Eienaar tydens sakeroof doodgeskiet

Jury, sy vrou Amanda en hul dogtertjies Dedre en Dezre. Foto: Verskaf

Jury, sy vrou Amanda en hul dogtertjies Dedre en Dezre. Foto: Verskaf

Jury Hayes (40), eienaar van ʼn onderdelewinkel in Pretoria-Wes en pa van twee jong dogtertjies, is Maandag tydens ʼn sakerooftog doodgeskiet.

Kapt. Bonginkosi Msimango, woordvoerder van die polisie, het gesê drie gewapende mans het Toyco Motor Spares in Soutterstraat binnegestap en geld van een van die kassiere geëis.

Hayes was glo buite en het onraad vermoed. Hy het vermoedelik ingegaan en gesien wat gebeur voordat hy glo omgedraai en voorgegee het dat hy niks gesien het nie. Die rowers het hom in die rug geskiet en hy is op die toneel dood. Die rowers het met ʼn onbekende bedrag geld in ʼn wit Toyota Corolla gevlug.

Amanda Hayes, Jury se vrou, het aan Maroela Media gesê haar man sou in April sy 41ste verjaardag gevier het. Die egpaar se dogtertjies, Dedre en Dezre, is onderskeidelik agt en 11 jaar oud en in Laerskool Magalieskruin. “Ons is verpletterd,” het Amanda gesê.

“Ons gesin is gebroke, maar sal maar môre wanneer die son opkom, probeer voortgaan,” het Hayes se ma, Elsabe, op Facebook geskryf.

Die rooftog by Toyco Motor Spares het plaasgevind kort nadat Louis du Toit koelbloedig voor ʼn slaghuis, ook in Pretoria-Wes, doodgeskiet is. Du Toit is van R130 000 beroof. Lees meer hier.

Msimango het gesê dieselfde modus operandi is in albei gevalle gevolg en dat die polisie die moontlikheid ondersoek of die voorvalle met mekaar verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

boer ·

Vuilgoed!!! Ek is moeg vir hierdie regering wat terroriste vrylik op on strate toelaat om te moor.

JZ en sy regering is besig om ons land in die grond in te smeer

hartseer ·

Age nee nog n lewe. Hkm hkm hkm. Nog 3 pragtige kinders en vrou wat in hartseer moet verder gaan. Wat word van ons land. Dis tyd dat Zuma en die hele regering hulle flipen oe oop maak en sien wat hier buite aan gaan.Maar nee hkm moet hulle. Wonder wat gaan hulle doen as dit met een van hulle familie lede gebeur of even mt Zuma ???? Dan gaan daar seker vinnig plan gemaak word. Die regering en almal daarin wat se oe toe is wat hier buite aan gaan is pateties verby.

Drieks ·

Die land kan net regkom as dit van bo af skoon gemaak word, die Anc is net aanbewind omdat ongeskoolde mense hul daar hou. Ek glo die radio is ‘n goeie medium om elke burger te bereik en in te lig wat regtig deur die Anc aan ons gedoen word. Die Gogo wat in die tuisland verkrag word, weet nie dis die slegte regering se skuld nie. Wens mense wil mense inlig. Dat ons net kan verbeter op gister..

scalla ·

Skuim van die aarde, wat word bedoel met sakeroof, roof bly roof, sterkte aan die familie.

karin tolken ·

Ai dis verskriklik, mag dai sleggoed gevang word! Maar natuurlik sal niks gebeur met hul nie! Onse land is in sy kanon. Ek bid vir sy pragtige vrou en kinders , die Here hou sy hand oor hulle

Leonie ·

Breek my spoed vir die toekoms elke keer as so iets gebeur, en dit word net erger by die dag ! My hart gaan uit na die gesinne, sterkte mense !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.