Eienaar van kuierplek in hof oor man se moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die eienaar van ʼn kuierplek in Melville, Johannesburg, is in hegtenis geneem op aanklag dat hy glo ʼn voormalige rugbyspeler vermoor het en sal na verwagting Dinsdag in die Newlands-landdroshof verskyn.

“Die verdagte is Sondag in hegtenis geneem,” het kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, gesê. Thulani Popoyi (28) se liggaam is Sondagoggend buite die Dollar Table aangetref. Die polisie vermoed dat hy in ʼn bakleiery betrokke was of aangerand is.

“Hy het talle beserings gehad en daar is moontlik ʼn skerp voorwerp gebruik.” Dlamini het gesê die polisie verwag om binnekort nog mense in hegtenis te neem in verband met die moord.

Volgens The Star was Popoyi saam met vriende by die Dollar Table toe hy omstreeks 01:30 verdwyn het. Hy het glo badkamer toe gegaan maar nooit teruggekeer nie.

Volgens die berig het Popoyi vir die Pirates-rugbyklub gespeel en ook voorheen vir die Lions.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.