Eienaar van bekende Stellenbosch-plaas aangeval

Raymond O’Grady (Foto: www.hillcrestberries.co.za)

Die eienaar van die welbekende Hillcrest Berry Farm buite Stellenbosch is Vrydagoggend ernstig beseer toe hy en sy vrou deur drie verdagtes in hul huis oorval en aangerand is. Sy vrou is boonop deur die verdagtes ontvoer, maar kon daarin slaag om weg te kom.

Volgens Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, is die eienaar, Raymond O’ Grady, vyf keer tydens die aanval met ʼn mes gesteek. Hy is na die aanval in ’n kritieke toestand na ’n hospitaal in Stellenbosch gehaas waar hy tans in die intensiewe sorgeenheid behandeling ontvang.

Müller sê Raymond se vrou, Betty, is erg getraumatiseerd na die aanval.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, sê die O’Grady-egpaar, wat in hul 70’s is, het geslaap toe die drie aanvallers omstreeks 07:20 hul plaas op Banghoekweg, digby Stellenbosch, betree het.

Volgens Rwexana was die aanvallers gewapen met messe en stokke. Hulle het Raymond glo vyf keer met ʼn mes gesteek.

“Hulle het daarna vir Betty agter die stuurwiel van die egpaar se dubbelkajuit Toyota-bakkie ingedwing en gesê sy moet ry,” sê Müller. “Op die pad het die aanvallers klaarblyklik gedink hulle word agtervolg en toe gee hulle vir Betty opdrag om stil te hou. Hulle het uitgeklim en gevlug. Betty het dadelik teruggejaag plaas toe.”

Rwexana het bevestig dat hulle tot in Kayamandi, Stellenbosch, gery het waar hulle toe uitgeklim het.

Betty het ongedeerd van die voorval afgekom.

Müller sê in dié stadium lyk dit asof slegs ’n selfoon gesteel is.

“Betty is so getraumatiseerd dat sy nie eens haar gesteelde selfoon se nommer kan onthou nie,” sê Müller.

Rwexana sê die polisie in Groot-Drakenstein ondersoek tans ’n saak van huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Mariana ·

Nog een vir die statistieke. Al hoe meer aanvalle al hoe minder belangstelling vanuit oorde wat ons mense in hierdie moet beskerm.

Cherokee ·

Huisroof (een woord), het jy moeite gedoen om uit te vind wàt presies ‘huisroof’ behels of beteken?????

Werner ·

Ons mense moet besef ons is nou op ons eie en ons bure aangewese.Daarom moet jy instaat wees om hom te help en jouself te kan help dus Sal ons maar van die rusbanke moet opstaan en opleiding begin kry

Blikkies ·

Stem saam, niemand gaan ons help nie, ons moet na onsself kyk. Verby is die dae wat jy met rustigheid in jou hart in jou bed kan klim. Ons moet gereed maak om onself te verdedig, al beteken dit gaan vir opleiding. Wees Waaksaam.

Jaco ·

As ons onsself help, dalk deur uit selfverdediging te skiet, word ons weer van rassisme aangekla.

katerinadiekat ·

Better to be judged by 12 than to be carried by 6..

Juls ·

HUISROOF???????????? POGING TOT MOORD EN ONTVOERING!!!!!!!!!!!!!!!
USELESS VERBY

Cherokee ·

Het jy moeite gedoen?????????? om uit te vind wat die klag ‘huisroof behels??????????? Iemand wat weet het eendag hier verduidelik dat die klag ‘huisroof’ veel meer insluit as waarna dit klink. En moet nie dinge uitskreeu in hoofletters nie!!!!!

isabelle ·

DIT HET NIE EINDE NIE en klim net want niks word gedoen nie ai

Kanjynoumeer ·

ONTKENNING – Plaasaanvalle en moorde is aan die toeneem. Die vraag bly wie is volgende.
Onsekerheid, onrustigheid, moedeloosheid en depressie neem toe. Dit is tog my plaas/e en diere waarvoor ek hard gewerk het en lief is. Nou moet ek begin dink aan my aardse besittings teenoor my en my gesin se lewens op die platteland.
Ek is by n kruispad.
Die keuse is nie maklik nie.
Moontlik sal dit tog nie tot uiterstes gaan nie?
Of sal dit? Is ek as Afrikaner in ontkenning?

Pieter ·

Klomp swart rasiste van eff en anc hier. Stuff blm en minister van sport. All lives matter.

My siening ·

Dis waarvoor die sport knie buig, “beskerm asb die wat dade pleeg” sê Anc en hulle president!

saggiespraat ·

Ons sal moet werk in die nag ne slap in die dag ek haal my hoed af vir die mense
op die plaasse ons kan maar net bid vir julle elke aand om almal veillig te hou

Cornelius ·

“Raymond glo vyf keer met ʼn mes gesteek”….. en dis slegs huisroof??? Genade Zim hier kom ons.

Chris ·

Hierdie regerende anc is pateties. Hulle druk hierdie land in sy glorie in. Skrik wakker hoofman en jou pelle as die BOERE nie dringend hulp kry nie is julle deel van die vergane ekonomie van suid afrika

Stella ·

HUISROOF‼‼Wat van poging tot moord, ontvoering, betreding‼‼ Ek kan dit ni glo ni. Jy word 5 keer met n mes gesteek jou vrou word ontvoer en jou eiendom word ongenooid binnegedring maar dis HUISROOF. God help ons mense????????????????????????

Blomme ·

Wat gebeur in ons geliefde land.. Wanneer gaan hierdie sinnelose aanvalle eindig?

akkedismis ·

Dis nie HUISROOF nie , maar ‘n poging tot moord. Is polisie so SWAK OPGELEI dat hulle nie die saak KORREK kan RAPPORTEER nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.