Eienaar tronk toe oor raserige kroeg

Argieffoto: Pixabay.com

Die eienaar van ʼn taverne in Soshanguve, noord van Pretoria, is tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan 26 aanklagte van geraasbesoedeling.

Lindela Mashigo, direkteur van mediaverhoudinge by Stad Tshwane, het gesê Phillip Mafata (44) is tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat een van sy bure oor die voortdurende geraas by die taverne gekla het.

Volgens Mashigo bepaal die Gautengse geraasbeheerregulasies dat die geraas wat veroorsaak word deur ʼn toestel of aktiwiteit by ʼn perseel nie hoorbaar mag wees buite die grense van die perseel nie. Nadat een van Mafata se bure oor die geraas van die kroeg gekla het, het beamptes van die stad die buurman se huis besoek om geraasmetings te neem.

“Die klaer, Kenneth Sithebe, het gesê die aard van Mafata se onderneming veroorsaak baie ongelukkigheid in die buurt omdat die harde musiek tot in die vroeë oggendure gespeel word,” het Mashigo gesê.

Hy sê Mafata is reeds voorheen ʼn boete van R12 000 opgelê weens oortreding van die provinsiale geraasregulasies. Helfte van die boete is vir drie jaar opgeskort op voorwaarde dat hy nie weer aan dieselfde oortreding skuldig bevind word nie.

Mafata het verlede week voor die Tshwane- munisipale hof verskyn op 26 aanklagte van geraasbesoedeling. Kagiso Ratlhogo, die Stad se aanklaer, het gesê die 26 aanklagte is ernstig wanneer daar in ag geneem word dat sy dade die gesondheid en welstand van ander individue affekteer.

Landdros JC Kruger het gesê dit is duidelik dat Mafata nie sy vorige opgeskorte vonnis ernstig opgeneem het nie. “Die beskuldigde het nie na die raad van omgewingsgesondheidspraktisyns geluister nie, selfs nadat kennisgewings op hom bedien is en hy gewaarsku is oor die gevolge van sy dade. Dit is duidelik dat Mafata nie respek het vir die gereg en sy bure nie,” het Kruger gesê.

Die landdros het bygevoeg dat die gemeenskap geregtigheid van die howe verwag en dat tronkstraf daarom ʼn gepaste vonnis vir Mafata is.

Sithebe het sy tevredenheid met die vonnis uitgespreek. “Die marteling wat hy vir my en my familie veroorsaak het, waar ons vier jaar lank slapelose nagte moes ervaar, sal hopelik nou tot ʼn einde kom. Ek is tevrede met die uitspraak. Ek hoop dit sal ʼn sterk boodskap stuur aan ander wat hul ondernemings bedryf ten koste van ander mense en hulle sodoende ernstige sielkundige skade berokken,” het Sithebe gesê.

Inwoners van die Tshwane-munisipaliteit wat klagtes oor geraasbesoedeling het, word aangeraai om die stad se Munisipale Gesondheidsdienste by 012 358 4656 of [email protected] te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Katerina ·

Ja ek het beslis simpatie met Mnr.Sithebe en ander ordentlike mense in sy buurt. Oorkant die pad van waar ons woon is n groot nedersetting en hulle raas en paartie baie aande so tot vroee oggendure.Nie net naweke nie,baie maal weeksaande ook. Ons is n ent weg so by ons is dit maar agtergrond-musiek. Maar wat van skoolkinders en mense wat vroeg moet opstaan vit werk? Ek se nou die dag vir my man dis n wonder die werkende mense staan nie op en gaan foeter die rasers nie.Seker maar te bang vir wraak. Maar regtig daardie werkers en skoolkinders gaan seker soos zombies deur baie dae van geen slaap kry snags.

Alfie ·

Pragtig!! Daar is vele ander wat dieselfde pad moet loop. Respek vir ander se ruimte en privaatheid is ‘n ernstige probleem in SA. Ek wil nie na die ou langsaan se musiek en rumoer luister nie. Baie mense kan nie dit verstaan nie. Die wette is duidelik, maar baie owerhede laks en onkundig met die toepassing daarvan.

Siekensat ·

Wel, Open Arms in Goodwood se musiek is so hard tot 4am of soms 5am en niemand doen niks daaraan nie. Die karre wat spin en motorfietse wat “gerev” word wanneer mense ry van die plek af is net so steurend.

Jacques ·

Open Arms ja nee. Mense van ander plekke kom neuk ons dorp op. Gelukkig het ek en ñ paar pelle nog tot so 2012 toe die laaste “room” van Voortrekkerweg geskep by ñ ordentlike rock n roll pub. Daarna het al die pubs verander na uitspattige harde doef-doef gemors.

Delmasser ·

Ek het eerlik waar nie gedink so klagte sal iets van kom nie. Uiters verbaas. Maar dan hang dit seker ook van jou munisipaliteit af? Dus Botleng in Delmas gaan nog lawaai maak 7 dae van die week, 24 uur van die dag en dan probeer die bure ook nog kompetisie hou.
Ek het al gewonder hoe moet die arme kinders die volgende dag op skool konsentreer en sekerlik versleg hule gehoor want dit gaan so die hele nag en die volgende oggend klim hulle in een van daai doef doef taxi’s.

Moedeloos ·

well done!! ek sukkel al oor die 10 jar met my buurman. Hy speel sy mesiek elke dag, met groot speakers wat voor sy deur staan. Metra van Mamelodi was al 100 keer da niks het gebeur nie. Ons het ma hande weggegooi, wag ma net vir die Here om in te tree.

Andrea ·

My bure het 4 klein kindertjies. Sondagmiddae word die viertjies uit die gestuur sodat Mammie en Pappie kan ‘rus’. Dan moet hul agter die huis speel, omtrent drie meter van my slaapkamervenster. Daar is al die afgelope vyf jaar geen rus op n Sondagmiddag nie want dit gil en skrou dat hoor en sien vergaan.

Patrys ·

Ons is van Daspoort. Pretoria En Ons Selfde Probleem, My Man Werk Skofte En Die Bure Gee Nie Om Of Dit Week Of Naweek Sy Nagskof Val, Hy Kry Nie Geslaap Nie, Ons Al Raadop!! Praat Jy Met Die Mense Dan Word Jy Geskel Soos Min!! Mens Moet Tog Ander Mense Ook In Agneem Om Jou, Waar Jy Woon!!!

AmY ·

Ek ken jou pyn. Hier in die kompleks waar ons bly, is daar elke dag en veral Sondaemiddae wanneer ons wil rus, tot 20 kinders wat buite speel en gil en raas. Die een se kar se vier deure én kattebak is op en sy musiek speel kliphard. Ek kan nie onthou wanneer laas ons op ‘n Sondagmiddag kon rus nie.

Die voorsitter van die beheerliggaam haal net sy skouers op sê daar is niks wat hy daaromtrent kan doen nie, en die een wat sy musiek so hard speel dien op die beheerliggaam.

Die bure in die omtrek het al begin kla, maar daar kom dadels van almal se klagtes.

Nel ·

ANDREA….. Jy kan nou wraggies nie kindertjies see speel en geraas enigsins vergelyk met middagnagtelike oorverdowende musiek en motors en motorfietse se geraas nie. Kinders MOET buite speel.

net so ·

ek moet dalk hierdie print en in ons bure se posbus gaan gooi….
van harde musiek tot “elke sondag aand movies” moet ons deurgaan… dit maak ons mal… my seuntjie van 2 slaap glad nie as dit einde van die maand partydjie tyd is saam hulle oorkant ons nie.. my man was al daar maar hulle party en kuier so dat hulle die volgende oggend glad nie weet van niks nie….

Anoniem ·

Wens moordenaars sou ook tronk toe gaan. Te veel van hulle wat nog rondloop! Maar baie bly vor doe gesin dat die geraas tot n einde gekom het, ons het self so buurman gehad!

Patrys ·

Ons is van Daspoort. Pretoria En Ons Selfde Probleem, My Man Werk Skofte En Die Bure Gee Nie Om Of Dit Week Of Naweek Sy Nagskof Val, Hy Kry Nie Geslaap Nie, Ons Al Raadop!! Praat Jy Met Die Mense Dan Word Jy Geskel Soos Min!! Mens Moet Tog Ander Mense Ook In Agneem Om Jou, Waar Jy Woon!!!

Skaap ·

@Andrea – Die lawaai van kinders speel in die dag kan nie vergelyk word me harde musik wat heelnag gespeel word nie. Ons was almal kinders op ‘n tyd en het gegil en geskreeu toe ons klein was. Wat van ‘n paar oorpluise kry by die apteek?

AmY ·

Ek weet ons almal was kinders, maar op ‘n Sondag was ons stil, want ons ouers wou rus.
Maar vandag het die mens so erg verval, dat hulle 24/7 raas, en niks en niemand respekteer.

JJ ·

Wonder onder watter artikel of regulasie kan jy gaan kla oor rusverstoring. Party polisie stasie voel vere. Dit sal help as mens net weet onder watse wet of leidraad kan jy kla

OWO ·

Die geval in die skrywe is hanteer onder die Gauteng Geraasbeheerregulasies en is net bedoel vir Gauteng.Geraasbeheer onder die Regulasies is egter baie tegnies en word in twee kategoriee hanteer.’n Geraasoorlas wat enige geraas insluit maar wat nie gewoonlik met ‘n klankpeilmeter gemeet word nie,omdat dit gewoonlik gebroke klankpeile is, bv honde wat blaf en mense/kinders wat raas.Dit is klanke wat kom en gaan.’n Steurende geraas,is afkomstig van ‘n bron met ‘n eentoon geraas bv ‘n kompressor,opwekker,nagklub wat musiekgeraas veroorsaak(doef,doef,doef)en wat met ‘n gekalibreerde klankpeilmeter gemeet kan word.As die klankpeile oorskry word, kan ‘n eienaar skuldig bevind word.Met ‘n geraasoorlas word van ‘n klaer verlang om oor ‘n tydperk van bv 2 weke,boek te hou oor hoe die geraas voorkom en dit moet dan vervat word in ‘n verklaring wat gesertifiseer is, en hy moet bereid wees om in die hof te getuig.Die ander provinsies behoort soortgelyke regulasies te besit.Die munisipaliteite is verantwoordelik om hierdie regulasies toe te pas.

Piet Pompies ·

Hierdie is ‘n modelsaak wat gaan veroorsaak dat geraasmakers op hul neuse gaan kyk. Dit is nodig vir die met anti sosiale gedrag wat net aan hulself dink. Ons was ook daaraan blootgestel, musiek uit ‘n voertuig van 9 uur die oggend, deur die hele dag tot na middernag. Kyk dan is mens siek van die musiek. Sondag word die roes afgeslaap. Die dag toe die bure trek, het ons party gehou..

Izak ·

Geraas is soos om afval in ‘n vullishouer te gooi, òf om ‘n toilet te spoel na gebruik…baie sukkel om selfs hierdié basiese dinge reg te kry. Sosiopate moem ek hulle!!

Cherokee ·

Ek het om 17:00 by die huis ingestap en alles was stil. Goed, toegegee, dit is Vrydag en ek het ‘n paar swart etikette (lees Black Labels) as voorbereiding vir die naweek geniet, maar toe ek by die huis instap en heel onskuldig ‘n ontspannings drankie geniet, het een van my kollegas wat betrokke was by die voormiddag se Black Label voorbereiding vir die naweek, ter sprake gekom (ek belowe julle sy is onskuldig!) en ek sit met dieselfde lawaai probleem. Selfs oorfone demp dit net maar dit bly hoorbaar.

muis ·

hoekom kan die reël nie toegepas word by die “nagwaak” voor n meerderheids begrafnis nie? dan sê sie sapd net dis tradisie. as hulle tadisies buite die grense van hulle huisa hoorbaar is (blokke ver) is dit mos n oortreding. hoekom wil die sapd nie optree nie?

MAESTRO ·

Ons het presies dieselfde probleem as Kenneth Sithebe gehad, maar op ‘n plaas waar ons en plaaswerkers ‘n goeie 150m, met sitrusboord tussen ons, bly. Die doef-doef musiek was oorverdowend aanhoudend tot 5vm, soms heel naweek aanmekaar, want dis ook ‘n sjebien. Die SB kon slaag om dit ook stop t sit n die ou het tronkstraf uitgedien na vele klagtes wat geïgnoreer was. Nou 3jr stil! Die VRAAG is… WAT DOEN ONS IN DIE GEVAL VAN VOERTUIE?? TAXI’s en ELKE ander voertuig met d DOEF-DOEF DAT JOU ORE AMPER BARS BINNE-IN JOU HUIS, wanneer dit nog in aantog is? Vensters raas n jou oordromme wil bars…SAL MOET PLAN GEMAAK WORD!

Kettie ·

My nuwe buurman in ons rustige kompleks het ook gedink sy warmgemaakte VW Golf se klankstelsel is gaan goed klink by sy dronkpartytjie. ‘n Kettieklippie tussen die braaiers het hom gou stilgemaak. Nadat hy gaan slaap het het ek nog ‘n paar goeies teen die motorhuis se deure gegee. Sy gedrag het drasties verbeter. Hy wonder seker nou nog waar dit vandaan kom.

Elsa ·

Ek bly in ‘n landelike gebied en so 800 meter vanaf ‘n woonbuurt vir plaaswerkers en meeste inwoners is werkloses. Ek dink geraas is maar deel van hul kultuur. Ek kry eintlik die oumense en kinders jammer, maar wonder tog of hulle nie maar gewoond is daaraan nie. Oor naweke, veral maandeindes, is die geraas die meeste. Dan kompeteer private partytjies, motorradios, die plaaslike tavern en lykwake met mekaar. Hier word dit ‘n lykwaak genoem en nie ‘n nagwaak nie en dit duur ‘n volle week. As iemand te sterwe kom, word daar Sondagaande met die lykwake begin en dit duur ‘n volle week tot die begrafnis die volgende Saterdag gehou word. Ek self het al een so ‘n lykwaak bygewoon en ook die meisie se begrafnis, omdat ek haar goed geken het. Vir my was dit ‘n openbaring en ‘n wonderlike ondervinding omdat ek opreg belang stel in ander kulture en hul leefwyses. Ek is net bly ek woon nie in hierdie woonbuurt nie, want al die geraas sou my mal gemaak het. Gelukkig hoor ek net die musiek en die preke so op ‘n afstand as ek buite is, maar niks binne my huis nie. Daarom het ek simpatie met almal wat moet ly onder sulke lawaai.

Annelise ·

Ons het 4 jaar in Kathu gebly. Die myners wat skofte werk het ons klaar gemaak. Terug in Centurion in ń ‘ rustige’ buurt ń huis gekoop. Tot ons ons bure en hul bure se geraas leer ken het. Ons het só ń lekker huis maar die buurman wat party tot vroegoggend spoil als.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.