Eienaar van dagsorgsentrum amptelik aangekla

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die eienaar van die Petite Bumper-dagsorgsentrum in Rosettenville, suid van Johannesburg, waar ʼn kleuter glo vasgebind, se mond toegeplak, en sonder toesig in ʼn badkamer gelaat is, is amptelik aangekla.

Kapt. Tshekiso Mofokeng, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die eienaar is van aanranding en kindermishandeling aangekla. Die eienaar gaan na verwagting Donderdag in die Johannesburgse streekshof verskyn. Mofokeng het gesê die ondersoek na die voorval duur steeds voort. Die dagsorgsentrum is intussen gesluit.

Die sentrum het Dinsdag in die kollig beland toe die Daily Sun die opspraakwekkende video van die beweerde mishandeling beskikbaar gestel het. Klik hier om die video te sien.

Die eienaar is in hegtenis geneem nadat die video aan die lig gekom het.

Die koerant het berig die kleuter is glo deur die eienaar in ʼn badkamer toegemaak. Die kleuter se arms en bene is vasgebind en haar mond toegeplak, omdat die eienaar na bewering wou televisie kyk. Die kleuter was in ʼn stadium tussen ʼn muur en die toilet vasgekeer.  – SAPA

 Lees ook:
Dagsorgsentrum waar kleuter glo mishandel is, is toegemaak
Polisie soek hulp ná video oor kindermishandeling
Video: Baba vasgebind sodat versorger kan TV kyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Veronica Deacon ·

Is die persoon verantwoordelik vir die video-opname al opgespoor?

Theresa ·

En dan het sulke mense altyd ‘n dagsorg, kleuterskool of naskool. Blows my mind………
Hoop sy rot.

mercia ogilvie ·

Die persoon wat die video geneem het. Is net so skuldig aan kindermishandeling. En het self toe gekyk hoe die arme baba huil tot die einde. En toe die video gestuur. Ek het nie woorde nie.

mercia ogilvie ·

Die persoon wat die video geneem het. Is net so skuldig aan kindermishandeling. En het self toe gekyk hoe die arme baba huil tot die einde. En toe die video gestuur. Ek het nie woorde nie.
Hoop die persoon word gou op gespoor. En dat die persoon verandwoorgelik aanvaar vir hom haar deelname in die video.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.