egter net toegeneem.

Leahim ·

Ek weet Yvonne daar was drie in natal en twee in die noord transvaal in die tagtigerjare daar was vier net verlede naweek gewees waarvan ons weet bygesê

Withond ·

Ocean Bascet se meerderheid kliente is wit. Dink hul gaan versigtig wees om iets te sê want hul het hul les geleer by Spur

Eps ·

Net nog ‘n rede hoekom ek my eie kos maak en nie uit eet nie. Al wat ek doen by ‘n restaurant is die koffie geniet by die plekke waar ek dit verniet kry.

cdv ·

Die voorval het 3 Julie gebeur en nou meer as n maand later is dit nuus agv videomateriaal. Dit laat my wonder watter proses het Ocean Basket as franchisegroep in plek vir werkers om griewe/ sulke gedrag te rapporteer. Meeste franchises is mannekrag(HR) die konsessiehouer se probleem en nie die konsessiegewer se probleem nie. Ras het niks hier uit te waai nie. Sulke gedrag is totaal onaanvaarbaar en konsessiegewer het opgetree om sy entiteit se naam te beskerm. Punt.

mc ·

En dit is die probleem met ons tipiese Afrikaner blanke mans, wil alles met geweld en sy vuiste regmaak. Dit maak my siek, daar is prosedures wat gevolg word, geweld is nie een van hulle nie. Ek kan nie help om te wonder of dit is hoe hy sy vrou en kinders by die huis ook behandel nie. So gaan maar aan verdedig maar hierdie gedrag – dit is presies waaroor die land en die wereld in die gemors is waarin dit is. Ons is veronderstel om op te kyk na mans, maar kyk hoe gaan hulle aan. Niks regverdig hierdie gedrag nie – sies man – ek kry skaam.

Chrisjan ·

mc, jy sit die pot mis, as ons blanke mans ons tot geweld gewend het was die land ‘n bloedbad. Moet asb nooit ons stilswye en verdraagsaamheid as ‘n swakheid sien nie, dit is nie, dis ‘n voorbeeld van uiterste selfbeheersing.

Elke klein insident van ‘n blanke man wat kop verloor woord aan die groot klok gehang en die onregverdige toeloop word verduister. Elke mens het ‘n breekpunt, onthou dit.

Pieter ·

mc,
Die Afrikaner mans is in teendeel ‘n baie beheersde spesie want die enkele ou hier en daar wat uithaak ten spyte van enorme druk en provokasie is die beste bewys. MC dit sal goed wees om te dink voor jy sulke wilde stellings maak.

wet ·

So se asb vir ons die naam van die tipiese afrikaanse man wat die werker aanrand mr naamloos???? Jy is vining om te kritiseer op wat jy aanneem die werklikheid is. Geen rede om jou ernstig op te neem nie

VanAfrika ·

mc, die problem met ons tipiese Afrikaanse man is dat hulle onderdruk word. Hulle het hierdie land tot stand gebring en in die proses was hul bloed getap en hul vroue en kinders uitgemoor. En waarvoor hulle hard gewerk het en bloed gesweet het voor die aangesig van hul God, is dit oornag van hul weg gevat. Verstaan hul frustrasie en vrees, daar word heeldag slagspreuke geskree om ons uit te moor. Wat het dit hierdie man gekos om sy werknemer aan te rand, n saak het twee kante

jannie ·

My vrou en ek was amper omgery op n voetganger oorgang Ek het net die persoon aangekyk en verder geloop Hy stop n ent verder en klim uit die kar en vra my wat ek hom genoem het wat se vloek woord ek aan hom gese het Ek het na hom gestap en gese ek het nie eers my mond oopgemaak nie Dit wys net moenie eers na hulle kyk nie ander word jy van n rassistiese kyk aangekla Hy wou he ek moet iets se wat teen my kan tel

Dirkie ·

Die tipe gedrag maak dit net nog moeiliker vir die wat graag reg wil lewe. Dit is die tipe videos wat aanvalle aan spoor. Die eienaar en almal in publick weet mos, orals loop mense met kameras en videos rond. Jy kan nie meer net klap en skop en dink Niemand sien jou nie. Ja die storie het dalk n ander kant ook, maar die video spreek boek dele.

JoeV ·

Waar het jy geleer skryf? Wie sorg vir jou taal en kultuur? “Somehow” lyk dit nie jy besit die vermoë nie!

Vry hand ·

Pateties…lyk my alle voorvalle word nou vergelyk met plaas moorde. .hierdie is n ander voorval..maar nou ja..deesdae dink die wit mense n vuis en paar houe se nie duidelik…rassisme nie..julle sien hoe gaan dit in ons land..dankie tog ..ek werk saam met nie blankes..en ons is nou wraggies n team..geen tekens van rasisme tussen ons nie

Heila Fourie ·

Ek wil net graag ‘n eie eiertjie lê. Ek woon in Montana en gaan gereeld Kolonade toe. gaan loer bietjie wat gebeur by chekkers, clicks, woolwoths en pick ‘n pay. Ek is ‘n pensionaris en het nie engels aangeleer nie omrede my taal Afrikaans is. sodra jy Afrikaans praat deur op Afrikaans te groet en vra vir plastiek sakkies word jou kruideniersware so hard gegooi nadat dit gelui isdat dit amper van die tafel afval waar die pakkers die pakwerk doen en dan vir die werknemers vra om nie jou aankope te gooi nie dan moet jy kyk wat doen hulle.
EK IS SIEK EN SAT VAN DIE WERKNEMERS SE GEDRAG IN DIE WINKELSENTRUMS. Ons sal nooit saam by die selfde vuur kan sit nie.
Heila Fourie

Leahim ·

Mev Fourie raporteer hulle by die bestuur en probeer die volgende as u weer daar kom
Dumelang. – groet
Hoekai. – hoe gaan dit
Kealiboga. – Baie dankie
Shala gaboetse. -groet
Sal nie glo hoe vriendelik hulle dan sal wees nie

VanAfrika ·

My swart kollegas probeer heeldag om my te leer om in hul taal te praat, tot hul genot se ek als verkeerd of vergeet wat ek moet se. More probeer hulle maar weer. Baie keer kom hul agter dat Sotho, Koza, Thwana probeer my leer dan meng ek die tale dan le hulle soos hulle lag, veral as hulle my probeer leer om die tale identifiseer. Die tale klink dan mos dieselfde

Kobal ·

Mev. Fourie. het u nog net een taal u hele lewe geleer praat. ons het 9 amptelike tale met Engels as die middelman.

Die personeel maak ook toegewings deur engels te praat met u. Hulle kon net so maklik in hul eerste taal gepraat het.

snoepie ·

Ek stem 100% saam met jou Kobal. Ek het saam n dame gewerk wat sotho praat. My bestuurder het vir haar iets in afrikaans verduidelik. En toe sy nie mooi ALLES verstaan nie; haar toe gesnou dat sy dom is. Ekt my so vererg en vir hom gesê om dit vir haar in haár moedertaal (wat sotho is) te verduidelik. Wel hy kon nie. Nou wie is nou die dom een. Want sy kan afrikaans praat maar hy kan ni sotho praat nie. Vra maar net?

Zachrys ·

Oor die laaste komentaar,.. Dit gaan oor prinsiep… Ek is ook gegrief om nie in my taal bedien te word nie mev. Fourie. Ek is dan die klient in ń oorwegend Afrikaans sprekende gebied, nou moet ek hierdie volks -vreemde en
-onderdrukkende taal besig…? Selfde in restuarante banke ens… Dit was nou ń ongelooflik goeie ervaring om onlangs by Jasmyn in Hartbeespoort in Afrikaans te kon besigheid doen…doen u-self die guns om daarheen te gaan, en moet u-self nie aan die mense steur wat so lelik met u wat al ń pensioenaris is baklei nie…hulle is nie Afrikaner – adel nie. Ek groet in Afrikaans en of hulle n poging aanwend of nou nie dan probeer ek op die naam plaaitjie kyk of dit nou ń sotho of zulu is want Ai moet netnie in die verkeerde taal groet nie dan groet ek maar in daai taal terug. En die persoon hierbo wat ons ń los in afrika tale wou gee… Spelling van daai woorde maak jou belaglik

o kae? ·

…of eerder….ke teng….ek dink so…

Ek probeer nogals gereeld, veral by vulstasies……en moet eerlik wees, die vriendelikheid wat ek dan terugkry, is noemenswaardig

Andre C ·

Hierdie man het verkeerd opgetree,daar is vandag nog baie sulke besigheidseienaars wat alles met geweld wil regstel.Ek het dit as werknemer by n Engen-vulstasie hier in die Wes Kaap ervaar.Die franchise eienaars moet as hulle bewyse het net eenvoudig die besigheidseienaar se lisensie wegvat.

Elmer Swanepoel ·

Die “veiligheidskamera” het die voorval mooi gevolg sonmder om die gesigte te wys

VanAfrika ·

Meyersdal in Alberton se Ocean Basket het toegemaak. Privaat ou het nou daar oopgemaak en hy maak die varste en beste seekos. Smaak honderd keer beter as Ocean Basket

rassie ·

Ek wonder wat die ou wat die klappe uitdeel se geloofsoortuiging is. Wat dit ookal is, wonder ek ook of hierdie soort gedrag in ooreenstemming met sy geloofsoortuiging is. Indien hy byvoorbeeld ‘n Christen is, wonder ek of sy optrede regverdigbaar is in terme van die Christelike geloof. Of het geloofsoortuiging niks te make met praktiese optrede nie.

Transvaal ·

Aan julle kommentare kom mens vinnig agter die meeste van jul is werknemers en nie werkgewers. …. Kom ,trek op julle sokkies, werk hard, maak planne en word n werkgewer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.